Silent Partners-Rob H White

Post Reply
Avibus

Silent Partners-Rob H White

Post by Avibus »

Manne

Ek het die afgelope tyd my ou video versameling oorgeplaas na DVD en het omtrent alles weer gekyk aangesien ek in die 90's baie 50/50 ens opgeneem het wat vir my interessant was. Baie van die kwessies wat daardie tyd oor gegis is is vandag 'n werklikheid, en die perspektief ongelooflik as terug gekyk word.

Ek het heelwat materiaal opgeneem van Rob Harrison-White op Mnet. Onder andere het hy onderneem om 'n dokumenter te maak "Silent Partners" wat sou handel oor jakkalse, boere ens. Weet julle of die produksie ooit die lig gesien het?

Ek het White se epos probeer bekom om persoonlik met hom in verbinding te tree, maar was tot dusver onsuksesvol.

Groetnis
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Silent Partners-Rob H White

Post by Kruger »

Rob se epos adres is clydefil@mweb.co.za Hy is ons egter nie meer goedgesind nie en is in een bed met Bool.
Groete KL
Winners never quit - Quitters never win.
tafjak

Re: Silent Partners-Rob H White

Post by tafjak »

Avibus
Onder andere het hy onderneem om 'n dokumenter te maak "Silent Partners" wat sou handel oor jakkalse, boere ens. Weet julle of die produksie ooit die lig gesien het?
Ja, ja onderneem? Ek dink hy onderneem te veel en begin niks. Lyk my die "guts" kort so bietjie, hulle s? mos dat dit nie is hoeveel keer jy val nie, maar hoeveel keer jy opstaan. Dit sal nogal goed wees om te weet wat hy daardie jare kwyt geraak het, toe ons almal eintlik nog in die donker was t.o.v. vandag se probleme.

Taffie
Ambessa

Re: Silent Partners-Rob H White

Post by Ambessa »

Hallo Avibus
Avibus wrote:...materiaal opgeneem van Rob Harrison-White op Mnet... ...Ek het White se epos probeer bekom om persoonlik met hom in verbinding te tree, maar was tot dusver onsuksesvol.
Sterkte. Kontak hom by: clydefil@mweb.co.za

Hoop hy antwoord jou.

Ambessa
Avibus

Re: Silent Partners-Rob H White

Post by Avibus »

Manne

Ongeag pogings om Rob-H-White te kry om op my epos te reageer - Geen reaksie-julle was reg.

Ambessa, Ek het gehoop, maar tevergeefs. Ek het selfs vir MNet gekontak, maar geen reaksie gekry nie.

Groete
Ambessa

Re: Silent Partners-Rob H White

Post by Ambessa »

Hallo Avibus
Avibus wrote:...Ongeag pogings om Rob-H-White te kry om op my epos te reageer - Geen reaksie-julle was reg... ...het gehoop, maar tevergeefs. Ek het selfs vir MNet gekontak, maar geen reaksie gekry nie.
Het weer gekontroleer - clydefil@mweb.co.za

Tipies. Hy is dan net skaam (of is dit sku?) om te antwoord.

Ambessa
Avibus

Re: Silent Partners-Rob H White

Post by Avibus »

Ambessa

Ek het die Universiteit van Kaapstad gekontak, en is verwys na die Landmark Foundation aangesien RHWhite daar ook betrokke is. Ek het daar vir Bool Smuts opgespoor. Hy het toe my epos persoonlik aangestuur aan Rob. Tot op datum het ek nog geen antwoord gekry nie. Ek het toe ook 'n bietjie gaan lees oor die stigting se werke en veral vrae deur die Farmers Weekly

Tong in die kies vra ek toe per epos vir hom of hy enige beswaar daarteen sou h? indien jakkalse met arende gejag word. Per epos antwoord hy my toe dat hulle  geen beswaar teen die praktyk sou h? nie, maar in dieselfde epos erken hy dat hy geen kennis van valkenierskap het nie.

Ek aanvaar dat Rob my epos gekry het en wag maar geduldig.

Groete
Ambessa

Re: Silent Partners-Rob H White

Post by Ambessa »

Hallo Avibus
Avibus wrote:...Hy het toe my epos persoonlik aangestuur aan Rob. Tot op datum het ek nog geen antwoord gekry nie... ...vra ek toe per epos vir hom of hy enige beswaar daarteen sou h? indien jakkalse met arende gejag word. Per epos antwoord hy my toe dat hulle  geen beswaar teen die praktyk sou h? nie, maar in dieselfde epos erken hy dat hy geen kennis van valkenierskap het nie.
Sterkte met die kontak wat jy met bs gemaak het. Hierdie wisseling van gedagtes sal goed verloop solank jy saam met hom stem. Indien dit hom behaag gaan sy truuks begin. Dan raak hy soos 'n neet in 'n wolkombers - moeilik om weer van ontslae te raak. En uiters aanmatigend in sy kommunikasies.

Ambessa
Avibus

Re: Silent Partners-Rob H White

Post by Avibus »

Ambessa

Ek is op soek na navorsing wat spesifiek op Rooijakkalse as spesie gedoen is sowel as hulle gedrag, wat nagelees kan word of in navorsingsjoernale gepubliseer is. Help asseblief.

Groete
Ambessa

Re: Silent Partners-Rob H White

Post by Ambessa »

Hallo Avibus
Avibus wrote:...navorsing wat spesifiek op Rooijakkalse as spesie gedoen is sowel as hulle gedrag, wat nagelees kan word of in navorsingsjoernale gepubliseer is.
Iets vir jou ge-epos.

Ambessa
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Silent Partners-Rob H White

Post by Freddie101 »

Oom Am
Is dit moontlik dat oom die epos vir my ook stuur.
Freddie
yol bolsun
Post Reply