Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Ons het al die ou stories al gehoor. Daar moet sekerlik paar nuwes wees.
Ek en die uile kom nie reg met mekaar nie. Nou die aand weer klim ek op die fluitjie en toe ek "sweep" met die lig vlie 'n uil so meter verby my kop. Ek het net oge en vlerke gesien. Was amper van die stoel af. Dis nou die tweede keer wat dit gebeur.
Een van my pelle het ook saam my gegaan so twee weke terug en groot geskrik. Dit was sy eerste keer wat hy op 'n jakkals jag was.
Na ons jag toe ons op pak stuur ek hom om die roeper te gaan haal op 80m met so klein kop liggie. Toe hy oppad terug is met die roeper in sy hand op so 60m dog ek dis nou my kans en ek sit die roeper op vol volume en speel locator. Ek het lanklaas so gelag. Jy sien die dowwe kop liggie nog reguit aan kom en toe daai jakkals skree hier in sy hand sien jy net die liggie trek daar weg en hardloop in ander rigting. Was seker bietjie 'n vuil trick maar ek het myself dood gelag en wens ek kon dit op video gehad het. Ek was eintlik dom want my video kamera was gemonteer op my stoel.

.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
Hehehehehehehehe goeies Marnomarno wrote: Na ons jag toe ons op pak stuur ek hom om die roeper te gaan haal op 80m met so klein kop liggie. Toe hy oppad terug is met die roeper in sy hand op so 60m dog ek dis nou my kans en ek sit die roeper op vol volume en speel locator. Ek het lanklaas so gelag. Jy sien die dowwe kop liggie nog reguit aan kom en toe daai jakkals skree hier in sy hand sien jy net die liggie trek daar weg en hardloop in ander rigting. Was seker bietjie 'n vuil trick maar ek het myself dood gelag en wens ek kon dit op video gehad het. Ek was eintlik dom want my video kamera was gemonteer op my stoel.
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
-
Skaaphaas
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Mon Feb 20, 2012 1:20 pm
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
Ek het lanklaas so lekker gelag! Mense in die kantoor dink ek is mal!
Artikel 13 en 15 lisensies vol, spaar nog om 16 ook vol te maak!
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
Was flippen snaaks maar nou moet ek op my hoede wees.
Hy gaan my so seker as wat ek hier tik my terug kry op een of ander manier. LOL

Last edited by marno on Tue Oct 23, 2012 12:01 pm, edited 1 time in total.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
Is jou foxpro nog heel? Jy kan bly wees hy het daardie jakkals nie gegooi nie.
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
Ja nee hy is darem nog heel. Hahahaha.spekieries wrote: Is jou foxpro nog heel? Jy kan bly wees hy het daardie jakkals nie gegooi nie.
Ek het eers na die tyd daaraan gedink dat dit lelik kon uit draai as hy die foxpro gegooi het.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
-
Suidwes
- Full Member

- Posts: 104
- Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
Een aand uit gewees vir n roep sessie, maar was bietjie moeg, in die vroeg oggend ure, vang ek toe n slapie sommer so in die stoel net om te recharge.
Word wakker toe n driedoring bos langs die bakkie kraak, sit die lig aan en swaai om te sien wat my bekruip, toe kyk ek en die koedoe bul mekaar direk in die oe nie verder as 2 meter uit mekaar uit nie. Weet nie wie het die grootste geskrik nie, ek of die koedoe, maar daai bul het nie uitgeswaai vir die lemoendorings nie, hy is sommer deur hulle.

- cg rossouw
- Full Member

- Posts: 227
- Joined: Sat Apr 07, 2012 8:31 pm
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
Een aand gaan ek en my pa uit, so sit ek agter op en lig en gaan tekere en die ou man kry so l? houding voor op die sitplek. Na n geruime tydjie gil die man en ek amper bo van die stoel af. Toe het n vlermuis by die een ruit in gevlieg en hy en die ou man het so n gestoei voorin die bakkie aan gesit. My pa s? toe hy het so ingesluimer en hy droom hoe ek n kat inroep en hy in die bakkie spring.
n Pel van my vertel hy het een aand gaan jag en hy ook lekker gesit en sy goed reg kry toe gaan sy bakkie aan die loop seker so 30m tot binne in n sloot, vergeet om handbriek op te trek en in rat te sit, Hy s? hy wou spring maar daar was nie tyd, hy het maar net sy geweer vasgehou en geklou. Dink dit kan ook n lelike besigheid raak.
Groete

