Vleisprysse

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Vleisprysse

Post by Kruger »

Ja Chris, enige tyd, ek is altyd oop vir besigheid. Laat weet maar wat jy kan kry waarvoor jy nie lus is nie. Dalk het ek n mark dan deel ek met jou. Groete KL
Winners never quit - Quitters never win.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Vleisprysse

Post by Francois Marais »

Chris

Nam se pryse vi week 3 lyk so..........

PRODUSENTE KARKASPRYSE - WEEK 3 Periode 18/01/2010 TOT 22/01/2010
KLASSIFIKASIE 0 1 2 3 4 5 6
A-GRADE 22.50 28.00 29.00 29.00 29.00 19.50 19.50
AB-GRADE 18.50 20.50 22.50 22.50 20.50 18.50 18.50
B-GRADE 17.50 19.50 21.50 21.50 19.50 17.50 17.50
C-GRADE 16.50 18.50 20.50 20.50 18.50 16.50 16.50

SPESIFIKASIES SUPERLAM                             WOOLWORTHS
Gradering: A1 29.00                                       A1 & A2
Prys: A2 & A3 30.00                                       30.50
Koue karkasmassa:16.5 - 22.6 kg warm gewig 16.5 - 22.6 kg warm gewig
Bouvorm: 3+                                   3+
Karkas beskadiging:   Geen                         Geen

En sommer so bietjie statestiek van 2009...................


MAAND NAMCO/ BMP           FMM NNMP TOTAAL
MEATCO
JAN 23,672 20,936 21,287 9,914        75,809
FEB 20,527 17,284 15,390 13,356      66,557
MRT 28,233 24,711 21,660 14,178 88,782
APR 28,376 24,683 17,839 12,453 83,351
MEI 26,286 26,893 19,971 15,773 88,923
JUN 33,638 24,238 18,048 8,993         84,917
JUL 31,647 31,018 23,026 8,397  94,088
AUG 13,464 15,905 15,869 5,694         50,932
SEP 15,840 16,433 15,109 2,950         50,332
OKT 14,574 20,705 20,059 7,719         63,057
NOV 7,669         19,348 18,762 6,136         51,915
DES 24,737 26,249 22,438 11,200 84,624
268,663 268,403 229,458 116,763 883,287



Gemiddelde slaggewigte in WHK

Jan  15.6 kg
Feb  16.31 kg
Mrt    16.71 kg
April    16.92 kg
Mei    16.45 kg
Jun      16.19 kg
Jul      16.38 kg
Aug    16.2 kg
Sept    16.1 kg
Okt      16.04 kg
Nov      15.41 kg
Des      14.98 kg

Sorry as dit bietjie deurmekaar is, op die reply page lyk alles goed, ma dit post nie so heel leka nie, lyk dit my, glo dam julle sal kan uitmaak.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Vleisprysse

Post by britsman »

Freddie101 wrote: Chris en Kruger
Julle manne kan maar die pryse opsit. Ek lees dit en dan weet n man sommer of jou agent in die kol is
Freddie
                      STEM SAAM

                              ou brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Vleisprysse

Post by Louis102 »

Francois

Is daar nog 'n agterskot ter sprake as jy kontrak met Namco teken?  Die pryse lyk bietjie laag in vergelyking met Keetmans/BMP, weet nie of ek my verbeel nie?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Vleisprysse

Post by Francois Marais »

Louis

Ja da is, so tussen .35 en.50 sent. maar daar is ook voorwaardes, en kontrakte is 6mnde op n slag dink ek.

Ons kry dam ook n $14.oo per kop transport komissie by Namco, dit help dam ook.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Vleisprysse

Post by CHRIS »

Francois

Dit is baie interrissant (kan nie die woord spel nie)

Ek gaan Maandag PE se baai toe dan sal ek bietjie slaghuis prysse kyk. As julle soveel minder vir vleis kry is die verbruiker se prys dan ook laer as hier, julle wat nou hier was ??? ??? ???

Chris
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Vleisprysse

Post by Foxcreek »

Manne

Ons het 'n groterige slagpale op Estcourt. Ek weet hulle kry meeste van hulle skape van Duitswes. Dit kom in 'links' aan wat so 500 skape vat.

Prys wat die slagpale tussen Kersfees en Nuwejaar betaal het was R45-00. Volgende week se prys is R37-00. Dis nou vir lammers wat so 19-21 kg sal uitslag. Hulle pryse vit A/B en C grade was ook goed.

Foxcreek.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Vleisprysse

Post by Louis102 »

Foxcreek wrote: Prys wat die slagpale tussen Kersfees en Nuwejaar betaal het was R45-00. Volgende week se prys is R37-00. Dis nou vir lammers wat so 19-21 kg sal uitslag. Hulle pryse vit A/B en C grade was ook goed.
Die jakjagters kan maar hulle pryse opstoot daar in die Eskort omgewing.  Waardevolle diere wat julle daar beskerm.  Vind bietjie vir my uit as jy kan, Foxcreek, wie is die ouens wat met  Duitswes-"linkse" wat 500 kan vat, daar aankom.  Dalk kan van my lammers ook saamry teen sulke pryse.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Vleisprysse

Post by Francois Marais »

Louis

Wat prt jy, tussen my en jou sal ons dam n link of twee kan volmaak.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Vleisprysse

Post by Foxcreek »

Louis102

Ek sien die mannetjie van die slagpale Maandag, dan sal ek met hom vra en jou laat weet.

Hier is nie meer ouens wat uitsluitlik met skape boer nie. te veel twee been en vier been jakkalse. 90% van hulle lammers en skaap word "ingevoer".

Foxcreek.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Vleisprysse

Post by CHRIS »

Lammers A23 is die week 25-29 Jan 2010 R 36 vir dorper en R35 merino tipe  en ou ooie (C 123) is R28 dorper en R 27 merino tipe. ou ramme is R 22 en R 23.

groete Chris
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Vleisprysse

Post by Foxcreek »

Louis

Ek het daai mannetjie gaan sien wat skape en lammers uit Namibi? uit kry. Hy s? hy werk met 'n agent. Hy sal die agent se besonderhede vir my kry en aanstuur. Sodra ek iets kry stuur ek dit vir jou.

Ek kry net die gevoel dis alweer 'n geslote kring met 'n middelman wat als skep, en die boere kry peanuts!

Laat weet jou in elke geval sodra ek nuus het.

Foxcreek.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Vleisprysse

Post by CHRIS »

Foxcreek

Laat weet my ook miskein kan ons iets van hierdie kant probeer. Bietjie buite my vuurmaakplek maar ons skuif net die vuur, hoekom nie

Groete uit nat en groen  Middelburg.
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Vleisprysse

Post by Foxcreek »

Chris

EK wou laas jaar lammers en slagskape van die Noord-Oos Kaap hierheen bring, maar dit was nie vir my lonend nie, want die brandstofpryse was te hoog en ek kon net so 300 lammers/skape op 'n slag bymekaar maak. As ek 'n groter link wat 500 skaap kon vat in die hande kon kry en volmaak sou dit betaal het.
Onthou, die mannetjie by die slagpale betaal nie die vervoer nie. Wie ook al die skaap stuur moet die vervoer betaal.Die prus wat hy betaal is afgelwerde prys.
So as jy 'n link vol bymekaar kan kry en julle betaal die transport sal hy al julle lammers/ skape vat. Hulle betaal volgende week R38-50 tot R39-00 vir lammers afgelewer. En hulle werk met koue gewig. Lammers moet 2/3 en beter wees, nie te maer nie. A/B grade sal    R36-50, wees en B grade sal R34-50 haal. C grade sal R30-00 per kg, afgelewer en koue gewig.
So jy moet jou somme gaan maak en kyk of jy meer hier by my sal kry na die transport kostes.Laat weet my en dan vat ons die volgende stap.

Louis.
Ek het nie van jou vergeet nie.Die slagmannetjie het my vonoggend ingelig dat sy Namibi? man op die oomblik in Duitswes is. Sodra hy terugkom States toe sal hy sy kontakbesonderhede kry en dan sal ek dit vir jou gee en dan kan jy met die agent homself onderhandel. Ek verneem dat die grootste struikelblok om skape daarvandaan hierheen te bring, is om die uitvoerpermit te kry.

Manne, ek help graag waar ek kan. Ek sal enige iets om mede boere te help (alhoewel ek net 'n plaasbestuurder is wat graag op my eis wil boer), om meer vir hulle hardverdiende produk te kry. So ek hoop ons kan regkom op die een.

