Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
daai ou het goed gerecover van daai een ef!! maar ek weet nie of daardie ferrel pig so bedonderd is soos n bosvark nie. ek het al bosvarke sien storm en as daardie n bosvark was sou daai knaap gek@k het!
nico
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
Nie te sleg nie. Oom Ambessa, hy sou definitief 10 pond meer adrenalien in die broek gehad het as dit 'n regte modderbok was.
Ek het eendag saam met honde bosvarke gejag. Die honde het 'n vark in die mielies vasgekeer nadat hulle hom baie kilometers gejaag het. Ek het met die .303 ingegaan. Dit was scary. Die mielie was dig (75 cm rye teen 70 000 plante per ha) en 'n vark wat 2m van my af brom en al in die ronte beweeg.
Ek kon net redelik sien as ek baie laag gekyk het (daar was minder blare aan die mielies se onderkante). Die volgende oomblik druk daai vark sy snoet tussen die mielie rye deur, 'n half meter van my af, oppad om my te eet. Ek het 'n m@&rse gil gegee, in die lug ingespring en laat lees na die vark se kant toe. Gelukkig tref ek hom toe op die rug tussen sy skouerblaaie.
Dat ek nie senuwees in die broek gehad het nie is 'n wonderwerk. Ek het wel gebewe soos 'n mens wat sy h@l met 'n giftige haasvel afgevee het.
Foxcreek.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.