Wouter,
Die vorige keer toe Koos vertel het dat hy deur takkies geskiet het en steeds sy teiken getref het, het dit 'n groot aff?re ontketen. Ons het dit laat gaan want die vlak van aanvalle was so hewig en beledigend dat ek vir Koos ges? het hy moet dit los.
Ek wil nou die ding opklaar en die wat nie wil saamstem met die feite nie, is welkom om hulle opinie te h?.
Koe?ls kan ontwerp word om 'n spesifieke gedrag te volg by impak. GSC se doel is om oplossings te vind vir probleme wat jagters en ander skieters ervaar. Een van die probleme wat jagters en ander skieters ervaar is dat die teiken soms skuil agter voorwerpe wat 'n probleem skep vir koe?ls wat nie ontwerp is om meer as een voorwerp of meduim te penetreer nie.
In die middel sestigerjare het die VSA weermag baie navorsing gedoen rondom hierdie onderwerp en gevind dat, vir die massas en vir die vervaardigingsmetodes wat met massaproduksie gepaard gaan, is die kool die sous nie werd nie.
Sedert 1997 het ek heelwat werk gedoen in die verband omdat dit nou moontlik is om ontwerpe herhaalbaar en presies te doen. Die resultaat is dat lini?re penetrasie binne 'n gejagte teiken 'n gegewe is. Binne so 'n teiken ervaar die koe?l 'n groot verskeidenheid van media van vel, been, sagte weefsel, lug en vloeistof. Reguit penetrasie in hierdie moeilike media is haalbaar en gebruikers van GSC produkte kan daarvan getuig. Hoekom kan reguit penetrasie dan nie ervaar word wanneer 'n verskeidenheid van media iets voor die teiken insluit nie?
Voorbeelde:
1. In 2000 het Tom Marsti die Lapua Sniper Kompetisie gewen met die kortste tyd en die hoogste telling. Hy het 'n koe?l gebruik wat ek vir die Rheinmetall groep ontwerp het. Sy groepering op 800m was nie na wense nie maar darem op die skyf. Met die tweede skoot op daardie afstand het sy spotter besef dat hy die skyf tref ten spyte van die feit dat hy deur 'n boom skiet wat bokant die siglyn was.
2. Ek het dit op rekord dat 'n 300WM met 'n 160gr HV koe?l gebruik is om 'n olifant te stop op 15m. Die persoon het uit selfverdediging geskiet en geslaag met 'n frontale breinskoot. Hy het meer as een meter reguit penetrasie gekry deur vel, sponsbeen, holtes binne die kopbeen, die brein en daarna die agterkant van die skedel.
3. 'n Jagter het na 'n blouwildebees geskiet wat in die skaduwee onder 'n boom gestaan het. Met die skoot het die bw etlike meters gehardloop en toe neergeslaan. By ondersoek is gevind dat 'n dik tak getref is wat nie gesien kon word teen die agtergrond van die bw in die skaduwee nie. Die koe?l het reguit penetrasie deur die tak gegee en die teiken op die regte plek getref.
4. 'n Jagter skiet 'n swart wildebees op 345m met 'n 40gr HV koe?l uit 'n 22-250. Hy kry lini?re penetrasie soos wat hy vantevore ervaar het, ten spyte van die groot verskeidenheid van media wat die koe?l moes penetreer.
http://gsgroup.co.za/attie.html
5. In 'n TV program wat op skerpskutters en die werk wat hulle doen gefokus het, het 'n man ges? dat hy die GSC koe?l verkies omdat dit betroubaar reguit deur media skiet waaragter die teiken verskuil is. Baie ander fabrikaat koe?ls kan dit nie doen nie.
Dus: Indien ons 'n koe?l aanbeveel vir 'n sekere doel en s? dat 'n sekere terminale gedrag verwag kan word, is so 'n stelling gegrond in dit waarvoor die koe?l ontwerp is. GSC raai nie oor wat gaan gebeur nie, ons weet. Die wete is gegrond in die ontwerp van elke koe?l en terugvoering van kli?nte af, oor die laaste 12 jaar, wat bevestig dat ons ontwerpe doen wat ons van hulle vra.
Indien hierdie terminale gedrag nie met ander fabrikaat koe?ls moontlik is nie, vra ek met respek dat hulle probleme nie GSC sin gemaak word nie. Manne wat GSC koe?ls gebruik en wat hierdie gedrag ervaar het, kan self vertel daarvan.
Ek het geen begeerte om te verduidelik hoe die ontwerpe gedoen word nie. Dit het my jare se tyd gekos met die werk wat daarin gegaan het en, as ander fabrikate dieselfde terminale gedrag wil h?, is hulle welkom om die tyd te spandeer en die navorsing te doen.
Die probleem van koe?ls wat draai voor of binne die teiken is opgelos. GSC spesialiseer in die oplos van probleme rondom herlaai en skiet. Volg ons riglyne.