Mamma se intrede tot ons wonderlike w?reld

Post Reply
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Mamma se intrede tot ons wonderlike w?reld

Post by Marc »

Dags?

Wat 'n vooreg om weereens in die veld te kon wees die naweek en dan nog vir my ander helfte haar eertse bok te mag soek. Moet s? ek het gewonder hoe dit gaan afloop om net te moet kyk en nie self 'n skootjie te probeer inkry nie  :-\  Nou dat ons terug is by die huis is ek bitter bly ek het nie self gejag nie en is die herrineringe net nog soeter. Ek hoop die liewe Vader het nog vele vir ons in sy sak, want wraggies ek glo dinge het verander na die naweek  ;D

Ons het teen die Vaalrivier buite Wesselsbron gaan jag by Zestro. Dit is 'n vriend van my se besigheids koneksie en ek moet s? alles het super glad verloop. Een van die mooiste kampe wat ek nog in was en tog nog basies genoeg dat dit nie soos 'n Hotel voel nie  ;) Die huis slaap tien, maar daar is nog huisies en heelwat meer kan daar aanbly. Daar is selfs 'n paintball baan vir spanbou geleenthede aangebring. Wild is vollop en daar is self Swartwitpense, Lechwe, Kameelperd, en ander eksotiese wild.

Dis een van die min plase wat jou absoluut geen adisionele fooi, anders as jou bokke, vra nie. Nie jagters betaal R300 per dag. Ek dink dis 'n goeie voorbeeld om te volg  ;)

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... 2888_n.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... 7572_n.jpg[/img]

In die somer gaan ons bietjie terugkeer vir hengel, kamp en boot ry op die prag stukkie water  :D

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... 2536_n.jpg[/img]

Ons het saam met drie van ons vriende groepe gaan jag en die plan was dat al die dames hulle eerste bokke sou skiet. Op die plaas aangekom, en na die skietbaan sessie, is dit toe net my ander helfte wat lyk of sy gaan deurtrek. Die plan was dat sy sou begin met 'n mooi Rooibok rammetjie en as sy teen dag drie nog iets sou wou jag sal dit 'n Varkie wees. Die Rooibokke was taamlik moeilik en toe die ou man voor ons instap het ek mamma gevra of sy nie haar Rooibok en varkie sou wou inruil op die gemmie nie. Die skoot was aan en die skut gretig. Na omtrent vyf minute se wag vir hom om ons 'n skoon skoot te gee, het mamma se hart bietjie begin klop en het sy mooi met hom gepraat  ;D

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... 4840_n.jpg[/img]

Alles het mooi geloop en die uiteinde is 'n Facebook opskrif van 'n nuwe foto album wat lui "Die begin van my man se finansi?le ondergang"  ;D ;D ;D ;D Ander wild wat gejag was is Eland, Rooibok en varke.

Wat 'n vooreg is dit nie, ek hoop dat daar nog baie dae vir ons saam in die veld voorl?. Dankie aan Oom Boet en Stefan vir 'n besonderse naweek  8)

Mooiloop
Marc

PS Julle Jak jagters sal baljaar hier, dis 'n plek om rekords te gaan opstel. Die goed is vervuil daar en ons het self helder oor dag een kon aantre?  ;)  Daar het blykbaar al 'n man kom roep daar en die het sommer 18 geklits in een aand.
Last edited by Marc on Tue Jul 31, 2012 11:43 am, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
JuanPaul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am

Re: Mamma se intrede tot ons wonderlike w?reld

Post by JuanPaul »

Marc,

Baie geluk aan mamma met `n mooi Gemsbok! en dit lyk na `n ware paradys om te kan gaan jag sowel as om net vir `n naweek te kan ontspan.

Groete
Juan
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Mamma se intrede tot ons wonderlike w?reld

Post by Vlakvark »

Mooi Marc Geluk aan ma. Nou het jy 'n probleem "GELD"GELD"GELD"Nou kos alles dubbel Sorg net dat sy minder as jy drink dan behoort jy dit nog te maak ;D ;D
Image
Image
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Mamma se intrede tot ons wonderlike w?reld

Post by FHM »

Daarsy ou Marc, baie geluk aan vroulief en respek ou pel dat jy vir ma laat jag het en nie self agter die sneller ingeklim het nie - ons weet hoe groot was die versoeking... ;D

Jy sal solank moet begroot vir ma se geweer einde van die jaar ..... ;)
Last edited by FHM on Tue Jul 31, 2012 12:10 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Mamma se intrede tot ons wonderlike w?reld

Post by Marc »

Ja nee, sy sal moet begin bydrae  ;D ;D ;D ;D

Gelukkig is die moon en die honey nog daar, so pappa gee nie om nie  8)

FHM

Daai is reeds haar roertjie wat daar l?, dis 'n 243 in Musgrave. Hou die spasie dop want sy Boyds kolf ens l? in die kas en wag. Die naweek was net te vinnig op ons, nou is daar tyd om die ombouings deeglik te doen  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Mamma se intrede tot ons wonderlike w?reld

Post by Eugene »

Baie geluk! ;D ;D ;D

Dit lyk regtig pragtig daar!

