Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post Reply
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Stefan764 »

Wouter Roets wrote:
Gerard wrote:
Ek wil nou die ding opklaar en die wat nie wil saamstem met die feite nie, is welkom om hulle opinie te h?.

Koe?ls kan ontwerp word om 'n spesifieke gedrag te volg by impak.  GSC se doel is om oplossings te vind vir probleme wat jagters en ander skieters ervaar.  Een van die probleme wat jagters en ander skieters ervaar is dat die teiken soms skuil agter voorwerpe wat 'n probleem skep vir koe?ls wat nie ontwerp is om meer as een voorwerp of meduim te penetreer nie.
Manne

Hierdie eerste sin van oom Gerard se stelling som ek soos volg op: Die GSC koeels is ontwerp om reguit te bly penetreer in n medium na impak. Briljant! En volgens oom Koos Biltong se toets het 2x van die 3x koeels die toetsie 100% geslaag en ons kan debateer oor die derde skoot. So yes, die koeel bly reguit vlieg (lees punt na vore en stert na agter en steeds gestabiliseer), nogtans het die koeel teen n vreeslike hoek van die oorspronklike POI afgewyk.
Die volgende sin spreek vir homself, dis waarvoor GSC staan, probleme wat jagters en skieters ervaar word na die beste van die vervaardiger se vermoe aangespreek. Soos Ludwig genoem het, baanbrekerswerk om die minste te se.
Ek dink die "confusion" kom by die laaste sin in. Jagters en skieters ervaar hier n probleem van deur n medium skiet. Doelbewus? Nee, ek glo in meer as 99% van jagters gaan doelbewus NIE deur enige medium PROBEER skiet nie. Nogtans, GSC claim hier dat hulle koeel vir jou n beter(meer reguit) vlugbaan gee deur "meer as een voorwerp of medium" soos hierbo genoem en ek kan nie daarmee saamstem nie, en ek sien dis die punt wat Wouter ook probeer maak. Daardie takkie/grassie/blaartjie wat in jou pad gaan wees en wat jy nie raaksien nie gaan virsteekseker verder as 3m van jou teikendier af wees soos wat in ons praktiese toets hier bo gesien was, maw hy gaan "blurr" in jou teleskoop vanwee die feit dat jy nie gefokus is op die versperring/voorwerp/medium nie maar op jou teiken. Nou lees ek as verbruiker uit die laaste sin van bogenoemde stelling dat die GSC koeel vir my hierdie "probleem wat jagters en skieters ervaar" gaan oplos. Of lees ek dalk die sin verkeerd?
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Flip Nel »

Ek wil my as voorbeeld gebruik op my plaas is baie bos, as jy loop en jag is meeste van jou skote tussen 10 en 20 m, en baie maal is dit vinnig skiet, mens sien nie altyd 'n takkie nie en daar is nie tyd om dit lank te bestudeer nie, ek verkies om my 9.3 te gebruik want ek voel dit gee my 'n beter kans, ek het persoonlik 'n koedoe koei probeer op die blad skiet en die skoot is deur haar kom oor 'n takkie.  Dis was met 'n Federal 180 grain koeel, was by met 'n 270 wat iemand probeer het om 'n Eland koei dood te skiet wat gekwes was 4 skote deur 'n bos het nie gewerk nie sy is later in 'n opening doodgeskiet.  Ek sal enige tyd 'n koeel gebruik wat die ods bietie meer in my guns sou swaai as ek die slag 'n takkie sou raakskiet, let wel ek s? nie skiet deur bosse nie, maar dit gebeur en as 'n koeel bietjier beter is in bos great. 
Gerard

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Gerard »

Miskien kan Gerhard koeels ontwikkel wat nie beinvloed word deur die skut se onnodige gebewe nie?
Dit is 'n ernstige saak daardie.  Wanneer ek voorberei vir 'n skietery wat regtig saak maak, sny ek koffie, tee, suiker coke en sjokolade vir 10 dae voor die tyd uit.  ;D

Stefan,
Die probleem van draai binne die teiken is opgelos met GSC koe?ls, dit is gegewe.  Ander vervaardigers sukkel nog daarmee. Dit was 'n probleem waarme heelwat jagters gesukkel het. Waar dit nodig is om deur obstruksies te skiet, verg dit 'n spesiale aanwending.  Die skerpskutter het 'n spesifieke probleem en GSC het 'n oplossing daarvoor.  Dit wat ek geleer het spoel ook oor na GSC se alledaagse produkte toe.  Dit bring mee dat dit meer waarskynlik is dat 'n jagter, wat per ongeluk deur 'n obstruksie skiet, suksesvol is. 

Waar dit voorsien word, gee GSC spesifieke riglyne wat gevolg word om sukses te verkry.  Voorbeeld:  'n PH vra by 'n skou of ons goed deur bos kan skiet.  Hy skets sy probleem, verduidelik wat hy al probeer het en ek maak 'n aanbeveling.  Hy is baie skepties maar koop een pakkie koe?ls om die teorie te toets.  Nadat hy vir homself uitgeklaar het dat die teorie werk, kontak hy my weer en koop nog vier pakkies van dieselfde.  Ek kan net daaruit aflei dat die koe?ls vir hom die probleem opgelos het.  Hy het backup gedoen vir kliente in baie ruie bos op groterige diere.  Wanneer hy moet skiet is sake v?r heen en, hoe beter sy kanse is, hoe minder hoef hy te sweet.

Indien iemand ons 177gr 30 kaliber HV koop en dink hy kan daarmee deur obstruksies skiet met sy Sako 308Win, sal hy teleurgesteld wees.  Indien hy 'n 8" spiraal 30-378 gebruik en op 600m aanwend, is sy sukses heelwat beter.  Dit is hoekom GSC kieskeurig is wie die produk aanhou.  Dit is hoekom ons aandring op die volg van riglyne.  Ons maak nie 'n generiese produk wat wisselvallige werking gee nie.  Daar is 'n baie bekende fabrikaat koe?l wat dikwels as die kompetisie vir GSC voorgehou word.  Ek kyk na die aanwending van daardie produk in die praktyk en, as GSC so 'n persentasie van faal het, sluit ek die fabriek se deure en gooi die sleutels weg.
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Vlakvark »

Flip nel wrote: Ek wil my as voorbeeld gebruik op my plaas is baie bos, as jy loop en jag is meeste van jou skote tussen 10 en 20 m, en baie maal is dit vinnig skiet, mens sien nie altyd 'n takkie nie en daar is nie tyd om dit lank te bestudeer nie, ek verkies om my 9.3 te gebruik want ek voel dit gee my 'n beter kans, ek het persoonlik 'n koedoe koei probeer op die blad skiet en die skoot is deur haar kom oor 'n takkie.  Dis was met 'n Federal 180 grain koeel, was by met 'n 270 wat iemand probeer het om 'n Eland koei dood te skiet wat gekwes was 4 skote deur 'n bos het nie gewerk nie sy is later in 'n opening doodgeskiet.  Ek sal enige tyd 'n koeel gebruik wat die ods bietie meer in my guns sou swaai as ek die slag 'n takkie sou raakskiet, let wel ek s? nie skiet deur bosse nie, maar dit gebeur en as 'n koeel bietjier beter is in bos great.
Flip
Jy se jy sal enige iets doen vir 'n voordeel (in rooi) en jy gebruik Federal  ;D
Image
Image
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Stefan764 »

Flip nel wrote: Ek wil my as voorbeeld gebruik op my plaas is baie bos, as jy loop en jag is meeste van jou skote tussen 10 en 20 m, en baie maal is dit vinnig skiet, mens sien nie altyd 'n takkie nie en daar is nie tyd om dit lank te bestudeer nie, ek verkies om my 9.3 te gebruik want ek voel dit gee my 'n beter kans, ek het persoonlik 'n koedoe koei probeer op die blad skiet en die skoot is deur haar kom oor 'n takkie.  Dis was met 'n Federal 180 grain koeel, was by met 'n 270 wat iemand probeer het om 'n Eland koei dood te skiet wat gekwes was 4 skote deur 'n bos het nie gewerk nie sy is later in 'n opening doodgeskiet.  Ek sal enige tyd 'n koeel gebruik wat die ods bietie meer in my guns sou swaai as ek die slag 'n takkie sou raakskiet, let wel ek s? nie skiet deur bosse nie, maar dit gebeur en as 'n koeel bietjier beter is in bos great.
Flip