Last edited by cg rossouw on Wed Oct 24, 2012 7:32 am, edited 1 time in total.
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
Van die grootste skrik met jakkals jag oppi hoeveld en dit gebeur nogal gereeld...
Stop op die roep plek.
Kry die cover oor die bakkie.
Maak seker van die wind rigting.
Stap dan uit met die caller inni hand en so 30 tree verder laat waai n bosveld fisant onder jou voete uit soos net n fisant kan...
Nou as die maan bietjie gesig wys en die veld laat dit toe sit ek nie my koplig aan nie.
So as di fisant hier inni donker onder jou voete laat waai wanneer jy hom nie verwag nie dan kan dit nogal n storie of twee afgee...
Die fisant kry normaal weg n klompie swets woorde agterna soos n skoot no 6 hael uit die haelgeweer en daar word gesweer om die volgende dag fisant moord te pleeg...
Terug oppi stoel sit jy maar net en lag vir jou self...
Marno,
Oppas die wiel draai pella...
Jou pel het sy skrik weg joune beplan hy nou... Hehehe

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
'n mens kry skelm steenkamp's, en bang steenkamp's. ek is nie skelm nie. darm ook nie te bang nie maar blerrie versigtig. dis hoekom ek maar die veld in ry met landy as ek roeper gaan optel...netnou van 'n tier my
HOU HOM DAAI DIKTE
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
HAHAHAA!
Lag ek nou te lekker vir die stories. Ek hoop die ander manne kom deel hulle nuutste stories ook.
Lag ek nou te lekker vir die stories. Ek hoop die ander manne kom deel hulle nuutste stories ook.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
-
Rasmus
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
Marno
Mou vrou dink ek is mal. Sy het al geslaap toe k jou storie lees ek skielik kliphard begin lag...
Self nou die aand n lekker skrik gehad. Ek en 45-70 het by die voerplek gesit en kyk of die varke nie wou inkom nie. Seker so raps oor n uur gesit toe iets skielik hier agter ons begin balke saag.

Nou kyk dit is die eerste keer wat ek luiper se kj?nd hoor saag het. Jy skrik jouself half styf! Jy hoor hom maar weet nie waar is ou kolle nie!

.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner, 12 Br Beretta Semi auto A 301.
THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner, 12 Br Beretta Semi auto A 301.
THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
Jis ou maat. Daai hoef jy nie eers te verduidelik nie. Met my gebeur by Vaalwater. Gesit en wag vir varke en toe begin die luiperd hier agter die blind balke saag.Rasmus wrote: Marno
Mou vrou dink ek is mal. Sy het al geslaap toe k jou storie lees ek skielik kliphard begin lag...
Self nou die aand n lekker skrik gehad. Ek en 45-70 het by die voerplek gesit en kyk of die varke nie wou inkom nie. Seker so raps oor n uur gesit toe iets skielik hier agter ons begin balke saag.![]()
Nou kyk dit is die eerste keer wat ek luiper se kj?nd hoor saag het. Jy skrik jouself half styf! Jy hoor hom maar weet nie waar is ou kolle nie!
Ek dink as ek 'n vol blaas gehad het sou ek in 'n nat hide gesit het.
Frikken aardige gevoel daai en jy weet nie presies waar daai kat is nie.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
-
stan man
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
ek en allie het so n rukkie terug gesit en roep buite hennenman.dit was geniepsig koud en na so 2 ure op die staanplek besluit ek om maar op te pak.ek stuur toe vir allie om die roeper te gaan haal .alles het goed gegaan,hy het die roeper opgetel en onskadelik gemaak,want ek het hom ook al met n kreet in sy hand en dan met n kreet uit sy mond op hol gehad.
ewe windmakerig het hy die roeper omhoog gehou en kliphard vir my gegiggel. die volgende oombik het hy met spoed en baie kru taal,sy pokkel lyfie in beweging gebring. ek weet nie of hy die korhaan bemors het nie maar soos hy vertel was die voel omtrent binne in sy broekspyp op gekruip,het dit vir hom gevoel. deesdae moet ek net keer want hy sal die korhane in suid afrika laat uitsterf as hy sy sin kry.
nou die aand het ek my pit los geskrik toe n bakoor my roeper probeer steel het.sit nog en beloer n kietsie toe die roeper ewe skielik beweeg. kietsie een. jakkie 1 en frans nul.
ewe windmakerig het hy die roeper omhoog gehou en kliphard vir my gegiggel. die volgende oombik het hy met spoed en baie kru taal,sy pokkel lyfie in beweging gebring. ek weet nie of hy die korhaan bemors het nie maar soos hy vertel was die voel omtrent binne in sy broekspyp op gekruip,het dit vir hom gevoel. deesdae moet ek net keer want hy sal die korhane in suid afrika laat uitsterf as hy sy sin kry.
nou die aand het ek my pit los geskrik toe n bakoor my roeper probeer steel het.sit nog en beloer n kietsie toe die roeper ewe skielik beweeg. kietsie een. jakkie 1 en frans nul.
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
Bwooohahaha!!! Lag ek nou lekker!stan man wrote:
nou die aand het ek my pit los geskrik toe n bakoor my roeper probeer steel het.sit nog en beloer n kietsie toe die roeper ewe skielik beweeg. kietsie een. jakkie 1 en frans nul.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
-
Smirre
- Hero Member