Veral as 'n man nou 'n lyntjie ook kan natmaak, in die winter is dit mos net die grootes wat byt!

Groete
Aim small, miss small
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Mamma se intrede tot ons wonderlike w?reld

Post by FHM »

Marc wrote: Ja nee, sy sal moet begin bydrae  ;D ;D ;D ;D

Gelukkig is die moon en die honey nog daar, so pappa gee nie om nie  8)

FHM

Daai is reeds haar roertjie wat daar l?, dis 'n 243 in Musgrave. Hou die spasie dop want sy Boyds kolf ens l? in die kas en wag. Die naweek was net te vinnig op ons, nou is daar tyd om die ombouings deeglik te doen  ;)
[/quote] Gelukkig is die moon en die honey nog daar, so pappa gee nie om nie  8)
Jou ou vlakvark...ons het geweet hier steek iets agter die vrygewigheid, moennie vir n oomblik dink ons het anders gedink nie... jou ou vuil uil!!!  ;)

[/quote] Hou die spasie dop want sy Boyds kolf ens l? in die kas en wag. Die naweek was net te vinnig op ons, nou is daar tyd om die ombouings deeglik te doen   ;)
Nee ons is trots op jou man. Dis darem waaragtig so na n man se hart as jou beter helfte hou waarvan jy hou. Geniet dit ou pel ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5030
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Mamma se intrede tot ons wonderlike w?reld

Post by Frederik »

Baie geluk mooi gedoen.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Mamma se intrede tot ons wonderlike w?reld

Post by Carl »

Geluk Marc! Jy was seker die pee-h. Dit lyk na 'n lekker plek vir geelvis op die vlieg ook.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Mamma se intrede tot ons wonderlike w?reld

Post by Marc »

Hehehehee ja Carls  ;D ;D ;D ;D ;D

Ek is oortuig daar swem paar mooi blink lywe onder daai opervlak rond  ;)  Die water is baie mooi helder  8)

Julle visser manne moet dophou, ek sal verseker as dit bietjie warmer is 'n naweek daar moet gaan deurmaak en my vuurstokke inruil vir my papstokke  8)

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
vergund
Full Member
Full Member
Posts: 174
Joined: Wed Aug 08, 2012 7:09 am

Re: Mamma se intrede tot ons wonderlike w?reld

Post by vergund »

Marc jy en jou beter helfde moet Heilbron se naam hoog hou !!!!

Groete
Gert Terblanche
.303 br no4 mk 2
.22 cbc
270 Sako
300 WM Tikka
357 Mag Ruger GP100
9mmP Ruger P85
Herman Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 645
Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm

Re: Mamma se intrede tot ons wonderlike w?reld

Post by Herman Venter »

Baie geluk aan vroulief! Ek het my meisie ook nou al so ver gekry dat sy graag n bokkie wil skiet, hoop maar daar kom 'n geleentheid een of ander tyd!

Nou gaan dit lekker raak!

Groete
Herman
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243

REFUSE TO FOLLOW
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Mamma se intrede tot ons wonderlike w?reld

Post by Marc »

vergund wrote: Marc jy en jou beter helfde moet Heilbron se naam hoog hou !!!!

Groete
Gert Terblanche
Hey Gert

Baie welkom man, ek probeer my bes  ;D

Herman

Ja nee, nou gaan die wiele rol  8)

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Mamma se intrede tot ons wonderlike w?reld

Post by Christo »

Marc, komplimente aan julle albei.

Nou soek ek net die resep, karring al lankal aan my helfte maar sy gaan al saam tot daar waar ons moet stalk, dan bly sy.