Hoogs ervare en bekende jagter en ook skrywer, Craig Bodington, se in sy boek Safari Rifles dat n 470NE koeel gedeflekteer het op n boomtak so dun soos jou vinger. (Onthou ek nou die scene in Braveheart toe hulle vra hoe lank moet die spiese wees en die ou se: "Twice as long as n man", en die man wat die spiese moet bou antwoord half gedwee, "Some men are taller than others"  ;D so moenie nou met die een kom nie asb  ;D  ;D )

Doctari het (soos ek reeds vroeer genoem het) met n 375H&H en n 380gr Rhino dwarsdeur n mopani tak geskiet van dikker as n duim, reguite gevlieg, buffel PLAT! Beteken dit Rhino koeels kan deur takke en bome skiet en moet dus deel van hul bemarkingstrategie word....?

GEEN maar GEEN koeel/kaliber/looplengte van geweer/kleur van dop/gemoly-of-te-not of wat ook al is vrygespreek van defleksie as n tak getref word nie, punt. Stop. Amen. Klaar.

Groete
Stef
Gerard wrote: Waar dit nodig is om deur obstruksies te skiet, verg dit 'n spesiale aanwending.  Die skerpskutter het 'n spesifieke probleem en GSC het 'n oplossing daarvoor.  Dit wat ek geleer het spoel ook oor na GSC se alledaagse produkte toe.  Dit bring mee dat dit meer waarskynlik is dat 'n jagter, wat per ongeluk deur 'n obstruksie skiet, suksesvol is. 
Oom Gerard.

Ek sukkel net om saam te stem met hierdie stelling... Nie oor ek wil skuins wees nie, my logika skop vas... Dalk is my kop te plat ek weet nie...

Nogtans lekker om oor die goed te redeneer EN meer te leer.

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Flip Nel »

Vlakvark

Die 303 storie was darrem toe ek op skool was, ek het intussen groot geword en 'n 9.3 begin gebruik ;D


Stefan764


Ek stem 100% saam met jou, mens kan nooit seker wees nie, om met die 9.3 te skiet gee my bietjie meer vertroue, van dat ek die 9.3 gebruik on ek nog nie s? ek het 'n bok gekwes of gemis oor 'n takkie nie, moet by s? ek skiet nie met opset deur takke nie, wat ek probeer s? is as 'n koeel my nog meer peace of mind sal gee sal ek dit gebruik, maar ek gaan nie nou sommer deur bos begin skiet nie, eties dink ek nie dis reg nie, dit is soos om 'n potshot te neem op 'n bok op lang afstand terwyl nie eers amper seker is jy kan raak skiet nie.  Dit is soos iemand vir my gese het nadat hy 'n eland gekry het wat hy met 'n 223 gekwes het, tenminste het ek om gekry nadat hy aasvoels die volgende oggend gesien draai het.  Dit was op 'n famielieplaas waar nie betaal is vir wild nie.
Gerard

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Gerard »

Vlakvark se bydrae wys hoe 'n stelling heeltmal verdraai kan word.  Flip se "Ek sal enige tyd 'n koeel gebruik wat die ods bietie meer in my guns sou swaai"  het tog 'n hele ander strekking as die "Jy se jy sal enige iets doen vir 'n voordeel" wat daaraan toegedig word.

Stefan,
Daar is 'n baie goeie rede hoekom die 470NE gedeflekteer het.  Dit is nie 'n voorbeeld wat hier verband hou nie.  Van Doctari gepraat, ons het twee maal 'n bespreking gehad oor die 380gr koe?l en ek het vrae gevra wat hy nie kon beantwoord nie.  Moet dus nie ie GSC produkte en manier van doen meet aan die werverrigting wat met ander fabrikate verkry word nie.

My vraag is:  Het jy enige ervaring van GSC produkte?
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Vlakvark »

Ek sal enige tyd 'n koeel gebruik wat die ods bietie meer in my guns sou swaai as ek die slag 'n takkie sou raakskiet


Flip
Jy se jy sal enige iets doen vir 'n voordeel

Die ods in my rigting draai of 'n voordeel wat is die verskil

Gerard
Jammer dat ek al weer jou taal klas gedop het
Image
Image
Gerard

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Gerard »

Vlakvark, moenie vir jou dom hou nie.  Dom wees kan mens nie verhelp nie, dom hou is moedswillig.

