Vleisprysse

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Vleisprysse

Post by CHRIS »

Vleisprysse vir week 21-24 Des 2009

Dorper A2/3 - R36 en as gewig tussen 17-20 kg is en A2 -R 36.50
AB & B 1/2/3 - R30.5  en vir C1/2/3 - R 26.5

Wolskaap en X-ras is prys R1 minder en lam wat minder as 15 kg is R1 af
Alle prysse sluit btw uit.


Ek sit die prysse op vir interressantheid, ek het so radius van 150 km wat ek meeste kliente het en vir groepe meer as 40 skaap doen ek die vervoer gratis.

Louis gee bietjie jul prysse ???
Groete Chris
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Vleisprysse

Post by Christo »

Chris

Dankie vir die inligting. Lekker vir almal om op hoogte te bly van wat aangaan.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Vleisprysse

Post by Francois Marais »

Chris

Ons pryse vir week 51.

PRODUSENTE KARKASPRYSE - WEEK 51 Periode 14/12/2009 TOT 18/12/2009             KLASSIFIKASIE 0 1 2 3 4 5 6
A-GRADE 23.00 29.50 29.50 29.50 29.50 20.00 20.00
AB-GRADE 19.00 21.00 23.00 23.00 21.00 19.00 19.00
B-GRADE 18.00 20.00 22.00 22.00 20.00 18.00 18.00
C-GRADE 17.00 19.00 21.00 21.00 19.00 17.00 17.00

SPESIFIKASIES SUPERLAM WOOLWORTHS
Gradering:                       A1 & A2 & A3 A1 & A2
Prys: 30.50 31.00
Koue karkasmassa: 16.5 - 22.6 kg warm gewig 16.5 - 22.6 kg warm gewig
Bouvorm:                                   3+ 3+
Karkas beskadiging:                               Geen Geen
Geldig vir:                         Alle slagdae Alle slagdae

Hoop dit maak sin.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Vleisprysse

Post by CHRIS »

Francois

dit is baie interresant dat die woolworths lam dan met R5.50 kan verskil, ek sal Sondag ons gradering prys opsit, maar smaak my volgende week gaan rekord prysse wees.
Groete Chris
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Vleisprysse

Post by Francois Marais »

Chris

Ek het gister geslag vir 32.50, maar moes begin van die maand n kontrak teken om die prys te kry.

PRODUSENTE KARKASPRYSE - WEEK 52 Periode 21/12/2009 TOT 22/12/2009     KLASSIFIKASIE       0 1 2 3 4 5 6
A-GRADE 23.00 29.50 29.50 29.50 29.50 20.00 20.00
AB-GRADE 19.00 21.00 23.00 23.00 21.00 19.00 19.00
B-GRADE 18.00 20.00 22.00 22.00 20.00 18.00 18.00
C-GRADE 17.00 19.00 21.00 21.00 19.00 17.00 17.00

SPESIFIKASIES SUPERLAM WOOLWORTHS
Gradering:                   A1 & A2 & A3 A1 & A2
Prys:   30.50                   31.00
Koue karkasmassa:16.5 - 22.6 kg warm gewig 16.5 - 22.6 kg warm gewig
Bouvorm:       3+           3+
Karkas beskadigin             Geen         Geen
Geldig vir:                 Alle slagdae Alle slagdae

Vandat hulle ons lewendige uitvoere na SA gestop het, betaal hulle ons net wat hulle wil. Dit is besig om ons skaap bedryf n baie groot knou te gee, al meer manne slaan oor na bees, ons het egter die laaste 5-6 jaar ver bo gemiddelde reens gekry in die suide, en dink ek nie daar kan volhoubaar met bees geboer word sou ons reen na normaal terugkeer nie.

Hoor hier by ons rumors dat julle pryse R40.00 gaan haal hierdie jaar, daar is glo nie skaap nie.

