Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post Reply
User avatar
jacojrdn
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 313
Joined: Sun Nov 27, 2011 1:31 pm

Re: Uit die jagter se mond -

Post by jacojrdn »

Marc wrote:
Pierre - BRNO .30-06 wrote:
Vlakvark wrote: Pierre
Hoekom het Barnes 'n probleem met TPL wat nie in Magasyn pas nie
Vra sommer vir Marc. Hy is maar een voorbeeld van baie waar die ideale TPL nie in die magasyn pas nie. Dit is een van die onderwerpe wat al meenigmaal hier bespreek is, vernam in die Barns TSX onderwerp.

Skuus Vlakvark. Dit is nou die ideale TPL, en nie die aangepaste TPL sodat die patroon kan werk nie.
Dankie Pierre  ;)

Oom Gerard

Die TTSX punte van Barnes meet 'n TPL van 88.8mm maar die magasyn laat net 86.0mm toe  ;)  Al dus, as ek die magasyn wil gebruik moet ek 'n jump van 2.8mm gebruik. Of ek wil of nie  :'(  Wat ek nou gaan toets is 'n .3 jump want die akuraatheid met daai 2.8mm jump is nie wat wonders nie. Probleem is net dat ek dan van my jag geweer 'n skyfskiet geweer gaan maak, want hy kan net een skoot op 'n slag skiet  :-\

Mooiloop
Marc
Marc

Ek het die 168 gr in plaas van die 165 gr Barnes TTSX in my Brno . 300 Win mag gebruik. Volgens Barnes is die Koeel vir die 3006 gemaak omdat die vorm van die orgief anders is en jy dan nader aan die lands is met  die selfde TPL. My Brno se lands was maar moeilik om te bereik met n TPL wat in die magesyn kas pas. Ek was baie tevrede met die koeel.

Ek het intussen die Brno verkoop en n ander .300 gekoop wat my nie toelaat om die 168 gr koeels te laai sonder om hulle te ver in die dop in te sit nie. Ek het dus oorgeskakel na die 140 Gr GS custom's (1-11 Twist). Die 200 gr GS customs is ook my .375 se kos en as die skoot klap weet jy die koeel sal sy werk doen.

As jy belang stel om die 168gr Barnes TTSX te probeer, kontak my, ek het nog 150 van hulle. Ek het ook nog so paar 168 gr TSX wat volgens Barnes die selfde impak punt met die selfde lading het, hulle het net nie die blou puntjie nie.

Lekker dag.

Jaco
S410 Air arms,.22 Anchutz,.22 Remington,.243 Win Musgrave,.303 Brit,Blaser R8 .223 Rem,R8 .300 Win Mag, 
R8 .375 H&H Mag, Tikka T3X CTR 6.5 Creed, CZ Rami 9mm.22 Beretta,9mm Walther P38,.44 mag 7.5 SS Ruger SBH ,S&W XVR 460,12 boor pomp.
bex
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by bex »

Ek het hierdie jaar 5 springbok, 1 Nyala en 1 bosbok met GSC koels geskiet en ek sal maar swaar weer iets anders gebruik.
Vleis skade was minder as met die konvensionele koels en penetrasie meer betroubaar.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Wouter Roets »

Hallo Oom Gerard

Hierdie woorde van Oom

"Dit sal jou die beste kans gee as jy iets sou raakskiet voor die dier en ook so naby moontlik reguit penetrasie in die teiken gee."

Ek sien ons begin weer hier met n ou ding. Dis regtig nie my bedoeling om weer n helse argument hieroor te begin  maar is dit nou regtig n konsep wat ons vir elke onervare jagter wil oordra? Sien selfs gesoute manne soos Andre van Dyk verkondig hierdie onwaarheid! Ons laaste gesprek hieroor was geensins oortuigend dat GS Custom wel vrygespreek was van die invloed oor voorwerpe wat getref word op pad na die teiken nie. Is daar dalk nuwe bewyse dat dit wel so is? Indien wel sal ons almal daarby kan baat.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by BLOK »

Oom Gerard

Hoe ver is die ontwikkeling met daai 204 kopers. Sal hulle graag wil toets en ook ietsie hier kom skryf.

Mooiloop
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by DWB »

Wouter Roets wrote: "Dit sal jou die beste kans gee as jy iets sou raakskiet voor die dier en ook so naby moontlik reguit penetrasie in die teiken gee."

Ek sien ons begin weer hier met n ou ding. Dis regtig nie my bedoeling om weer n helse argument hieroor te begin  maar is dit nou
Wouter, Oom Gerard het eintlik hier na die 9.3 se vermoens verwys.

Daai kaliber penetreer reguit deur 'n boom en dan gaan hy nog waar hy behoort en dan doen hy sy werk!

Ek s? jou! Daai ding kan!!!  ;D ;D ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Wouter Roets »

Deon

Presies waarop Andre van Dyk ook geisinueer het in sy artikel waar hy n 9,3 gebruik het. Die 9,3 bende laat my dink aan daai advertensie van Volkswagen met die man in die Polo wat so gejaag het om voor die padroller wat uit beheer op n afdraend geraak het te kom en toe gaan stop en hom inwag. Die punchline was mos gewees "Because you think you can!" ;D

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by kopskoot »

Wouter Roets wrote: Deon

Maar oom bakhand moes dit skryf,want daai ouens het hom darem 'n bok laat skiet!  ;D
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by DWB »

Hehehehe,

Waar is die artikel dat ek hom kan gaan lees!!!!????

Waar in jou lewe het jy nou al so klomp op afgekom wat so passievol oor 'n kaliber is.

Iewers moet iets seker reg loop  ;D ;D ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by kopskoot »

DWB wrote: Hehehehe,

Waar is die artikel dat ek hom kan gaan lees!!!!????

Waar in jou lewe het jy nou al so klomp op afgekom wat so passievol oor 'n kaliber is.

Iewers moet iets seker reg loop  ;D ;D ;D
Land Rover eienaars is netso. Hulle suffer saam! ;D ;D ;D ;D
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by DWB »

McFlurry, ek bedoel McDonalds, aggg Ronald  ;D

Nee jong, sukkel is nie een van my gunsteling goed om te doen nie  ;D

My Swaer het 'n LandRover (Hy ry hom nie, want die ding staan net), so ek het simpatie vir sulke mense  ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Flip Nel »

Niks verkeerd om vertroue in jou kaliber te h? nie, erens moet die kaliber iets regdoen om sulke lojalityd te verdien. Dalk oor hy homself al die laaste 100 jaar bewys het
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Vlakvark »

Flip
Ek sien niks oor die vertroue in 'n kaliber nie dis die KOEEL broer die KOEEL
Last edited by Vlakvark on Thu Sep 06, 2012 1:23 pm, edited 1 time in total.
Image
Image
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Carl »

Vlakvark wrote: Flip
Ek sien niks oor die vertroue in 'n iber nie dis die KOEEL broer die KOEEL
Vlakkie Freudian slip of ernstig  ;)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Vlakvark »

Carls dankie reg gemaak dis 'n mooi kaliber ek wou self een gekoop het maar toe val daar 'n .300WM oor my pad wat ek moes vat maar ek gaan nog my 9.3x62 koop niks fout met hom nie
Image
Image
User avatar
jacojrdn
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 313
Joined: Sun Nov 27, 2011 1:31 pm

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by jacojrdn »

Vlakvark

So gepraat van n nuwe .300 WM. Hoe vind jy daai MO3?

Jaco
S410 Air arms,.22 Anchutz,.22 Remington,.243 Win Musgrave,.303 Brit,Blaser R8 .223 Rem,R8 .300 Win Mag, 
R8 .375 H&H Mag, Tikka T3X CTR 6.5 Creed, CZ Rami 9mm.22 Beretta,9mm Walther P38,.44 mag 7.5 SS Ruger SBH ,S&W XVR 460,12 boor pomp.
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Vlakvark »

Mooi baie mooi

Bietjie swaar in die veld om te dra  ;) Het hom laas naweek uit veld toe gehad maar niks geskiet nie
Op die baan was hy 'n droom ,met nuwe doppe en 150 TTSX onder 1" met drie wat sny eks baie tevrede  8)

Sal laat weet as ek iets skiet
Image
Image
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Uit die jagter se mond -

Post by Marc »

jacojrdn wrote: Marc

Ek het die 168 gr in plaas van die 165 gr Barnes TTSX in my Brno . 300 Win mag gebruik. Volgens Barnes is die Koeel vir die 3006 gemaak omdat die vorm van die orgief anders is en jy dan nader aan die lands is met  die selfde TPL. My Brno se lands was maar moeilik om te bereik met n TPL wat in die magesyn kas pas. Ek was baie tevrede met die koeel.

Ek het intussen die Brno verkoop en n ander .300 gekoop wat my nie toelaat om die 168 gr koeels te laai sonder om hulle te ver in die dop in te sit nie. Ek het dus oorgeskakel na die 140 Gr GS custom's (1-11 Twist). Die 200 gr GS customs is ook my .375 se kos en as die skoot klap weet jy die koeel sal sy werk doen.

As jy belang stel om die 168gr Barnes TTSX te probeer, kontak my, ek het nog 150 van hulle. Ek het ook nog so paar 168 gr TSX wat volgens Barnes die selfde impak punt met die selfde lading het, hulle het net nie die blou puntjie nie.

Lekker dag.