"Ek sal enige tyd 'n koeel gebruik"

"Jy se jy sal enige iets doen"

As jy nie die verskil tussen die twee kan sien nie..............
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Vlakvark »

Ek se mos eks jammer ek het nou weer my taal klas gedop

Flip
Jy se jy sal enige iets doen vir 'n voordeel (in rooi) en jy gebruik Federal 


Lees verder dan sien jy ek praat van Federal
Image
Image
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Chevvy SS »

Manne, lees weer deur alles en hou op derms uitryg.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Stefan764 »

Gerard wrote: Stefan,
Daar is 'n baie goeie rede hoekom die 470NE gedeflekteer het.  Dit is nie 'n voorbeeld wat hier verband hou nie.  Van Doctari gepraat, ons het twee maal 'n bespreking gehad oor die 380gr koe?l en ek het vrae gevra wat hy nie kon beantwoord nie.  Moet dus nie ie GSC produkte en manier van doen meet aan die werverrigting wat met ander fabrikate verkry word nie.

My vraag is:  Het jy enige ervaring van GSC produkte?
Oom Gerard. Ek het geensins die werkverrigting van die GSC met enige ander fabrikaat vergelyk nie. Ek het bloot 2x voorbeelde genoem wat deur twee hoogs aangeskrewe (of in my oe in elkgeval) jagters ervaar en gedeel is.

Om jou vraag te antwoord, ek het geen ervaring met GSC koeels nie.

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Biltongjagter

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Biltongjagter »

Uit die teorie, tegniese eienskappe en ook tot 'n groot mate toetse, leer mens baie oor 'n produk se eienskappe en vermoe?ns.

Maar manne, waaruit leer 'n mens werklik die volle omvang van 'n produk se prestasies, vermo?ns en ook swakhede, eerstehands?
Niks meer as uit eie ervarings met die korrekte gebruik van die produk nie.

Daarom, gebruik GSC se HV jagkoe?ls en ervaar self wat alles bekom kan word deur die gebruik van die produk.
Moet nou nie net een ou bokkie gaan skiet en verklaar "been there, done that" en nou weet ek alles nie.

Nee, gebruik die koe?ls 'n hele jagseisoen en besluit dan self daarna of dit vir jou aanvaarbare resultate en voordele bied.

Ek is oortuig daarvan dat baie jagters, soos talle ander wat GSC se HV's in jagte begin gebruik het, sal terugkom en s?:  "Ek bly maar by my GSC's."

Hierdie is geensins 'n bemarkingsveldtog nie - amper jammer ek verpsprei die goed! - maar gun jouself die volle geleentheid om die koe?ls op die proef te stel.
Koop hulle net waar jy wil.

Werk dit nou nie vir jou nie, beweeg aan na koe?ls van jou keuse.

Groete,
Koos.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by grumpy »

Oom Koos,

Hoekom is julle pryse nie goedkoper as die ingevoerde koeels nie? SAekerlik is dit plaaslik vervaardig en daar is geen invoer kostes of invoer belasting nie? Ja masjienerie ens is duur maar oor die water het hulle baie beter masjiene om die job te doen en ja hulle doen dit in bulk.

Mense wil lokaal ondersteun maar as die pryse dieselfde is dan koop hulle maar liewer daai produk wat hulle ken.

Ek is ook in besigheid en sien wat gaan aan. My oposisie ruk die manne en vertel hulle die produkte is ingevoer en so duur en wat nog als. Ek koop lokale produkte waar die mense weet ek is nie stupid nie maar koop ook invoer produkte waar dit miskien bietjie duurder is maar die kwaliteit is soveel beter! My pryse is steeds beter as BAIE ander oposisie manne!!

Nog steeds lewer ek n goeie diens, produk en my naam bly goed. Ek doen die werk want dis lekker en ek lewe daarvan ek ek moor nie die ouens met pryse nie.

Verduidelik net hoe is julle pryse dan dieselfde of meer as die produkte wat ingevoer word asb. Hoe vergelyk julle prys met Impala en Frontier produkte. Ek wil nie weet joune gee beter penetrasie of wat nie. Ek praat nou van pryse.

