Minimum toerusting benodig vir langafstand SKIET (nie jag nie)

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Minimum toerusting benodig vir langafstand SKIET (nie jag nie)

Post by Eugene »

Waar kan 'n mens begin, as in ag geneem word dat 'n ou verder as 600m en tot 1000m wil skiet?

Watter kalibers en watter make of geweersmede om te bou?

Is een kaliber genoeg vir 600 tot 1000 m of het mens meer as een nodig (seker 'n 11.1.11 vraag, jy het altyd meer nodig! :angel:)?

En wat van die res van die goed soos teleskope, sal 'n NF 12-42x56 genoeg wees of het jy meer nodig?

Ek praat maar grotendeels namens my self (en ek weet eks is lui en kan alles op Google gaan kry, maar ek leer eerder uit julle foute uit), maar ek sal graag bietjie meer spesifics wil h?!

Ek luister graag en dankie vir julle moeite!
Aim small, miss small
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Minimum toerusting benodig vir langafstand SKIET (nie jag nie)

Post by Witpietskiet »

Eugene,

Ek skiet nou nog nie lank F/TR nie, maar ek het n paar keer gaan kyk wat die manne maak en toe besluit ek om my toerusting te kry.
Ek het nog altyd gehou van n v?r skiet uitdaging.
Ek het hier n by ons n paar ou plank gewere gaan kyk en skiet wat in die mark was, maar ek was nie baie gelukkig om n goeie een te kry.
En net daar het ek besluit, as ek dit my sport gaan maak gaan ek voluit vir dit. ;D

Ek het bietjie op die internet gekrap en op n Savage F/TR 308 geweer af gekom, n kwotasie hier in Windhoek gekry by Ahrens Guns en na n week my geweer bestel en is vandag nog nie spyt oor my besluit nie.

Ek het vir my Leupold VX3 8.5-25x56 op gesit en hom vervang met n NF 8-32x56 BR, maar ook net oor ek n ander scope gesoek het vir my 243.

Van daar af is dit net laai en skiet, ek dink ek het in die jaar en half wat ek nou al skiet so by die 2000 skote geskiet met my Savage. Ons oefen elke 2de naweek hier in Windhoek en dis maar baie min wat ons nie eindig met die 900 meter nie. Weet jy hoe lekker is dit om op 900 meter te l? en V-kol (128mm) raak te skiet op daai afstand en dit nog hier op die middag.

My vrou kom nou al in die middag daar aan net om op 800 en 900 meter n skoot of 2 te kom skiet.

En die beste van dit is, daar is ooms wat in hulle 70 en 80 is wat nog steeds op daai ouderdom die sport beoefen.

Mooi loop
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1519
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Minimum toerusting benodig vir langafstand SKIET (nie jag nie)

Post by swc-tr »

Vir die manne wat belangstel om te kyk waaroor Bisley gaan, stuur vir my 'n PM dan bring ek jou in kontak met die regte mense in jou omgewing.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Minimum toerusting benodig vir langafstand SKIET (nie jag nie)

Post by Eugene »

swc-tr wrote: Vir die manne wat belangstel om te kyk waaroor Bisley gaan, stuur vir my 'n PM dan bring ek jou in kontak met die regte mense in jou omgewing.
Ek wil op niemand se tone trap nie, maar die indrukke wat ek gekry het van die Bisley ouens in my area (ek moet bys?, nie persoonlike indrukke nie, gehoor by betroubare bronne, wat my afgeskrik het om self te gaan navraag doen...) is dat die manne hier baie snobisties en onbehulpsaam is. Dit het geklink soos 'n geval van : "Gaan koop of bou eers 'n geweer van R50 000-00, vul jou aansoek in en ons sal jou laat weet of ons jou gaan kies om deel van ons klub te wees, dan sal ons jou help..."

Dis maar waarom ek hier op die forum begin raad vra het...
Aim small, miss small
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1519
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Minimum toerusting benodig vir langafstand SKIET (nie jag nie)

Post by swc-tr »

Eugene

Email gestuur.
Ja, dis ongelukkig waar, elke sport het maar sy prima donnas. Gelukkig is daar baie wat besef dat nuwe belangstellendes verwelkom moet word, veral om die voortbestaan van die sport te verseker. Moet jou nie te veel steur aan die ouens nie.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Minimum toerusting benodig vir langafstand SKIET (nie jag nie)

Post by Eugene »

swc-tr wrote: Eugene

Dankie vir die hulp! Ouens soos jy, Ludwig en Wouter het in 4 maande meer vir my geleer as plaaslike ouens in 4 jaar!

