Eugene,
Ek skiet nou nog nie lank F/TR nie, maar ek het n paar keer gaan kyk wat die manne maak en toe besluit ek om my toerusting te kry.
Ek het nog altyd gehou van n v?r skiet uitdaging.
Ek het hier n by ons n paar ou plank gewere gaan kyk en skiet wat in die mark was, maar ek was nie baie gelukkig om n goeie een te kry.
En net daar het ek besluit, as ek dit my sport gaan maak gaan ek voluit vir dit.
Ek het bietjie op die internet gekrap en op n Savage F/TR 308 geweer af gekom, n kwotasie hier in Windhoek gekry by Ahrens Guns en na n week my geweer bestel en is vandag nog nie spyt oor my besluit nie.
Ek het vir my Leupold VX3 8.5-25x56 op gesit en hom vervang met n NF 8-32x56 BR, maar ook net oor ek n ander scope gesoek het vir my 243.
Van daar af is dit net laai en skiet, ek dink ek het in die jaar en half wat ek nou al skiet so by die 2000 skote geskiet met my Savage. Ons oefen elke 2de naweek hier in Windhoek en dis maar baie min wat ons nie eindig met die 900 meter nie. Weet jy hoe lekker is dit om op 900 meter te l? en V-kol (128mm) raak te skiet op daai afstand en dit nog hier op die middag.
My vrou kom nou al in die middag daar aan net om op 800 en 900 meter n skoot of 2 te kom skiet.
En die beste van dit is, daar is ooms wat in hulle 70 en 80 is wat nog steeds op daai ouderdom die sport beoefen.
Mooi loop
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek