Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Wat is julle opinie van die wapen asb. Die wapen het minder as 100 skote geskiet en le in die ou se kluis. Wat is sy waarde en wat moet ek hom offer? Dit is soos die polisie se wapens wat hulle mee uit gereik was so ruk terug. Niks ekstras nie en wat kan ek bysit as ek koop? Kompensator, polish ens.
Ek weet nie wat is hulle werd nie maar ek het een van 1983 af en is nie 'n dag spyt ek het hom gekoop nie .Sy prys nuut was R464 saam met 'n cleaning kit wat ek vandag nog gebruik. Persoonlik dink ek dit is een van die mooiste pistole (lyne)wat gemaak is .
grumpy wrote:
Wat is julle opinie van die wapen asb. Die wapen het minder as 100 skote geskiet en le in die ou se kluis. Wat is sy waarde en wat moet ek hom offer? Dit is soos die polisie se wapens wat hulle mee uit gereik was so ruk terug. Niks ekstras nie en wat kan ek bysit as ek koop? Kompensator, polish ens.
Dankie.
Grumpy
Wat se model is dit? 92f of 92. Ek het die 92 model in 1988 gekoop en skiet vandag nog met hom en hy is nog net so akkuraat soos dag een, en is ek nog net so gelukkig met hom as toe ek hom gekoop het.Ek dink ek het R1500.00 betaal.
Piet skiet
Soos jy seker kan aflei is ek n groot Beretta fan. Ek het n 92f en het nog net een storing gekry weens n foutiewe magasyn wat ek op die baan gebruik om 1 up te laai en vergeet om die magasyn te swop. Verder nog nooit nie wat ek sal voorstel is polish die feeding ramp dit help baie. Volgens my die beste pistool ooit behalwe Colt 45.
Beretta