FOxcreek.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Vleisprysse

Post by britsman »

Foxie,
Foxcreek wrote: Manne, ek help graag waar ek kan. Ek sal enige iets om mede boere te help (alhoewel ek net 'n plaasbestuurder is wat graag op my eis wil boer), om meer vir hulle hardverdiende produk te kry. So ek hoop ons kan regkom op die een.
                        Met daarie "attitude" sal jy eendag  bo uitkom.
  Voorspoed.
                  ou brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Vleisprysse

Post by CHRIS »

Foxcreek

Skies was bietjie uitstedig. Ek dink die ou btl goeie prysse, maar jy moet ook onthou mens moet maar verhouding opbou met die ouens, as jy praat van koue gewig, weeg hulle die skape die volgende dag om koue gewig te kry of as hulle trokke laai, dit is amper algemeen dat warm gewig gevat word en 3% daarvan afgetrek word om koud te kry. As jy praat van beter vat die ou vetter bv 4 en 5 vir selfde prys?? ???
Transport is maar seker een van die grootste Faktore maar ek gaan verseker somme maak, en praat met my as jy vervoer ook soek , ek het redelik kontakte ook in tranesport.

My prys is selfde as laas week  A23 - R 36 en C 123- R28.

Groete Chris
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Vleisprysse

Post by Foxcreek »

Chris

Koue gewig is die karkas se gewig die dag na slag. Hulle betaal dieselfde prys vir 4's en 5we.Hulle soek net niks onder 2 nie.

Foxcreek.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Vleisprysse

Post by CHRIS »

Prysse vir week 8 - 12 Febr

A 23 - R 37
AB 123 - R 33
B 123 - R 32
C 123 - R 29


Waar die groot prysse vandaan kom verstaan ek nie  ???maar is dankbaar, ;D mens hoef ook nie alles in die lewe te verstaan nie.  8)

Lekker week
Chris
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Vleisprysse

Post by Freddie101 »

Chris
Klink goed as skaappryse nou hoog is
Freddie
yol bolsun
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Vleisprysse

Post by CHRIS »

prysse week 14-19 Febr 2010

A23 - R35
AB 123 - R31
B 123 - R30
C 123 - R 26


GROETE CHRIS
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Vleisprysse

Post by Dawie »

Hallo Chris
CHRIS wrote: Waar die groot prysse vandaan kom verstaan ek nie 
Net 'n teorie....

Die tyd vannie jaar hou ouens vee terug om eers Maart te bemark,  want dis einde finansieele jaar...om die ou inkomste belastingtjies bietjie minder te hou.  Dit het 'n moontlike tekort tot gevolg ???.....welkom om te verskil

Kojak (formely known as Dawie)
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Vleisprysse

Post by CHRIS »

Dawie alias Kojak

Dit is baie waar, dit moet lekker wees om belasting probleem te h? ;D ;D ;D
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Vleisprysse

Post by CHRIS »

prysse 22- 26 Febr 2010

A23 - R 33
AB 123 - R 30
B 123 - R 30
C 123- R 24


Die koper in Durban reken die prys is so laag oor die Namib skaap wat so goedkoop is wat nou kwaai ingevoer word. Laat weet bietjie Louis en Francois en ander SWA manne

Groete Chris
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Vleisprysse

Post by Louis102 »

CHRIS wrote: Die koper in Durban reken die prys is so laag oor die Namib skaap wat so goedkoop is wat nou kwaai ingevoer word. Laat weet bietjie Louis en Francois en ander SWA manne
Chris

Dood moet 'n oorsaak h?.  Weet van min besigheidsmense wat produkte met opset goedkoper sal swaai as daar 'n kans op 'n ho?r prys is.  Is daar 'n moontlikheid dat mense rede soek om minder te betaal daardie kant?  Namibiese vleis bly deurentyd in die mark en hoekom die moeilikheid nou ewe skielik?

Byges?, bestaan daar geen twyfel dat ons te swak betaal word hierdie kant nie, veral op die afgrade.  So waar daar 'n rokie is, is daar waarskynlik 'n vuur.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Vleisprysse

Post by CHRIS »

prysse 1-5 Maart 2010

A23 - R 34
AB 123 - R 31
B 123 - R 30
C 123- R 24.5



lekker week
Chris
Post Reply