Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Marc »

Ludwig wrote: Bullseye, ek kan nie regtig verder veel s? oor die Kestrel met Horus program nie, wangt ek het die Kestrel 4000 wat sonder hierdie program is, maar wat ek wel kan s? is wat oom Piet Breedt hier op die forum al ges? het, en dit is dat ten spyte daarvan dat sy Kestrel die Horus gebruik, hy steeds verkies om sy iPhone met Bulletflight te gebruik. Nou daar moet tog 'n goeie rede hiervoor wees? Oom Piet, kom in assebelief??
Bullseye

Ek staan ook by Ludwig hier, ek gaan nie tot die dood baklei hieroor nie, want ek het nie self die Ketsrel 4500 met die Horus program nie.

Oom Piet sal hopelik kan kom las hoekom hy die iPhone bo die Kestrel verkies as Balastieke rekenaar, ek moet s? Bulletflight is bitter gebruikers vriendelik en dit mag 'n groot faktor wees  ???  Met die groot skerm van die iPhone hoef ek nie te soek na data nie en ek kan direk op die veld tik wat ek wil verander en siedaar, hoef niks te gaan soek iewers in 'n menu wat ses klike weg is nie  :-\ Soos Ludwig ook noem ek is maar meer vir touchscreen as klein knoppies druk wat multi funksioneel is, frustreer my erg  ;D

Ek dink ook nie die bedoeling was om te kyk wie sin groter is nie, ons sal seker albei ons teikens kan tref, op ons eie manier. As jy nie vertroud is en vetroue het met jou toerusting nie, gaan die duurste beste goed op die mark niks help nie  8)

Kom ons hoor of Oom Piet iets sal las  8)

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
bullseye

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by bullseye »

Ludwig Marc jammer man ek wil nie stry nie man dit is die laaste ding wat ek wil he, sal eerder daarvan hou as ons eendag lekker ver kan saamskiet.
Groetnis
Bullseye.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Marc »

bullseye wrote: Ludwig Marc jammer man ek wil nie stry nie man dit is die laaste ding wat ek wil he, sal eerder daarvan hou as ons eendag lekker ver kan saamskiet.
Groetnis
Bullseye.
Hhehehehee ons stry nie, ons leer .... saam  ;D ;D ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Arnold »

Piet se Kestrel het nie die sagteware op nie. Hy het nou die dag so iets daaroor ges?.

Ek sou verseker die Kestrel 4500 met sagteware verkies ... maar ek gaan nog vir lank sonder n kestrel of rangefinder moet speel. Sal maar my spotter train sodat die tweede skoot raak is.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Marc »

Arnold wrote: Ek sou verseker die Kestrel 4500 met sagteware verkies ...
En jou rede sou wees  ???
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Arnold »

Dit is een instrument in plaas van twee.

Ek glo die Kestrel is darem seker so bietjie meer rugged as n foon met groot touchscreen. In stof en reen gaan ek gemakliker voel om die kestrel uit te haal as n foon.

Dit ges?, ek gebruik huidiglik my foon en die verniet weergawe van Strelok. Ek sal seker nog ander sagteware kry as ek vind dat die resultate nie akuraat is nie.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Marc »

Arnold wrote: Dit is een instrument in plaas van twee.

Ek glo die Kestrel is darem seker so bietjie meer rugged as n foon met groot touchscreen. In stof en reen gaan ek gemakliker voel om die kestrel uit te haal as n foon.

Dit ges?, ek gebruik huidiglik my foon en die verniet weergawe van Strelok. Ek sal seker nog ander sagteware kry as ek vind dat die resultate nie akuraat is nie.
Kry vir jou 'n Otterbox, jy gaan hom "like" al is dit nie vir die doel om jou foon veld toe te neem nie  ;D

Het jy al met Bulletflight gewerk  ???  Dit is 'n bitter lekker program  8)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by DSBW »

Ludwig/ Enige iemand

Wil net hoor wie van julle werk dalk met die ballistic AE program op jou iphone/tablet/ander tipe foon. Ek vind die program heel goed tot en met 5/600 meter, wat maar my afstande is wat ek skiet in die Suide van Nam. Sou dit die moeite werd wees om eerder Bulletflight te koop, of sal BAE voldoende wees, m.a.w hoeveel beter is Bulletflight?