Jaco
Dankie Jaco

Jammer ek sien die nou eers, dinge is bietjie dol die kant. Eerlik dink ek ek gaan eers die 200 Interbonds wat ek oor het klaar maak voor ek weer 'n ander fabrikaat aandurf. Ek het SP's vir die .338 gekry danksy Koos en as ek my kop kan skoonkry en bietjie stilsit sal ek kyk wat hulle maak. As ek hou van wat ek sien sal ek heel moontlik HV's kry vir 30kwes  ;D

Dankie vir die aanbod, ek mag hom dalk gebruik  8)

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Petrie303
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:38 pm

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Petrie303 »

Dagse,

Ek het die 140gr HV van GSC gebryk op 303 EPPS (OP P14) teen 2950ft/sec en was baie tevrede met hulle gewees! Het paar vlakvarke en rooibokke daarmee geskiet en moet se die vleis skade was baie min al het mens so nou en dan been getref....(Nooit n punt/koel herwin nie.....). Toe juk ma g@t en koop vir my Barnes 150gr TSX en begin daarmee jag, baie goeie punt/koel ma die vleis skade is defnetief meer as GSC. Ek het so 20 rontes oor wat gelaai is vir my P14 en gan dan terug gan na GSC....

Ek is in die proses om my vir my .303 EPPS P14 'n nuwe loop op te sit (26duim, 19mm op kroon), dink dan daai GSC 140gr HV gan dan sommer mooi loop!! Wonder net watse spoed kan ek dan verwag, dink die geweer sal dan sommer 'n lekker "vlakte geweer" wees!!!!

Gan ma die res van die Barnes 150gr op my Lee Enfield EPPS gebryk vir die bos (gebryk tans 180gr sierra pro hunter). Spoed gan minder wees (Kan hom nie so "hot" laai soos P14 nie)

Groete,
Petrie
" The more you practice the luckier you get "
"A fool with a tool stays a fool"
"Dit is die paar duim agter jou scope wat saak maak"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Wouter Roets »

Petrie

Dankie vir die terugvoering. Dis die eerste keer dat imand wat beide koeels gebruik het met n sinvolle vergelyking terug kom. Baie interessant die feit dat jy waargeneem het vleisskade is minder met die GS Custom. Dit se regtig baie.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Boesman »

Ja wraggies, dis goed om 'n slag 'n direkte vergelyking op ons site te kry.

Petrie, weet jy wat was die spoed van die 150gr Barnes wat jy geskiet het?
User avatar
Petrie303
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:38 pm

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Petrie303 »

Hi,

Het nie gemeet teen watter spoed die Barnes 150gr TSX gan nie... ma reken so om en by 2850ft/sec.....
Sal fanaand bietjie my lading gan kyk en dan kan mens ma QL kyk wat is die teoretiese spoed... Ek het nie 'n cronie nie om spoed te meet nie...
Daar is niks fout met die Barnes nie, vir my werk die HV GSC net beter....

Groete,
Petrie
" The more you practice the luckier you get "
"A fool with a tool stays a fool"
"Dit is die paar duim agter jou scope wat saak maak"
Gerard

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Gerard »

Wouter,
Die vorige keer toe Koos vertel het dat hy deur takkies geskiet het en steeds sy teiken getref het, het dit 'n groot aff?re ontketen.  Ons het dit laat gaan want die vlak van aanvalle was so hewig en beledigend dat ek vir Koos ges? het hy moet dit los.

Ek wil nou die ding opklaar en die wat nie wil saamstem met die feite nie, is welkom om hulle opinie te h?.

Koe?ls kan ontwerp word om 'n spesifieke gedrag te volg by impak.  GSC se doel is om oplossings te vind vir probleme wat jagters en ander skieters ervaar.  Een van die probleme wat jagters en ander skieters ervaar is dat die teiken soms skuil agter voorwerpe wat 'n probleem skep vir koe?ls wat nie ontwerp is om meer as een voorwerp of meduim te penetreer nie.

In die middel sestigerjare het die VSA weermag baie navorsing gedoen rondom hierdie onderwerp en gevind dat, vir die massas en vir die vervaardigingsmetodes wat met massaproduksie gepaard gaan, is die kool die sous nie werd nie. 

Sedert 1997 het ek heelwat werk gedoen in die verband omdat dit nou moontlik is om ontwerpe herhaalbaar en presies te doen.  Die resultaat is dat lini?re penetrasie binne 'n gejagte teiken 'n gegewe is.  Binne so 'n teiken ervaar die koe?l 'n groot verskeidenheid van media van vel, been, sagte weefsel, lug en vloeistof.  Reguit penetrasie in hierdie moeilike media is haalbaar en gebruikers van GSC produkte kan daarvan getuig.  Hoekom kan reguit penetrasie dan nie ervaar word wanneer 'n verskeidenheid van media iets voor die teiken insluit nie?

Voorbeelde:
1.  In 2000 het Tom Marsti die Lapua Sniper Kompetisie gewen met die kortste tyd en die hoogste telling.  Hy het 'n koe?l gebruik wat ek vir die Rheinmetall groep ontwerp het.  Sy groepering  op 800m was nie na wense nie maar darem op die skyf.  Met die tweede skoot op daardie afstand het sy spotter besef dat hy die skyf tref ten spyte van die feit dat hy deur 'n boom skiet wat bokant die siglyn was.
2.  Ek het dit op rekord dat 'n 300WM met 'n 160gr HV koe?l gebruik is om 'n olifant te stop op 15m.  Die persoon het uit selfverdediging geskiet en geslaag met 'n frontale breinskoot.  Hy het meer as een meter reguit penetrasie gekry deur vel, sponsbeen, holtes binne die kopbeen, die brein en daarna die agterkant van die skedel.
3.  'n Jagter het na 'n blouwildebees geskiet wat in die skaduwee onder 'n boom gestaan het.  Met die skoot het die bw etlike meters gehardloop en toe neergeslaan.  By ondersoek is gevind dat 'n dik tak getref is wat nie gesien kon word teen die agtergrond van die bw in die skaduwee nie.  Die koe?l het reguit penetrasie deur die tak gegee en die teiken op die regte plek getref.
4.  'n Jagter skiet 'n swart wildebees op 345m met 'n 40gr HV koe?l uit 'n 22-250.  Hy kry lini?re penetrasie soos wat hy vantevore ervaar het, ten spyte van die groot verskeidenheid van media wat die koe?l moes penetreer. http://gsgroup.co.za/attie.html
5.  In 'n TV program wat op skerpskutters en die werk wat hulle doen gefokus het, het 'n man ges? dat hy die GSC koe?l verkies omdat dit betroubaar reguit deur media skiet waaragter die teiken verskuil is.  Baie ander fabrikaat koe?ls kan dit nie doen nie.

Dus:  Indien ons 'n koe?l aanbeveel vir 'n sekere doel en s? dat 'n sekere terminale gedrag verwag kan word, is so 'n stelling gegrond in dit waarvoor die koe?l ontwerp is.  GSC raai nie oor wat gaan gebeur nie, ons weet.  Die wete is gegrond in die ontwerp van elke koe?l en terugvoering van kli?nte af, oor die laaste 12 jaar, wat bevestig dat ons ontwerpe doen wat ons van hulle vra.

Indien hierdie terminale gedrag nie met ander fabrikaat koe?ls moontlik is nie, vra ek met respek dat hulle probleme nie GSC sin gemaak word nie.  Manne wat GSC koe?ls gebruik en wat hierdie gedrag ervaar het, kan self vertel daarvan. 

Ek het geen begeerte om te verduidelik hoe die ontwerpe gedoen word nie.  Dit het my jare se tyd gekos met die werk wat daarin gegaan het en, as ander fabrikate dieselfde terminale gedrag wil h?, is hulle welkom om die tyd te spandeer en die navorsing te doen.

Die probleem van koe?ls wat draai voor of binne die teiken is opgelos.  GSC spesialiseer in die oplos van probleme rondom herlaai en skiet.  Volg ons riglyne.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Marc »

Dankie Oom

Nou voel ek ook sommer beter  8)

Gaan daai GS'e deur my LM stuur en kom s? wat ek van hulle dink oor 300 meter plus  8) Dalk ook sommer 'n wetpack of ietsie kry om op te skiet  ;)

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Vlakvark »

Gerard sal jy pa staan vir 'n gekweste bok wat agter takkies gestaan het toe die skoot klap, en die bok val nie. sal jy die rekeninkie betaal vir daai bok as hy nie gevind word nie  Ek het 'n foto van 'n GMX wat deur 6" tak is en nog steeds die Zebra laat val het Hornady beveel nie aan om deur takke te skiet nie. Maar dit gebeur.Koos het in die vorige vertelling die koeels van julle probeer bemark as die skiet deur enige tak boom wat ook al ,ek wil net weet of julle die rekening gaan betaal sonder stories van die koeel is nou te stadig gewees of die nuwe Sako se loop is nou oor groot of gebuig  of wat ookal. Ek het na daai storie van Koos gese ek sal nooit GSC skiet nie maar as jy pa staan vir daai mis en kwes skote deur die takke as my spoed en alles nou reg is.Dan sal ek graag so pakkie of twee wil he .
Image
Image
Gerard

Re: Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls

Post by Gerard »

Vlakvark: Ek het na daai storie van Koos gese ek sal nooit GSC skiet nie
Gerard: Ek wil nou die ding opklaar en die wat nie wil saamstem met die feite nie, is welkom om hulle opinie te h?.
Post Reply