Ek en Lourens het gister so vinnige toetsie gedoen daar by oom Piet Breedt...
338Lapua met n 300gr Berger Hybrid (BC van .818) teen 2550fps
Op 400m in nat telefoonboeke ingeskiet. 2x skote het die teiekn getref. Die eerste een op die kant van die wet-pack en net die helfte van die koeel het binne die pak gehardloop, die ander helfte buite en wonderbaarlik het die koeel reguit bly penetreer.
Eerste skoot se herwinde koeel
[img width=560 height=420]https://dl.dropbox.com/u/55333818/berger2.JPG[/img]
Tweede skoot se herwinde koeel. Presies in die middel van die wet-pack in.
[img width=560 height=420]https://dl.dropbox.com/u/55333818/berger1.JPG[/img]
Vir skaal....
[img width=560 height=420]https://dl.dropbox.com/u/55333818/berger3.JPG[/img]
Koeel 1 en koeel 2 het deur 12x nat telefoonboeke (op 400m
Wat vir my ook verstommend was was die feit dat die koeels so mooi gewig (en vorm, veral koeel 2) behou het. Ek dink teen hierdie impaksnelheid (slim programme se die koeel het op 400m getref teen 2106) sal hierdie berger nogal lekker werk op n bok op 400m ook? Of hoe praat ek dan nou?
Lourens gaan vir ons n verslaggie oor Barnes ook kom opsit in die wet-packs...
Lourens kom in Lourens kom in...