Mooi loop
Francois
Last edited by Francois Marais on Tue Dec 22, 2009 10:25 am, edited 1 time in total.
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: Vleisprysse

Post by boeta »

Frans

Ek gaat vi my n arie koop en die goed oorvlieg,of ons moet by oom Louis oor die die grens jaag.Soek net iemand wat kan optree as verkoper aan die anderkant.

Slagpalle hier steel ons geld en dan kyk hulle jou nog in die oe ook.

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Vleisprysse

Post by Francois Marais »

Boeta

Ja, hartseer storie, as dit nou n vrye mark stelsel is, dan weet ek dam nie.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Vleisprysse

Post by Louis102 »

Chris / Manne

Jammer, was so bietjie van lyn af.  Wou my nie nou oor die vleispryse kwel nie, kom so pas van die strand af.  Mooi mense hier op Jeffereys se strand!

Net dit, N$ 31,50 per kg (na kostes) vir my laaste pakkie lammers gemiddeld gekry by Keetmanshoop.  Baie goed gegradeer en 17,1 kg uitgeslag.  Kan daarmee saamleef, maar met "afgrade" word ons deur die ore gewerk.  Oor die bemarkings situasie vir skaap in Namibi?, GROOT PROBLEEM.  Die situasie is egter baie kompleks as wat met eerste oogopslag logies klink, so dink ek.

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ambessa

Re: Vleisprysse

Post by Ambessa »

Hallo Louis102
Louis102 wrote:...kom so pas van die strand af.  Mooi mense hier op Jeffereys se strand!
Ja, mooi was nog nooit lelik nie...

Ambessa
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Vleisprysse

Post by Freddie101 »

Chris/ francois/Louis ens
Ek hou die pryse met belangstelling dop.
Chris
Ek sien daai b en c grade is omtrent wat ek in juliemaand gekry het. Die a is nou op ne. Ek hoop daardie R40 wat Francois van praat kom. Ek het nou B en C graad beeste wat moet verkoop word, maar my agent se daardie grade wil nie nou loop nie. Net A grade loop goed. So ek sal moet bietjie terughou.
Freddie 
yol bolsun
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Vleisprysse

Post by CHRIS »

Freddie

Ja bees verkoop Desember nie lekker nie, mense soek steak nie mince en kook vleis nie.

Groot skaap se prys is regtig nie so watwonders nie, maar ek dink volgende week gaan A2 en A3 ten minste met R1 opgaan , altans hoop ek so,
hier is dit nou droog en hitte draai elke dag tussen 38 en 40, maar die kaktusse blom so hier kom groot krismisboks dink ek.

Louis ek sien jy praat van kostes, die prysse wat ek gee is wat boer in sy sak kry, 5 de kwart betaal tog slagfooie dis hoekom dorper duurder is as merino oor die vel verskil
( praat van ore wat gewerk word  :oVELLE :o)

Groete Chris
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Vleisprysse

Post by Louis102 »

Chris
CHRIS wrote: ( praat van ore wat gewerk word  :oVELLE :o)
Die enigste mense wat regtig baie geld uit vleisskaap maak, is die velle manne.  Ek kan dus nie anders as om met jou saam te stem nie.

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Vleisprysse

Post by CHRIS »

Vleisprysse vir week 28-31 Des 2009

Dorper A2/3 - R39
AB & B 1/2/3 - R30.5  en vir C1/2/3 - R 26.5

Wolskaap en X-ras is prys R1 minder en lam wat minder as 15 kg is R1 af
Alle prysse sluit btw uit.

Ek het gedink ons gaan R40 haal maar nou ja.

Groete Chris
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Vleisprysse

Post by CHRIS »

CHRIS wrote:
Vleisprysse vir week 4-8 Jan 2010

Dorper A2/3 - R34
AB & B 1/2/3 - R30.5  en vir C1/2/3 - R 27

Wolskaap en X-ras is prys R1 minder en lam wat minder as 15 kg is R1 af
Alle prysse sluit btw uit.



