Namibia Jag/cull
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Namibia Jag/cull
Manne
Ek is sopas terug van 'n jag/cull ekspidiesie in Namibia
'n Goeie vriend, dr.Martin Dickman, nooi my nou al vir 'n paar jaar lank vir 'n jag, en vanjaar besluit ek toe om hom op te neem op sy offer.
Die plaas le ongeveer 300km noord van Windhoek, en redelik min tyd en aandag is aan die plaas spandeer vir 'n geruime tyd. Martin het die plaas geerf,van sy pa.
Hulle, Martin en sy wildbestuurder, Stephan, het besluit om hulle in die toekoms toe te spits op trofee jag, en het om die rede besluit, na deeglike wildtellings, om 'n klomp diere te oes.
Die plaas beslaan 10000ha en soos baie plase in Namibia ,is die plaas nie wildwerend omhein nie.
Stephan wou he ons moet ou diere, diere met misvormde horings, en "volwasse manlike diere wat nie potensiaal toon om trofee gehalte te word nie", oes
Aanvanklik was ek bietjie skugter vir die "tall order" aangesien die bos baie ruig is, en die diere mens nie baie tyd gee om hulle te beoordeel nie.
Na twee dae se rondry,en net 'n handvol bokke, het ons besef dit gaan maar moelik gaan, en het ek besluit om by 'n droe dam, waar 'n paar sout blokke le te gaan sit.
Gewapen met my 270wsm,met 'n silencer en 'n goeie verkyker , kon ek nou baie beter oordeel en die regte diere oes.Wat my baie verbaas het,was hoe gereeld ek twee of meer diere uit een trop kon skiet. Die terminator loop so stil, dat die diere rustig bly en omtrent net vir die bok skrik wat se kakebeen teen die grond klap. Ek kon selfs 'n ou koedoe koei skiet nadat ek pas 'n hartbees bul langs haar plat geskiet het.
Alhoewel 'n paar selfaangstelde "Emsie Schoemans van die jag bedryf" seker nou baie te se sal he oor die feit dat ek by 'n sout lek gaan sit het en diere geskiet het, is ek geneig om te dink dat die manier van uitskiet, baie meer sin maak as ander oes sessies waar ek al betrokke was en enige dier geskiet word, totdat die verlangde getal bokke afgehaal is.
Verder was dit lekker om heeldag vir die diere te sit en kyk, hulle optrede en maniertjies dop te hou, en dan slegs enkeles uit te soek.Al die skote was in die omgewing van 200m, slegs kopskote is geskiet, en die finale getal was 13 gemsbokke, 9 hartbeeste een koedoe koei, 'n vlakvark en 'n JAKKALS.
Volgende jaar sal ek maar weer moet gaan help!!
Hier is 'n paar foto's
[im[img width=560 height=315]http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 030038.jpg[/img]g]
[/i[img width=270 height=480]http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 030040.jpg[/img]mg]
[im[img width=560 height=315]http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 030044.jpg[/img]g]
[/im[img width=560 height=315]http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 030056.jpg[/img]g]
[i[img width=560 height=315]http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 030059.jpg[/img]mg]
[/im[img width=560 height=315]http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 030060.jpg[/img]g]

Last edited by kopskoot on Tue Sep 25, 2012 3:04 pm, edited 1 time in total.
Soms Sako!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!

Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Namibia Jag/cull
Harde werk maar iemand moet dit doen! mooi skote en ja oes is nie jag nie. Jy't 'n paar PG fotos hier sal moet sterretjies kry.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Namibia Jag/cull
netjies maat mooi fotos
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !

- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Namibia Jag/cull
Baie lekker Kopskoot. Jy doen jou naam gestand. Ek glo nie iemand sal frons oor die metodes van julle "culling-operasie" nie. Dis my insiens 'n baie goeie kompromie tussen etiek en effektiewiteit. Wel gedaan!
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Namibia Jag/cull
Nice storie en mooi fotos.Mooi geskiet.Waar is die foto van die JAKKALS.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Namibia Jag/cull
Ek't hom nie afgeneem nie, want dit was 'n lelike prentjie. 'n 130gr TSX is geneig om om 'n middelpaadjie effens breer te maak.G-force wrote:Waar is die foto van die JAKKALS.
Soms Sako!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
- Geno
- Administrator

- Posts: 13663
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Namibia Jag/cull
Mooi geskiet Ronald! Lyk my jy en daardie .270WSM is kettie en klip!
Goed, beter, 6millimeter!
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Namibia Jag/cull
Mooi gegooi ou kopskoot! 
Noudat jy terug is in 'die beskawing' met al die strikes en dinge mis jy seker die rustigheid diekant van die grensdraad?

Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Namibia Jag/cull
Mooi man, dink dit kan lekker wees om so op een plek by n pragtage suidwes pan te sit en die diere aanskou en uitskiet. Al vraag, hoekom al die skote so naby, jy is mos n man wat daaar anderkant mos kan gooi.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Namibia Jag/cull
hy kies die regte koels Blok, en luister nie na ander manne se stories oor hulle punte nie...BLOK wrote: Mooi man, dink dit kan lekker wees om so op een plek by n pragtage suidwes pan te sit en die diere aanskou en uitskiet. Al vraag, hoekom al die skote so naby, jy is mos n man wat daaar anderkant mos kan gooi.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Namibia Jag/cull
Francois, gaan lees hier dan sal jy verstaan hoekom my vraag. hahaha
http://jaracal.com/index.php/topic,1237 ... #msg160634
http://jaracal.com/index.php/topic,1237 ... #msg160634
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Namibia Jag/cull
Verseker. Kyk ek weet as ek eendag voor ons land se mense moet uit vlug, sal Aus my defenetief nooit sien nie. Ek suiker reguit Nam toeFHM wrote: Mooi gegooi ou kopskoot!
Noudat jy terug is in 'die beskawing' met al die strikes en dinge mis jy seker die rustigheid diekant van die grensdraad?![]()
Soms Sako!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Namibia Jag/cull
Blok,BLOK wrote: Francois, gaan lees hier dan sal jy verstaan hoekom my vraag. hahaha
http://jaracal.com/index.php/topic,1237 ... #msg160634
Ek het daai pos gemis - seker toe ek gaan jag het.
D@nner Kopskoot jy is n YSTER aagter daai roer van jou is jy nie!!!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD