Namibia Jag/cull

Post Reply
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Namibia Jag/cull

Post by kopskoot »

Manne

Ek is sopas terug van 'n jag/cull ekspidiesie in Namibia

'n Goeie vriend, dr.Martin Dickman, nooi my nou al vir 'n paar jaar lank vir 'n jag, en vanjaar besluit ek toe om hom op te neem op sy offer.

Die plaas le ongeveer 300km noord van Windhoek, en redelik min tyd en aandag is aan die plaas spandeer vir 'n geruime tyd. Martin het die plaas geerf,van sy pa.

Hulle, Martin en sy wildbestuurder, Stephan, het besluit om hulle in die toekoms toe te spits op trofee jag, en het om die rede besluit, na deeglike wildtellings, om 'n klomp diere te oes.
Die plaas beslaan 10000ha en soos baie plase in Namibia ,is die plaas nie wildwerend omhein nie.

Stephan wou he ons moet ou diere, diere met misvormde horings, en "volwasse manlike diere wat nie potensiaal toon om trofee gehalte te word nie", oes

Aanvanklik was ek bietjie skugter vir die "tall order" aangesien die bos baie ruig is, en die diere mens nie baie tyd gee om hulle te beoordeel nie.

Na twee dae se rondry,en net 'n handvol bokke, het ons besef dit gaan maar moelik gaan, en het ek besluit om by 'n droe dam, waar 'n paar sout blokke le te gaan sit.

Gewapen met my 270wsm,met 'n silencer en 'n goeie verkyker , kon ek nou baie beter oordeel en die regte diere oes.Wat my baie verbaas het,was hoe gereeld ek twee of meer diere uit een trop kon skiet. Die terminator loop so stil, dat die diere rustig bly en omtrent net vir die bok skrik wat se kakebeen teen die grond klap. Ek kon selfs 'n ou koedoe koei skiet nadat ek pas 'n hartbees bul langs haar plat geskiet het.

Alhoewel 'n paar selfaangstelde "Emsie Schoemans van die jag bedryf" seker nou baie te se sal he oor die feit dat ek by 'n sout lek gaan sit het en diere geskiet het, is ek geneig om te dink dat die manier van uitskiet, baie meer sin maak as ander oes sessies waar ek al betrokke was en enige dier geskiet word, totdat die verlangde getal bokke afgehaal is.

Verder was dit lekker om heeldag vir die diere te sit en kyk, hulle optrede en maniertjies dop te hou, en dan slegs enkeles uit te soek.Al die skote was in die omgewing van 200m, slegs kopskote is geskiet, en die finale getal was 13 gemsbokke, 9 hartbeeste  een koedoe koei, 'n vlakvark en 'n JAKKALS.

Volgende jaar sal ek maar weer moet gaan help!!

Hier is 'n paar foto's   


[im[img width=560 height=315]http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 030038.jpg[/img]g]
[/i[img width=270 height=480]http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 030040.jpg[/img]mg]

[im[img width=560 height=315]http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 030044.jpg[/img]g]
[/im[img width=560 height=315]http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 030056.jpg[/img]g]

[i[img width=560 height=315]http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 030059.jpg[/img]mg]
[/im[img width=560 height=315]http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 030060.jpg[/img]g]
Last edited by kopskoot on Tue Sep 25, 2012 3:04 pm, edited 1 time in total.
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Namibia Jag/cull

Post by Carl »

Harde werk maar iemand moet dit doen! mooi skote en ja oes is nie jag nie. Jy't 'n paar PG fotos hier sal moet sterretjies kry.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Namibia Jag/cull

Post by theedge »

netjies maat mooi fotos
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Namibia Jag/cull

Post by Piet Pille »

Baie lekker Kopskoot. Jy doen jou naam gestand. Ek glo nie iemand sal frons oor die metodes van julle "culling-operasie" nie. Dis my insiens 'n baie goeie kompromie tussen etiek en effektiewiteit. Wel gedaan!
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Namibia Jag/cull

Post by G-force »

Nice storie en mooi fotos.Mooi geskiet.Waar is die foto van die JAKKALS.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Namibia Jag/cull

Post by kopskoot »

G-force wrote:Waar is die foto van die JAKKALS.
Ek't hom nie afgeneem nie, want dit was 'n lelike prentjie. 'n 130gr TSX is geneig om om 'n middelpaadjie effens breer te maak.
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Namibia Jag/cull

Post by Geno »

Mooi geskiet Ronald! Lyk my jy en daardie .270WSM is kettie en klip!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Namibia Jag/cull

Post by FHM »

Mooi gegooi ou kopskoot! ;)

Noudat jy terug is in 'die beskawing' met al die strikes en dinge mis jy seker die rustigheid diekant van die grensdraad? ;D
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Namibia Jag/cull

Post by BLOK »

Mooi man, dink dit kan lekker wees om so op een plek by n pragtage suidwes pan te sit en die diere aanskou en uitskiet. Al vraag, hoekom al die skote so naby, jy is mos n man wat daaar anderkant mos kan gooi.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Namibia Jag/cull

Post by FHM »

BLOK wrote: Mooi man, dink dit kan lekker wees om so op een plek by n pragtage suidwes pan te sit en die diere aanskou en uitskiet. Al vraag, hoekom al die skote so naby, jy is mos n man wat daaar anderkant mos kan gooi.
hy kies die regte koels Blok, en luister nie na ander manne se stories oor hulle punte nie...
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Namibia Jag/cull

Post by BLOK »

Francois, gaan lees hier dan sal jy verstaan hoekom my vraag. hahaha


http://jaracal.com/index.php/topic,1237 ... #msg160634
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Namibia Jag/cull

Post by kopskoot »

FHM wrote: Mooi gegooi ou kopskoot! ;)

Noudat jy terug is in 'die beskawing' met al die strikes en dinge mis jy seker die rustigheid diekant van die grensdraad? ;D
Verseker. Kyk ek weet as ek eendag voor  ons land se mense moet uit vlug, sal Aus my defenetief nooit sien nie. Ek suiker reguit Nam toe
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Namibia Jag/cull

Post by FHM »

BLOK wrote: Francois, gaan lees hier dan sal jy verstaan hoekom my vraag. hahaha


http://jaracal.com/index.php/topic,1237 ... #msg160634
Blok,
Ek het daai pos gemis - seker toe ek gaan jag het.

D@nner Kopskoot jy is n YSTER aagter daai roer van jou is jy nie!!!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Post Reply