- Posts: 985
- Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
skiet een aand by my neef
Hy kry koud en gaan sit voor in die bakkie.....nie lank nie en hy slaap
Hy snork naderhand...
ek skop teen die ruit dan gaan dit goed vir 'n ruk maar die man is moeg
Daar kom jakkie to nader en die roeper roep my neef snork en ek sien hier kom nou moeilikheid want die ruit is oop en ek gaan nou die jak skiet
Die skoot klap ! my neef skreeu en start die bakkie en daar gaan ons
20m later stop die man en praat suiwer Frans nonstop
Hy wil nie meer saam met my jakke jag in die aand nie
SMirre
Hy kry koud en gaan sit voor in die bakkie.....nie lank nie en hy slaap
Hy snork naderhand...
ek skop teen die ruit dan gaan dit goed vir 'n ruk maar die man is moeg
Daar kom jakkie to nader en die roeper roep my neef snork en ek sien hier kom nou moeilikheid want die ruit is oop en ek gaan nou die jak skiet
Die skoot klap ! my neef skreeu en start die bakkie en daar gaan ons
20m later stop die man en praat suiwer Frans nonstop
Hy wil nie meer saam met my jakke jag in die aand nie
SMirre
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
Smirre,
Jy het sopas gemaak dat ek die kantoor se aandag op my gevestig het. Ek kon myself nou nie keer om klip hard te lag nie. Mense dink seker nou ek is simpel.
LOL!!!!