Dankie

Dawie
bullseye

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by bullseye »

Gaan kyk bietjie hier Survivor - Griffin Technology
www.griffintechnology.com/armored en by SPECK dink dit is ook goeie beskermers vir i-phones.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Marc »

Lyk na 'n oulike boks daai Bullseye, mag dalk net bietjie bulky wees om in jou sak rond te dra elke dag  ???
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Geno »

Ek kry Woensdag die Samsung Galaxy S III.
Ludwig het my netnou ook oortuig om Bulletflight M te kry, hy wil seker h? dat sy spotter solank die programmetjie baas raak ;D
Goed, beter, 6millimeter!
James Wickens
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Sat May 05, 2012 12:31 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by James Wickens »

Ek het reeds geruimetyd met die programme gespeel en vind dat iStrelok weer iets anders bied op i-phone, i-pad wat die ander nie doen nie. Veral omdat ek met die 25-06 en Nightforce se 8-32 x56mm scope werk, kyk gerus baie handig
300 H&H Sako
30-06 Sprinfield Brno
25-06 Rem Sako
577-450 Martini Henry
38 Rossi
Mathews Switchback
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Arnold »

Strelok werk nog mooi vir my maar ek het nog net tot op 500m met hom geskiet. Ek gaan ook eers by hom hou tot ek agterkom dinge werk nie meer lekker nie.
Dalk as ek my foon upgrade sal ek Bulletflight opsit maar vir eers moet ek eers leer skiet op die lang afstande :)
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Piet Breedt »

Ludwig, Arnold is reg. Ek het nog die ou 4500 Kestrell wat nie die ballistiese program in het nie. Ek het toe nie die nuwe een gekoop nie. Daar was te veel nuwe gewere wat teleskope en bassise met ringe nodig gehad het, en die finansies moes maar eers mooi bekyk word.

Ek het nog net so vlugtig met die nuwe 4500 gespeel en moet s?, ek sal graag een wil h?. Maar omdat windmeters by ons SAJSV skiete verban is, sal dit my nie regtig baat om nou een te koop. Ek skat nou maar die wind, en werk dan op Bulletflight.

Ek het darm n redelikke akkurate manier ontwikkel om die windspoed te bepaal, wat goed werk.
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by smitjs »

Dag manne,
Ek verstaan nie hoe niemand Prof. Arthur Pejsa se ballistieke noem nie. Koop gerus sy boekie. Met sy formules en enige goedkoop 'calculator' kan jy net dieselfde doen.
Andersins, maak 'n afskrif van sy tabelle en jy het alles wat jy wil h? op 'n bietjie papier. Laat die papier in plastiek toemaak, en water sal dit nie affekteer nie, en geen battery word ooit pap nie.
Sy metodes is verstommend maklik om te gebruik en baie akkuraat.
Groete
Johan Smit
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Marc »

Ek sien S&O het nou 'n klompie Kestrell modelle op hulle blad beskikbaar, die prys lyk ook nie te erg, in ag geneem hulle dra die posgeld, versekering en risiko  8)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by James Wilson »

wil tog net weet of ek iewers nou n n stap oorslaan wanneer ek down load na my ipad toe? as ek bullet flight of van die ander programme wil aflaai kry ek een van 2 boodskappe. the program is no longer available  of the request is not allowed in your country. dit terwyl bulletflight presies in Rand se hoeveel die program gaan kos
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by James Wilson »

toemaar met die soveelste probeerslag toe kry ek dit gedownload
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Marc »

James Wilson wrote: toemaar met die soveelste probeerslag toe kry ek dit gedownload
Jammer sien nou eers, blameer maar die netwerk  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by smitjs »

Ludwig wrote: Ek weet net daar is baie veranderlikes hier ter sprake. Lugdruk, hoogte bo seespieel, temperatuur, humiditeit, wind, gyroscopic drift, LOS Angle etc. Selfs al maak sy formules vir al hierdie faktore voorsiening, beteken dit dan dit is ongelooflike ingewikkelde somme, wat jy elke keer as een van hierdie faktore verander, weer moet bereken. Sjoe, kan nie sien dat dit lekker prakties gaan weer nie, maar dalk is ek verkeerd.
Ludwig, nee ek dink ek is verkeerd. Pejsa doen vir my heel goed, maar almal hou nie van wiskunde nie. Pejsa gebruik die koe?l spoed, gewig, BC of liewer sy vertragings faktor, en dis al. Dan word die val van die koe?l bereken en aangepas vir hoogte van teleskoop bo loop, zero afstand en wind. Niks meer nie, en daarom dalk nie goed genoeg nie.
Groete
Johan Smit
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Marc »

Julle meer gesoute manne moet gou help asb.

Watse app is die beste GPS een. Soek iets wat nie net goeie aanwysings het nie, maar ook redelik goed af stand tussen twee punte kan aandui. Tussen skut en teiken  8)

Dankie
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Arnold »

Op Android kan jy GPS tape measure probeer, weetnie of dit op die iPhone beskikbaar is nie.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Arnold »

Met 'n foon GPS gaan jy nie sommer nader as 4m akkuraatheid kry nie ... as jy gelukkig is.
So jy kan verseker wees dat jy moontlik so 10m op jou afstand gaan uit wees!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter "Gadget" vir Balastieke data in die veld ???

Post by Marc »

Dankie Ludwig / Arnold

Ek was van mening dat die smart foon roete nie die beste Opsie gaan wees nie. Sorry wou eintlik net he julle moet dit bevestig of verkeerd bewys  ;D

Ludwig ek sal bietjie die Dakota gaan loer  8)

Dankie manne, ek wil juis akuraat met way points werk  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Post Reply