Groete
Aim small, miss small
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Minimum toerusting benodig vir langafstand SKIET (nie jag nie)

Post by BLOK »

Eugene wrote:

Miskien moet ek en jy dalk een naweek ry en by SW gaan aanklop vir raad en kyk hoe werk die bisley skiet.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Minimum toerusting benodig vir langafstand SKIET (nie jag nie)

Post by Eugene »

Blok, dankie, dit klink soos 'n bakgat plan!  :)

Ek moet vir jou s? dat ek nie naastenby reg is om enige iets verder as 300m te skiet nie, maar dit sal lekker wees om te sien hoe die ouens dit doen en wat jy nodig het, dat 'n man bietjie kan beplan en jou eende in 'n ry kry!

'n Mens staan darem nie net een oggend op en skaf 'n geweer aan wat kan 1000m skiet, en gaan klop die gongs op 900m nie!  :)
Aim small, miss small
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1519
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Minimum toerusting benodig vir langafstand SKIET (nie jag nie)

Post by swc-tr »

Eugene

Miskien moet ek en jy dalk een naweek ry en by SW gaan aanklop vir raad en kyk hoe werk die bisley skiet.
[/quote]

Blok, Eugene as julle belangstel, ons bied 'n jaggeweer skietdag aan op 10 November te Middelburg, MP. Daar word eers geskiet met jaggewere vanaf 200 en 300m op Bisleyskywe, vanuit die le posisie oor dooierus (sandsakkies, rests, ens.), waar die Bisleyskuts die manne help.

Daarna word 'n demonstrasie gelewer op 700m met al die tipe Bisley gewere deur Bisleyskuts. Dan is almal welkom om met die Bisleygewere 'n paar skote te skiet vanaf 700m, en ook met hul eie wapens indien hulle wil. NA DIE TYD BRAAI ONS BY DIE KLUBHUIS OP DIE BAAN, dis waar die manne dan lekker idees uitruil!.

Laat weet my, dan stuur ek die nodige inligting, daar is nog beperkte plek beskikbaar.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Minimum toerusting benodig vir langafstand SKIET (nie jag nie)

Post by BLOK »

Eugene wrote: Blok, dankie, dit klink soos 'n bakgat plan!  :)

Ek moet vir jou s? dat ek nie naastenby reg is om enige iets verder as 300m te skiet nie, maar dit sal lekker wees om te sien hoe die ouens dit doen en wat jy nodig het, dat 'n man bietjie kan beplan en jou eende in 'n ry kry!

'n Mens staan darem nie net een oggend op en skaf 'n geweer aan wat kan 1000m skiet, en gaan klop die gongs op 900m nie!  :)

Is maar wat ek ook ingedagte het, skiet nou al lank met die 204 tot op 500m, om verder te beginne skiet gaan nie help ek probeer met hom nie maar om net nou te staan en gaan koop gaan net n mors van geld wees. Ek glo dit is net hier waar al die oplees en aanklop vir raad gaan help. Persoonlik dink ek bisley is nie n sleg begin nie sal n goeie platvorm wees om op te oefen en die kennis aan te leer.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Minimum toerusting benodig vir langafstand SKIET (nie jag nie)

Post by Rasmus »

Eugene

As jy kan kom maak n draai by Middelburg se klub. Hier is die manne al te gretig om te help! En laat jou sommer toe om n paar skote met hulle duur gunne te skiet!!

Geen snaakse stories nie. Ongelukkig is ek uitstedig daai naweek van 10 Nov ander was ek reeds ingeskryf. Dit is bitter lekker!

Al nadeel is SWC-tr hou nie van teleskope op gewere nie........ ;) ;) Grap net.

Hy het my mooi gehelp toe ek die eerste keer saam hulle geskiet het!
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1519
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Minimum toerusting benodig vir langafstand SKIET (nie jag nie)

Post by swc-tr »

Rasmus wrote: Eugene

Al nadeel is SWC-tr hou nie van teleskope op gewere nie........ ;) ;) Grap net.
Rasmus
Vang jy my nou........ Ons ou Bisleymanne het maar grootgeword met gaatjievisiere, moet egter nie dat dit jou flous nie, ek verstaan darem so bietjie van 'n teleskoop, was een van die stigters van F-klas in Suid-Afrika, het 5 jaar lank F-klas geskiet totdat dit goed op dreef was, toe weer terug na die groot uitdaging van "blind" skiet met gaatjievisiere.
Last edited by swc-tr on Fri Oct 19, 2012 11:03 am, edited 1 time in total.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Minimum toerusting benodig vir langafstand SKIET (nie jag nie)

