Wat 'n vooreg om weereens in die veld te kon wees die naweek en dan nog vir my ander helfte haar eertse bok te mag soek. Moet s? ek het gewonder hoe dit gaan afloop om net te moet kyk en nie self 'n skootjie te probeer inkry nie
Ons het teen die Vaalrivier buite Wesselsbron gaan jag by Zestro. Dit is 'n vriend van my se besigheids koneksie en ek moet s? alles het super glad verloop. Een van die mooiste kampe wat ek nog in was en tog nog basies genoeg dat dit nie soos 'n Hotel voel nie
Dis een van die min plase wat jou absoluut geen adisionele fooi, anders as jou bokke, vra nie. Nie jagters betaal R300 per dag. Ek dink dis 'n goeie voorbeeld om te volg
[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... 2888_n.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... 7572_n.jpg[/img]
In die somer gaan ons bietjie terugkeer vir hengel, kamp en boot ry op die prag stukkie water
[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... 2536_n.jpg[/img]
Ons het saam met drie van ons vriende groepe gaan jag en die plan was dat al die dames hulle eerste bokke sou skiet. Op die plaas aangekom, en na die skietbaan sessie, is dit toe net my ander helfte wat lyk of sy gaan deurtrek. Die plan was dat sy sou begin met 'n mooi Rooibok rammetjie en as sy teen dag drie nog iets sou wou jag sal dit 'n Varkie wees. Die Rooibokke was taamlik moeilik en toe die ou man voor ons instap het ek mamma gevra of sy nie haar Rooibok en varkie sou wou inruil op die gemmie nie. Die skoot was aan en die skut gretig. Na omtrent vyf minute se wag vir hom om ons 'n skoon skoot te gee, het mamma se hart bietjie begin klop en het sy mooi met hom gepraat
[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... 4840_n.jpg[/img]
Alles het mooi geloop en die uiteinde is 'n Facebook opskrif van 'n nuwe foto album wat lui "Die begin van my man se finansi?le ondergang"
Wat 'n vooreg is dit nie, ek hoop dat daar nog baie dae vir ons saam in die veld voorl?. Dankie aan Oom Boet en Stefan vir 'n besonderse naweek
Mooiloop
Marc
PS Julle Jak jagters sal baljaar hier, dis 'n plek om rekords te gaan opstel. Die goed is vervuil daar en ons het self helder oor dag een kon aantre?


