Soos die tyd aanstap kom die terminator aan, en so maand terug gaan skiet ek en vroulief die eerste keer. Sy skiet toe so goed dat sy uitwys daar is iets fout, en die geweer gaan in om gepak te word. Hierna gaan skiet ons weer, en in totaal skiet sy ongeveer 60 skote op rooibok teikens, waarvan meeste van die skote van die skietstok af.
Laasweek Donderdag vertrek ons na Gruispan, ongeveer 5km aan Pta se kant van Balthimore. Die geriewe is puik, en die eienaars, oom Frans en tannie Mareina is sout van die aarde mense. Vrydag oggend vroeg uit die bed, en daar moet seker gemaak word die gewere skiet reg. So gese, so gedaan.
[img width=560 height=420]http://i1251.photobucket.com/albums/hh5 ... C10741.jpg[/img]
Daar is besluit dat ek en Lynette eers in die skuiling sal sit, maar ook toegang gegee tot twee kampe waar ons kan "walk and stalk"
[img width=560 height=420]http://i1251.photobucket.com/albums/hh5 ... C10743.jpg[/img]
Om ongeveer 11H00 is ons huis toe vir ontbyt, en het net geeet, en is weer terug veld toe. Die keer saam met die tannie, in n ander kampie. Weer jaag ons die bokke keer op keer aan, aangesien die veld baie ruig is, en daar werklik baie naby gekom moet word vir n skoon skoot.
Ongeveer twee ure later kom ons op n paar ooitjies af, in n meer oop gedeelte op die plaas. Lynette le aan oor die skietstok, en die skoot tref. Die bokkie begin hardloop soos n Tsetsebi nie kan nie, maar onveer 50m verder raak die stoom klaar, en slaan sy neer. Die skoot was baie mooi net agter die linkerkanste blad in, en by die borsbeen uit, wat albei haar longe stukkend geskiet het.
[img width=560 height=420]http://i1251.photobucket.com/albums/hh5 ... C10746.jpg[/img]
Van hier kon ek toe so bietjie alleen tussen n "diesel stalk" en "walk en stalk" afwissel, en het voortgegaan om nog n rooibok ooi, en vlakvark te skiet.
Indien iemand weet van nog n Brno .30-06 te koop, laat weet my asb, aangesien ek nou myne kwyt is.