Post by BLOK »

swc-tr wrote:

Eugene

Miskien moet ek en jy dalk een naweek ry en by SW gaan aanklop vir raad en kyk hoe werk die bisley skiet.
Blok, Eugene as julle belangstel, ons bied 'n jaggeweer skietdag aan op 10 November te Middelburg, MP. Daar word eers geskiet met jaggewere vanaf 200 en 300m op Bisleyskywe, vanuit die le posisie oor dooierus (sandsakkies, rests, ens.), waar die Bisleyskuts die manne help.

Daarna word 'n demonstrasie gelewer op 700m met al die tipe Bisley gewere deur Bisleyskuts. Dan is almal welkom om met die Bisleygewere 'n paar skote te skiet vanaf 700m, en ook met hul eie wapens indien hulle wil. NA DIE TYD BRAAI ONS BY DIE KLUBHUIS OP DIE BAAN, dis waar die manne dan lekker idees uitruil!.

Laat weet my, dan stuur ek die nodige inligting, daar is nog beperkte plek beskikbaar.
[/quote]

Hierdie klink vir my baie lekker. Kom ek hoor wat se die huis meubels wil hulle nie dalk rondskuif daai naweek nie anders wat se jy sal jy kan maak Eugene.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Minimum toerusting benodig vir langafstand SKIET (nie jag nie)

Post by Rasmus »

Nee wat SWC soos ek ges? het jy het my mooi gehelp! Wens ek was daai naweek in Middelburg. Glo nie my vrou gaan bly wees as ons vroe?r van die see af terugkom nie! :o

Eugene maak plan dit is bitter lekker!
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Minimum toerusting benodig vir langafstand SKIET (nie jag nie)

Post by Marc »

Eugene wrote:
'n Mens staan darem nie net een oggend op en skaf 'n geweer aan wat kan 1000m skiet, en gaan klop die gongs op 900m nie!  :)
Nie heeltemal nie  ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Minimum toerusting benodig vir langafstand SKIET (nie jag nie)

Post by Eugene »

BLOK wrote:
Hierdie klink vir my baie lekker. Kom ek hoor wat se die huis meubels wil hulle nie dalk rondskuif daai naweek nie anders wat se jy sal jy kan maak Eugene.
Gaan kyk wat ek kan doen en sal jou Maandag kan s?! Self net bietjie oor die naweek hoor wat my selfaangestelde baas se planne is ;)

Groete
Aim small, miss small
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Minimum toerusting benodig vir langafstand SKIET (nie jag nie)

Post by BLOK »

Dis reg lat weet maar.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Minimum toerusting benodig vir langafstand SKIET (nie jag nie)

Post by Piet Breedt »

Ludwig, SWC-tr en die langafstand manne. Ek wil nie langafstand jag met my .260 Rem nie, maar ek wil teiken (gonge) skiet. Watter van die 6.5mm koe?ls sal die beste wees vir my aplikasie. Wat gaan vir my die beste allrounder wees, n baie ho? BC soos die 130gr Berger, of bietjie meer spoed soos die 120gr Nosler of 123gr Sierra.

Ek weet uit ondervinding dat die ho?r BC net die ding is vir wind, maar wat van die speod wat jy nogsteeds moet beriek op die lang afstande?

Die Savage .260 Rem skiet regtig alles mooi wat ek nog vir hom gevoer het, en sal graag die beste een wil gebruik op die lang afstande.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Minimum toerusting benodig vir langafstand SKIET (nie jag nie)

Post by Arnold »

Hallo Piet

'n 140gr met die Hoogste BC teen so 2785 fps gaan die beste werk. Ek beplan self om nou oor te slaan na die 140gr koeels spesifiek vir hierdie doel.
Weereens vaar die Hornady A-Max nie sleg as mens sy prys ook in ag neem nie.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Minimum toerusting benodig vir langafstand SKIET (nie jag nie)

Post by Piet Breedt »

Dankie Arnold, ek het nie eers geweet dat hulle ook n A-Max maak in 6.5mm nie. Ek sal bietjie speel met die syfers.