Last edited by marno on Wed Oct 24, 2012 12:32 pm, edited 1 time in total.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
+1!!!marno wrote: Smirre,
Jy het sopas gemaak dat ek die knatoor se aandag op my gevestig het. Ek kon myself nou nie keer om klip hard te lag nie. Mense dink seker nou ek is simpel.
LOL!!!!
Almal wil nou hier op my rekenaar kom kyk vir wat ek so lag!!!!
Last edited by Eugene on Wed Oct 24, 2012 12:50 pm, edited 1 time in total.
Aim small, miss small
-
stan man
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
nou was dit my beurt om my nersderm te skeur. wie het die grootste geskrik ? die drywer of die skieter??
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
Heel eerste aand wat ek en my pa saam gaan roep. Op staanplek, roeper uit. Ek gee so 8min stilte en begin met kliphasie. Ek sien my pa se deur is nog oop en sy bene nog buite. Was nie 30sec na ek begin roep en ek gewaar die oogies uit die langgras so 250m weg kom. Sien dis n rooikat en sys op spoed. N min later skiet ek die kat op 80m. Met die lig gedim het my pa nie eers geweet ek lig nie. Hyt so gewip van die skoot dat hy sy kop teen die dak gestamp het, dadelik praat my pa tale wat ek nie geweet het hy ken nie, begin sommer my ook uittrap, hy het gedink ekt perongeluk die skoot afgetrek. Die feit dat ek nog vir hom gelag het, het dinge net erger gemaak. Hy het nie geglo in die roepery nie en gedink ons gaan niks kry nie. Toe my lag bedaar se ek hy moet saam stap. Na hy die kat gesien het, het hy darem saam gelag. Nou roep ons altyd saam!
N ander rooikat storie. Ek en n vriend gaan een aand daar in Dordrecht se wereld uit om te roep. Ons moes die aand ook 2 takbokke vir my neef skiet. Oppad na ons roepplek kry ons toe die takbokke en my vriend skiet 2. By die ou plaas opstal se kraal is daar plek wat ons die bokke kan hang en makliker afslag. Toe ons om die kraal kom, gewaar my vriend oogies in die kraal, ek se dis seker maar n haas of wildekat. My woorde was skaars koud toe spring n mnr rooikat oor die muur. Stop, agter op en reg om te skiet is kat weg, tussen die besembosse verdwyn. Ons hang toe maar die bokke om gou te slag want ons is lus vir roep. My vriend was besig met die laaste een sommer so in die bakkie se ligte. Ekt omgedraai om n twak uit die bakkie te gaan haal toe ek n blaas geluid hoor en my vriend amper op my rug spring. Toe hy die binnegoed uithaal het daar lug ontsnap. Hy staan en kyk my met sulke groot oe aan en se, ek dog daai rooikat maak my verjaar!
Askies ek praat nou so baie, n laaste rooikat storie.
N hele paar jaar terug, toe my een oom nog op Aliwal geboer het, kom hy een aand net buite Aliwal om n draai en daar staan rooikat in die pad. Trap hom met bakkie, klim toe met kierie uit om kat te gaan optel. Halfpad oppad terug bakkie toe word rooikat wakker en kry my oom aan die broekspyp beet. Met die wat hy toe staan en stoei en looi met die kierie, stop daar n jong engelsman en sy meisie by hom. Die engelsman vra toe ewe "whatsup uncle". Al wat my oom kon uitkry was "its a redcat! its a redcat"!
Groete Alex

Sak Sarel, pa wil n bok skiet
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
visstok wrote: Die engelsman vra toe ewe "whatsup uncle". Al wat my oom kon uitkry was "its a redcat! its a redcat"!
Groete Alex
'n Boer, senuwees en die rooitaal loop nie saam nie!!
So is ons ook op 'n jag naweek en my vrou ('n kanaalaap uit Upington) probeer 'n engelsman verduidelik waar ons is. "They are on a yachting trip" s? sy toe. Baie skaam gewees en dit darem die 2de keer reggekry.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
Ja nee, jou 11-1-11 is geboekmarno wrote: Was flippen snaaks maar nou moet ek op my hoede wees.
Hy gaan my so seker as wat ek hier tik my terug kry op een of ander manier. LOL
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Martin Marais
- Hero Member

- Posts: 573
- Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
Ek gaan jag een aand jakkalse by 'n boer. Hy en sy seun vra hulle wil saamgaan. Die seun was destyds nog op skool. Ons besluit toe dat die seun saam met my gaan ry. Met ons vertrek vra die jongman of my geweer gelaai is. Het toe nog met die 30-06 sonder knaldemper geskiet. Toe ek noem dat die geweer leeg en veilig is,kom die vraag"mag ek hom maar vir jou laai?". Ek knik net en steur my nie verder aan die gebeure nie. Die volgende is daar hierdie moerse slag,en stukkies(weet nie of grond of stukkies koeel of stukkies voertuig nie) en stof en rook. Die jongman het 'n rondte in die kamer geplaas en die skoot afgetrek.
Het nog met 'n series Land Rover gery. Groot gat in die vloer, 'n hele hap uit die voorste bladveer en 'n gat in die verkoeler.
Dit was die bleekste plaasseun wat ek nog ooit in my lewe gesien het. My ore het vir 'n paar dae daarna gesuis.
Groete
Martin Marais.