Ludwig en manne wat wil verder skiet:
Moet ons nie hierdie ding eers op papier beginne doen nie.
Ons kom bymekaar die manne wat verder wil skiet en speel bietjie met die roere en punt en koele ne teikens en ghonge op hierdie verder afstande?
ek stel ook belang om bietjie te leer by manne wat kan
Jacques Botha
Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand
Shoot straight and tell the truth!
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand
Ek sal ophou jag as die volgende twee goed gebeur:Dimitri wrote: Baie interesant Ludwig.
Daai stats wys dat 57% van die langafstandskiet manne nooit n' bok verder as 365m geskiet het. Ek val ook in daardie kategorie in - my langste skoot was so 280m.
Ek het ongelukkig tot dusver bokkoors net een keer in my lewe gehad - toe ek so 8 of 9 jaar oud was! Van toe af - niks. Iewers het ek gelees van n' ou jagter wat gese het dat die bokkoors wat hy weer gekry het bewys was dat hy nog passie? (passion) vir jag het. Dit pla my nogal dat ek nie weer bokkoors gekry het vandat ek jonk was want jag en die natuur is my lewe - my vriende se ek is jag mal en my vrou noem my n' "hunting activist" want ek laat nie n' geleentheid verby gaan om jag te verdedig al like wie ook al dit nie. Elke keer wat ek n' nuwe spesie jag dan bou die opgewondenheid vir maande voor die jag. As ek op die plaas kom is ek oortuig dat ek b/koors die keer gaan kry en dan gebeur daar weer niks.Die naaste wat ek daaran gekom het was dalk toe ek so bietjie gesukkel het om my boog te span op n' rooibok wat ek ge walk en stalk het en 15m van my af gestaan het. Ek het op die tweede poging die boog gespan gekry maar die bok het my gesien en nie rondgestaan om te probeer uitwerk wat maak ek. Regtig, ek sal so graag daardie gevoel weer wil voel wat ek 33 jaar laas gevoel het!
1. Ek nie meer bokkoors kry nie;
2. Ek nie meer bietjie hartseer is as ek by die bok sit nie.
Aim small, miss small
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand
Hallo Manne
Ek het hierdie jaar bokkoors vir die eerste keer in seker dertig jaar gekry! Gedag daars hy nou koebaai ou mooie wereld! Ek dink toe by myself dat ek nie eers n pyn in my linkerarm gevoel het nie en ook nie sooibrand eers gekry het nie! Darem gedink dit is nogal heel van pas dat dit hier in my geliefde jagveld moet gebeur! En dit op n rooibokram op vyftig meter!
Groetnis
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Dimitri
- Hero Member

- Posts: 1015
- Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Re: Poll: Langafstand jag - algemene mening oor die afstand
Wouter, dit gee my moed dat jy weer na solank dit gekry het! Dit sal seker nog weer met my gebeur.
Eugene, ek is bevooreg om op n' paar plaase aleen te kan jag. Dan sit ek gereeld aleen vir n' hele ruk saam met die dier wat ek sopas geskiet het. Ek se dankie aan ons Vader en soms se ek dankie ook aan die dier. Ek vryf die dier se vel en bewonder hom. Ek voel trots. Ek voel bevooreg. Ek voel humble. Ek voel ook die hartseer.
Maar ek sal nooit ophou jag. Ek sal maar uitsien na wanneer die koors my onverwags weer sal vang. En ek glo ek sal dit vreeslik geniet al kos dit my die trofee van n' leeftyd.