Dankie
Grumpy >:(
User avatar
Petrie303
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:38 pm

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Petrie303 »

Dagse,

Ek het GSC gebryk en toe na dit een van die kompetiesie se koels gebryk.... Ek gan volgende jag sysoen ma weer terugaan GSC toe!!!

Groete,
Petrie
" The more you practice the luckier you get "
"A fool with a tool stays a fool"
"Dit is die paar duim agter jou scope wat saak maak"
Biltongjagter

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Biltongjagter »

Grumpy,

In hierdie bespreking - http://jaracal.com/index.php/topic,12633.15.html - het Gerard na aanleiding van onder andere Pine en ook jou eie navrae, probeer verduidelik wat prys verskille meebring.

Gerard kan miskien weer hier meer inligting oor prys struktuur alleen, aan ons deurgee.

Ek kan net noem dat jagters GSC koe?ls by my koop en keer op keer weer koop - dit alles met bitter min, indien ooit, klagtes dat ons pryse uit verhouding is met ander vervaardigers se jagkoe?ls, wat hulle in elk geval vrystaan om te koop net soos en wanneer hulle wil.
D?t nou manne wat jag met die GSCHV koe?ls.

Die manne wat meer op die baan en kompetisie deelname wil skiet, koop ons SP reeks koe?ls wat heelwat goedkoper as die HV jagkoe?ls is. Bloot omdat di? goedkoper is om te vervaardig, weens die afwesigheid van terminale eienskappe, wat mos nou nie 'n vereiste is by skyfskiet koe?ls nie en duurder vervaardiging dus uitsluit.
Kyk gerus hier na ons SP reeks se pryse  -  http://www.techfund.co.za/GSCSPOrderForm.asp

Laastens kan ek maar net noem dat weens die HV koe?ls se dryfband ontwerp, is GSC genoodsaak om hierdie koe?ls op CNC draaibanke te vervaardig - ook die baie nougesette toleransies wat GSC handhaaf - maak vervaardigingskoste beslis ho?r as geperste monometaal koe?ls wat op massavervaardiging stelsels uitgeskop kan word.

Vertrou dit beantwoord jou vraag tot 'n groot mate.

Groete,
Koos.
Gerard

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Gerard »

Grumpy,
Ons is die vervaardiger so dit is seker regverdig as ek antwoord.

1.  Rou materiaal koste.  Geelkoper, soos wat Impala gebruik, is goedkoper as suiwer koper, soos wat GSC gebruik.  Ek weet nie waar Frontier se koper vandaan kom nie.  Ons kan goedkoper koper kry as wat ons gebruik maar dan is daar geen waarborg dat ons die spesifikasie kry wat ons vra nie.

2.  Tyd van vervaardiging.  Omdat ons koe?ls dryfbande het, vat dit langer om die koe?ls te maak as wanneer die koe?ls groewe het, soos Frontier en Impala.

3.  Snygereedskap.  Ons vervang ons beitels meer dikwels as die ander vervaardigers omdat ons toleransies stywer is.  Geelkoper, soos wat Impala gebruik, se masjinerings indeks is 100.  Suiwer koper, soos wat GSC gebruik, se indeks is 20.  Met geelkoper se masjinering is snygereedskap 5 keer goedkoper as met koper.

4.  Gehaltebeheer.  Elke koe?l wat GSC maak word vier keer vir deursnee, ovaalheid en vorm gemeet en twee keer geweeg, deur twee afsonderlike mense.  Nie elke honderdste koe?l of elke tiende koe?l nie, elke koe?l.  Kyk na die proses by die webblad hieronder en enige persoon wat ooit by ons fabriekie besoek het, sal bevestig dat die proses bestaan en volledig in gebruik is.  Trouens, sedert die fotos en webblad gedoen is, is die proses verbeter.  Kyk onder die hoof 'Bullet Design and Q&A'  http://www.gsgroup.co.za/12about.html

5.  Afwerking.  Ons doen heelwat moeite met die GSC afwerking.  Dit vat arbeid en tyd om die afwerking te doen.  Ander plaaslike vervaardigers doen geen deklaag nie, en spaar dus daardie koste.

6.  Ons doen gereeld spesiale deursne? vir kli?nte en vra nie ekstra daarvoor nie.  Probeer dit organiseer by enigiemand anders en laat my weet hoe dit gaan.

