Sy is klein, maar sy is my vrou se eerste

Post Reply
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Sy is klein, maar sy is my vrou se eerste

Post by BRNO (Pierre) »

in Januarie vanjaar het ons met n paar vriende n familie jag begin reel. Een aand uit die bloute se my vrou dat sy die jaar self n bok wil skiet. Ek stem in, maar waarsku egter dat dit baie oefening gaan kos, en dan natuurlik sal die nul-kwes n terminator moet opkry sodat die skop nie te erg is nie. :angel:

Soos die tyd aanstap kom die terminator aan, en so maand terug gaan skiet ek en vroulief die eerste keer. Sy skiet toe so goed dat sy uitwys daar is iets fout, en die geweer gaan in om gepak te word. Hierna gaan skiet ons weer, en in totaal skiet sy ongeveer 60 skote op rooibok teikens, waarvan meeste van die skote van die skietstok af.

Laasweek Donderdag vertrek ons na Gruispan, ongeveer 5km aan Pta se kant van Balthimore. Die geriewe is puik, en die eienaars, oom Frans en tannie Mareina is sout van die aarde mense. Vrydag oggend vroeg uit die bed, en daar moet seker gemaak word die gewere skiet reg. So gese, so gedaan.

[img width=560 height=420]http://i1251.photobucket.com/albums/hh5 ... C10741.jpg[/img]

Daar is besluit dat ek en Lynette eers in die skuiling sal sit, maar ook toegang gegee tot twee kampe waar ons kan "walk and stalk"

[img width=560 height=420]http://i1251.photobucket.com/albums/hh5 ... C10743.jpg[/img]

Om ongeveer 11H00 is ons huis toe vir ontbyt, en het net geeet, en is weer terug veld toe. Die keer saam met die tannie, in n ander kampie. Weer jaag ons die bokke keer op keer aan, aangesien die veld baie ruig is, en daar werklik baie naby gekom moet word vir n skoon skoot.

Ongeveer twee ure later kom ons op n paar ooitjies af, in n meer oop gedeelte op die plaas. Lynette le aan oor die skietstok, en die skoot tref. Die bokkie begin hardloop soos n Tsetsebi nie kan nie, maar onveer 50m verder raak die stoom klaar, en slaan sy neer. Die skoot was baie mooi net agter die linkerkanste blad in, en by die borsbeen uit, wat albei haar longe stukkend geskiet het.

[img width=560 height=420]http://i1251.photobucket.com/albums/hh5 ... C10746.jpg[/img]

Van hier kon ek toe so bietjie alleen tussen n "diesel stalk" en "walk en stalk" afwissel, en het voortgegaan om nog n rooibok ooi, en vlakvark te skiet.

Indien iemand weet van nog n Brno .30-06 te koop, laat weet my asb, aangesien ek nou myne kwyt is.
Last edited by BRNO (Pierre) on Mon Jul 23, 2012 1:24 pm, edited 1 time in total.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Renier
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Tue Aug 30, 2011 3:35 pm

Re: Sy is klein, maar sy is my vrou s'n!

Post by Renier »

Baie geluk en wel gedaan aan jou vrou.....jammer oor jou "verlies". :laugh: ;)
9mmP RAP
.308 Musgrave
.338 WM Winchester
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Sy is klein, maar sy is my vrou se eerste

Post by FHM »

Dankie vir die terugvoer man ou Pierre.
Geluk aan Lynette ook en se vir haar sy het n puik geweer en kaliber 'verniet opgetel'... ;D ;D ;D
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Sy is klein, maar sy is my vrou se eerste

Post by BRNO (Pierre) »

FHM wrote: Dankie vir die terugvoer man ou Pierre.
Geluk aan Lynette ook en se vir haar sy het n puik geweer en kaliber 'verniet opgetel'... ;D ;D ;D
Dankie Francois. Ja ek weet. Darrem het ek nog so model .243 waarmee ek kan speel. Op die stadium sal ek haar maar vra of ek die nul kwes so nou en dan kan leen ;).
Veiligheid eerste manne!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Sy is klein, maar sy is my vrou se eerste

Post by BLOK »

Aitsa!!

Lekker as n man se vrou ook van jag hou ek sien net swaar vir jou in die toekoms. As die kinders bykom is dit nog n paar gewere en nog n paar bokke, maar dit bly lekker.

Mooi gedoen
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: Sy is klein, maar sy is my vrou se eerste

Post by Vosman »

Mooi man!
Volgende jaar is die jag budget vergroot, almal moet mos 'n kans kry!

Groetnis
SmitH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 453
Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am

Re: Sy is klein, maar sy is my vrou se eerste

Post by SmitH »

Geluk aan jou vrou nou gaan dit net lekkerder raak
Ja dit is darem lekker as vroulief saam in die veld is my vrou het laas jaar haar eerste bok geskiet en die naweek wat kom gaan kyk of sy haar Kudu kan skiet
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Sy is klein, maar sy is my vrou se eerste

Post by BRNO (Pierre) »

Vosman wrote: Mooi man!
Volgende jaar is die jag budget vergroot, almal moet mos 'n kans kry!

Groetnis
Ja Blok en Vosman, julle is reg. Dan is daar oor twee jaar nog n seun wat ook n beurt wil he. Maar ek jou maar dop Blok. Jy sal maar moet raad gee wanneer die tyd reg is.

Vir nou moet almal agter pappa aantree, en wag tot hy klaar is ;), of ons eet vir die res van ons lewens slegs rooibok ooitjies ;D.
Veiligheid eerste manne!
Post Reply