Ek sien die 130gr VLD Berger klop hom nog goed tot op 900m
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Minimum toerusting benodig vir langafstand SKIET (nie jag nie)

Post by Rasmus »

Piet

Ek weet nie veel van langafstand nie..... Maar weet die manne wat die 6.5-284's skiet gebruik die 140greiners asook sierra se 142gr Koe?l.
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Minimum toerusting benodig vir langafstand SKIET (nie jag nie)

Post by Arnold »

Piet dit hang maar af teen watse spoed jy hom skiet. Ek het sommer gou 'n node spoed gebruik vir 'n 26" loop wat volgens QL binne druk perke is.
Natuurlik is die realiteit nie altyd dieselfde nie :)
User avatar
Mars67
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm

Re: Minimum toerusting benodig vir langafstand SKIET (nie jag nie)

Post by Mars67 »

Eugene

Ek het al lankal geleer om nie te veel ag te slaan op ander mane se ervaring nie en eerder maar vir myself te gaan uitvind.

Onthou die volgende: Die manne wat daar is, is ernstig oor hulle sport. Dit verg baie toewyding, tyd en geld om behoorlik Bisley te skiet. Mense wat kom kyk besef dit dalk nie of neem dit nie altyd in ag nie en wil sommer met die deur in die huis val en begin praatjies aanknoop terwyl die mense besig is om "in die zone" in te kom ens. Dan gaan jy maar nors of v?raf voorkom. Dit is nog erger met ons swartkruit skuts want jy staan na elke skoot op en gaan laai jou geweer. In die proses van laai moet jy konsentreer dat jy nie 'n dubbel lading, dro? skoot of dalk twee koe?ls in die loop af stoot nie. Terselfdertyd kyk jy nog steeds na die vlae en ander kondisies sodat jy kan optel as daar dramatiese veranderinge is. Dit is wanneer jy besig is met hierdie proses dat manne met jou kom staan en gesels omdat jy nie dan op die skietpunt l? nie. 'n Ou probeer maar vriendelik wees maar dit is soms baie moeilik. Veral as jy probeer kwalifiseer vir 'n span of dit gaan die dag dalk nie so goed nie.

Toe ons begin saam skiet het met die Bisley manne was hulle maar lugtig. Hoofsaaklik omdat hulle bekommerd was dat ons hulle gaan vertraag of hulle skiet op een of ander manier nadelig beinvloed. Toe hulle sien dit gaan nie gebeur nie het hulle ons onvoorwaardelik aanvaar as deel van hulle gemeenskap. Hulle kommer was te verstane presies oor die redes hierbo gegee. Nou dink ek hulle mis ons as ons nie saam skiet nie want mens kan darem al te lekker sien wat die wind met die rook maak!  ;D

Die Bilsley manne se passie is skiet en hulle deel dit graag met enige iemand wat dieselfde passie het.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Minimum toerusting benodig vir langafstand SKIET (nie jag nie)

Post by Eugene »

Mars67 wrote: Eugene

Mars, hierdie verstaan ek alte goed, maar dis nie wat in my geval gebeur het nie. Ek het die dag voor die skietdag, 'n paar "Bisley skuts" by 'n funksie raakgeloop en net gevra of ek die volgende dag kan kom kyk na wat hulle doen. Hulle eerste vraag aan my was : "Watse maak geweer skiet jy?" Nou met respek, wat de #$%@ maak dit saak, ek wou nie kom skiet nie, ek wou kom kyk hoe hulle skiet!  ???  >:(

Ek s? nie almal wat Bisley skiet, is dieselfde nie, maar die ouens het duidelik 'n dunk van hulself wat skrik vir niks. Ek het nog nooit enige van hulle gevrete op 'n Protea foto gesien nie, so hulle is beslis nie so goed soos hulle dink nie. Nederigheid het nog nooit enige sportman se loopbaan verongeluk nie, inteendeel.... :P

Gelukkig is daar ouens wat wel bereid is om hulle kennis en passie te deel en ek s? baie dankie aan daardie ouens!!!  :) :) :)
Aim small, miss small
User avatar
Mars67
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm

Re: Minimum toerusting benodig vir langafstand SKIET (nie jag nie)

Post by Mars67 »

Ja-nee
Ongelukkig is daar maar altyd manne wat so optree ook. Hulle is in my ervaring in die minderheid.

Moenie dat die ervaring met een ou jou afsit nie.

Jy sal in elk geval vind dat die manne wie se gevrete jy wel op die protea foto's sien uiters behulpsaam en vriendelik is.

Gepraat van nederig. Ek het nog nie Bisley met 'n moderne geweer geskiet nie maar ek kan vir jou een ding vertel. Daardie verdomde voorlaaiers hou vir jou nederig. Nes jy begin dink jy is nou DIE man dan klap hy jou gou gou weer plat!
Post Reply