7.    Ons doen aangaande navorsing en tegniese opgradering en ons het 'n webwerf wat tegnies waarskynlik die beste in die industrie is.  Wanneer laas is daar iets tegnies bygevoeg op enige van ons mededingers se webwerwe?

So, ek kan GSC koe?ls maklik goedkoper maak as ek geelkoper begin gebruik of die goedkoopste goed wat op die mark is aankoop, die dryfband voordeel uitgooi en die koe?ls viniger maak, goedkoper masjiene gebruik en minder onderhoud doen, ontslae raak van ons gehaltebeheer en 'n growwer stelsel begin gebruik, die afwerking/deklaag opskort, spesiale navrae wegwys en ophou leer en navorsing doen en die webwerf vereenvoudig en ophou insette daar lewer.

Maar dan maak GSC maar net nog 'n koe?l wat dieselfde is as baie ander koe?ls. 
Ek wil nie weet joune gee beter penetrasie of wat nie. Ek praat nou van pryse.
Ek vind dit haas onverstaanbaar dat jy gehalte en prys probeer skei van mekaar.  Dit werk mos nie so nie?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Geno »

Die manne kan s? wat hulle wil, maar ek skiet eerder GSC wat dalk R2 duurder is as Barnes of watokal, en dit spaar my 1 - 3kg vleis @R23/kg...
Goed, beter, 6millimeter!
SmitH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 453
Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by SmitH »

Geno wrote: Die manne kan s? wat hulle wil, maar ek skiet eerder GSC wat dalk R2 duurder is as Barnes of watokal, en dit spaar my 1 - 3kg vleis @R23/kg...
Stem 100% saam
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by grumpy »

Baie dankie aan Koos en Gerard.

Ek het vrae gevra en dit is op n ordentlike manier geantwoord.

Ek wardeer dit.

Groete
Grumpy >:(
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by SV MAD (Henk) »

SmitH wrote:
Geno wrote: Die manne kan s? wat hulle wil, maar ek skiet eerder GSC wat dalk R2 duurder is as Barnes of watokal, en dit spaar my 1 - 3kg vleis @R23/kg...
Stem 100% saam
+2
ek soek nog wapens...
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Chevvy SS »

Ek betaal ook meer vir die eenvoudige rede dat:

1. herlaaidata beskikbaar is op die webblad met Somchem poeiers,
2. die vervaardige kundig is rakende alle aspekte van gewere en ammunisie,
3. ek steeds elke dag van hom leer op die forum.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Flip Nel »

My probleem is niemand hou dit hier in Namibia aan nie, en ek like nie bestel oor die internet nie eks net te versigtig
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Marc »

Flip nel wrote: My probleem is niemand hou dit hier in Namibia aan nie, en ek like nie bestel oor die internet nie eks net te versigtig
Ons koop ook maar oor die net, nie almal hou dit hier aan nie  ;)

Dis baie veilig, en aflewering is gewoonlik binne enkele dae. Mens wag nie vir 'n oorsese krat om per boot aan te kom nie  8)

Ek skiet met bietjie van alles, dus kies ek nie kante nie. {Elke soort het sy aanwending  ;) } Ek sal wel s? dat vriende wat die HV gebruik, niks anders wil gebruik nie, punt  ;D ;D ;D ek moet nog daai ommekeer maak  :-\ :-\ :-\

Moet s? ek sal hulle ook ondersteun bllot vir die genoemde feite:
Chevvy SS wrote: Ek betaal ook meer vir die eenvoudige rede dat:

1. herlaaidata beskikbaar is op die webblad met Somchem poeiers,
2. die vervaardige kundig is rakende alle aspekte van gewere en ammunisie,
3. ek steeds elke dag van hom leer op die forum.
My 2c

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Carl »

Chevvy SS wrote: Ek betaal ook meer vir die eenvoudige rede dat:

1. herlaaidata beskikbaar is op die webblad met Somchem poeiers,
2. die vervaardige kundig is rakende alle aspekte van gewere en ammunisie,
3. ek steeds elke dag van hom leer op die forum.
+1 Ek gebruik dit nog nie (projek vir die af seisoen). Maar ek sien nou byvoorbeeld met die pak Norma 270 doppe wat ek gister gekoop het. Jy betaal bietjie meer en dan kry jy univormige produk wat afgewerk is met geen weggooi doppe.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Post Reply