Sy het vandag weer BWB blad tjops gebak wat mens laat wonder hoekom jag ons so min.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Mamma se intrede tot ons wonderlike w?reld

Post by visstok »

Marc, baie geluk met jul lekker jagtog. Maar eks nou sommer kwaad vir julle, ek werk vir Oom Boeta by die meule 8km weg van waar julle gejag het! Jyt nie eers kom bladskud nie! Daar is vrek baie jakkalse! Maar hulle is net so vrek slim ook! Ek het so 4weke terug daar gaan roep maar kon net 2 skiet, een in wildskamp en een tussen mielie lande lanks wildskamp. Daar roep baie ouens wat baie onkundig ook is, die bestuurder van die hoender hokke wat saam my was, het vertel van n ou wat n week voor my daar gaan roep het, sit sy roeper uit en speel al sy klanke deur dan skuif hy na volgende plek! Oom Boeta het nou Swartwitpens kallers verloor met daai jakkalse. Ek moet reeds die week met Oom Boeta gaan praat oor daai klomp rooihonne, hulle word net meer en slimmer en ons gaan nou n groot poging aanwend om hulle getalle bietjie aftebring!

Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Mamma se intrede tot ons wonderlike w?reld

Post by Marc »

Dankie Christo, jong dink dit het maar so met al die bloodstelling saam gekom. Hou haar net aan saam nooi en por bietjie meer aan, dalk wen jy, mens moet ook maar aanvaar almal is nie dieslefde gebou nie  ;)

Alex

Wat vertel jy my nou, ek gaan verseker weer daar draai en dan sal ek by jou omkom. Ons was nogals die Sondag daar by die hokke gewees om ons vleisies te gaan optel by die koelkamer.

Daai jakke is daar is bedrywig, hulle loop al van net voor sononder openlik rond  >:( Natuurlik as ons sundowners vat en die roere l? innie kamp  >:(

Ek en Heindrich, die ou van Packworks wat ons soontoe gevat het, het hoeka ook al met Oom Boeta gepraat oor die jakke wat so baljaar daar. Het Saterdag verneem die  goed roer so onder sy Swartwitpense. As jy gaan probeer die painball baan agter die kamp, dis bitter bedrywig daar van laat lig tot so twaalfuur innie nag, dan ook in die omgewing waar die ou brug is/by die skietbaan. Ons sal mekaar nog eendag daar raakloop  ;)

Hoop jul;le kry paar van daai Rooihonne uitgesort  8)

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Mamma se intrede tot ons wonderlike w?reld

Post by visstok »

Marc, die meule is hier by die honderhokke. Maar ek was die naweek op nagskof. As jy n roeper aansit in daai wildskamp begin daai jakkalse skree en jy hoor sommer soos hul weghol! Ek wil hulle vir so 3 maande doodstil uitlos voor ek gaan roep in die aand. Intussen wil ek teelgatte soek en hul dalk so dood, ek het ook n paar dagroepe ingedagte. Ek het nog net eenkeur daar gaan roep, was nog nie in die dag in die wildskamp nie. Gaan maar ordentlik grondwerk moet gaan doen, maar daai jakkalse gaan gerol word! Julle moet laat weet as julle weer diekant toe kom!

Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Mamma se intrede tot ons wonderlike w?reld

Post by visstok »

Marc, Stefan het my nou n foto van daai eland bul gewys, regtig n mooi bul gewees! Hy se hy het dit baie saam hulle geniet!

Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Mamma se intrede tot ons wonderlike w?reld

Post by Marc »

Maak so, ons jag hulle met lig en rondry, soos in die goeie ou dae. Dalk hoekom ons hulle so maklik kon raakloop. Miskien moet jy iets anders daar probeer  ??? of beste is dalk om hulle te los vir so paar maande en dan vas te trap. Oom Boeta gaan net ander ouens ook daar moet uithou.

S? hallo vir Stefan, dink ons het hom die verkeerde indruk gegee, die girls het hom mal gehad binne 30 min  ;D ;D ;D ;D ;D S? tog vir hom ons is eintlik ordentlikke mense  ;D ;D ;D ;D ;D

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Mamma se intrede tot ons wonderlike w?reld

Post by Marc »

Naands?

Hier is die foto van die "joker" soos belowe. Dis 'n koei wat daar by Zestro loop, jammer oor die swak kwaliteit, ek moes v?r zoom en het nie 'n rus gehad nie  :-\

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP0058.jpg[/img]

Hoeveel skat julle meet daai horings  ??? Dis 'n vrats maar tog heel aantreklik  8) Dink daar's duime op daai horings  8)

Hier is 'n foto van die mooi jong bul wat uit die dieslefde trop geskiet is.

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP0081.jpg[/img]

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Post Reply