ManneWouter Roets wrote:Gerard wrote:
Ek wil nou die ding opklaar en die wat nie wil saamstem met die feite nie, is welkom om hulle opinie te h?.
Koe?ls kan ontwerp word om 'n spesifieke gedrag te volg by impak. GSC se doel is om oplossings te vind vir probleme wat jagters en ander skieters ervaar. Een van die probleme wat jagters en ander skieters ervaar is dat die teiken soms skuil agter voorwerpe wat 'n probleem skep vir koe?ls wat nie ontwerp is om meer as een voorwerp of meduim te penetreer nie.
Hierdie eerste sin van oom Gerard se stelling som ek soos volg op: Die GSC koeels is ontwerp om reguit te bly penetreer in n medium na impak. Briljant! En volgens oom Koos Biltong se toets het 2x van die 3x koeels die toetsie 100% geslaag en ons kan debateer oor die derde skoot. So yes, die koeel bly reguit vlieg (lees punt na vore en stert na agter en steeds gestabiliseer), nogtans het die koeel teen n vreeslike hoek van die oorspronklike POI afgewyk.
Die volgende sin spreek vir homself, dis waarvoor GSC staan, probleme wat jagters en skieters ervaar word na die beste van die vervaardiger se vermoe aangespreek. Soos Ludwig genoem het, baanbrekerswerk om die minste te se.
Ek dink die "confusion" kom by die laaste sin in. Jagters en skieters ervaar hier n probleem van deur n medium skiet. Doelbewus? Nee, ek glo in meer as 99% van jagters gaan doelbewus NIE deur enige medium PROBEER skiet nie. Nogtans, GSC claim hier dat hulle koeel vir jou n beter(meer reguit) vlugbaan gee deur "meer as een voorwerp of medium" soos hierbo genoem en ek kan nie daarmee saamstem nie, en ek sien dis die punt wat Wouter ook probeer maak. Daardie takkie/grassie/blaartjie wat in jou pad gaan wees en wat jy nie raaksien nie gaan virsteekseker verder as 3m van jou teikendier af wees soos wat in ons praktiese toets hier bo gesien was, maw hy gaan "blurr" in jou teleskoop vanwee die feit dat jy nie gefokus is op die versperring/voorwerp/medium nie maar op jou teiken. Nou lees ek as verbruiker uit die laaste sin van bogenoemde stelling dat die GSC koeel vir my hierdie "probleem wat jagters en skieters ervaar" gaan oplos. Of lees ek dalk die sin verkeerd?