Groete Chris

User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Vleisprysse

Post by CHRIS »

CHRIS wrote:
CHRIS wrote:
Vleisprysse vir week 11-15 Jan 2010

Dorper A2/3 - R32
AB & B 1/2/3 - R29.5  en vir C1/2/3 - R 26

Wolskaap en X-ras is prys R1 minder Alle prysse sluit btw uit.



Groete Chris

User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Vleisprysse

Post by CHRIS »

Vleisprysse vir week 18-22 Jan 2010

Dorper A2/3 - R34
AB & B 1/2/3 - R30  en vir C1/2/3 - R 27

Wolskaap en X-ras is prys R1 minder Alle prysse sluit btw uit.



Groete Chris
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Vleisprysse

Post by CHRIS »

Manne julle moenie net kyk nie reageer, ek weet nie of ek prysse moet opsit en of ek nie net julle tyd mors nie, maar ek voel soos ds wat net praat en ek kan nie eers psalm opgee om reaksie te kry nie ;D ;D

Murraysburg julle moet praat waar wanneer hoeveel ???
User avatar
rockrabbit
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 76
Joined: Tue Mar 17, 2009 10:37 pm

Re: Vleisprysse

Post by rockrabbit »

Koop jy speenkalwers ook?
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Vleisprysse

Post by CHRIS »

Rockrabbit

Skuus kry nie gereply nie. Nee ek is net op slaggoed en hoofsaaklik lam en skaap.
my nr is 0827836238 as jy wil bel,

Groete Chris
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Vleisprysse

Post by Kruger »

Hallo Rockrabbit

Weet nie in watter area jy is nie, maar ek is ook in daardie bedryf. Koop beslis speenkalwers. Prys tans so R14,50 plus btw hier in my area. Die hoeveelheid wat jy het, of kan bymekaarkry en die afstand wat ons moet vervoer kan hierdie prys beinvloed. Hier waar ek is moet ons ook etlike honderd kilometers vervoer na speenkalf mark, so jy kan moontlik nog nader wees. PM my as jy belangstel.
Al die pryse is wat jy in jou sak uitkry.

Wil nie Chris se post hijack nie, maar ek koop ook lam, skaap, boerbok (bokkies en ou ooie, tans R21,00 en R12,00 onderskeidelik, plus BTW) en Angora ou ooie en kapaters (R9,00 en R9,50 onderskeidelik, weer plus BTW) Koop en verkoop ook alle tipes boervee. Tans taamlik aanvraag vir Merino ooie.

Laat weet maar.
Groete
Kruger
Winners never quit - Quitters never win.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Vleisprysse

Post by Christo »

Lukas

Prys vir Dohne Merino's en Rooikop boerbokke. Ons het dalk 'n hele klomp om te verkoop, gaan die skaapboerdery afskaal. Ooie getal ? 1200.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
tafjak

Re: Vleisprysse

Post by tafjak »

Chris en Kruger

Wat van so -50c op kilo vir die manne wat nie beheer toepas nie. As die verkoper sertifiseer dat hy jakkalse beheer bly die geadverteerde prys van toepassing op hom. :D
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Vleisprysse

Post by Kruger »

Hi Taffie
Glo nie dis nodig nie. Ou Jakkie trek sommer self af en glo my hy vat meer as 50c/kg.
Winners never quit - Quitters never win.
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Vleisprysse

Post by Freddie101 »

Chris en Kruger
Julle manne kan maar die pryse opsit. Ek lees dit en dan weet n man sommer of jou agent in die kol is
Freddie
yol bolsun
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Vleisprysse

Post by CHRIS »

KRUGER

Jy moet laat weet ek kan dalk hier speen kalf en boervee ook  kry. Boerbok kopers is baie sterk hier. Slagbees koop ek vir slagters wat sukkel om in tyd tebetaal so ek briek bietjie.(jy sal hulle ken ) ;D

Gte CHRIS
Post Reply