[align=center]Slagspreuk / Slogan / Leuse[/align]
Wat van 'n treffende Slogan? Het iemand nie 'n blink idee of twee nie? Ek het gedink dat dit iets te doen moet h? met die reg om te jag / vee te beskerm teen roofdiere / anti sinnelose groen sentimente / pro roofdier beheer.
Die idees begin vorm aanneem hoe om kreatief 'n boodskap uit te dra wat die jagter / produsent se saak kan uitdra en die publiek bewus te maak van skade wat roofdiere op kleinvee plase aanrig. Lekker gepaste slogans kan op plakkers gedruk word of op T-Hemde gedra word. Hoe lyk dit, raak bietjie kreatief en pittig met die woorde en laat ons weet.
Afrikaans, Engels ... enige taal. Voel vry.
Louis
Slogan / Slagspreuk
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Slogan / Slagspreuk
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Slogan / Slagspreuk
Hierdie idee kom van Danie.243 se reply by strategie en taktieke af. Alhoewel die slagspreuk te lank en te lomp is, mag dit 'n beter idee gee waaraan daar gedink word. Iets soos:
[align=center]Kleinvee Boere is 'n bedreigde spesie, beskerm hulle teen die Jakkalse[/align]
Dit moet verkieslik korter en meer treffend geskryf word. Komaan manne, maak die breinselle los vir hierdie belangrike saak!
[align=center]Kleinvee Boere is 'n bedreigde spesie, beskerm hulle teen die Jakkalse[/align]
Dit moet verkieslik korter en meer treffend geskryf word. Komaan manne, maak die breinselle los vir hierdie belangrike saak!
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: Slogan / Slagspreuk
Louis ek is nou nie 'n gesiene komponis of skrywer nie maar hier gaat ons:
1. Ettiese jakkals en rooikat beheer, 'n boer se vriend deur dik en dun (Weet nie of hy kan werk nie, laat my baie dink aan die ou Volkskas bank slogan - miskien kan iemand hom bietjie beter maak) of miskien
2. Effektiewe jakkals en rooikat beheer of
3. Maak maalvleis van die boer se roofdier probleem of
4. Stuit die boer se jakkals en rooikat probleem in sy spoor of
5. Profesionele jakkals en rooikat beheer of
6. Die beste oplossing vir jou roofdier probleem of
7. Hou op sukkel met roofdier probleme... of
8. Die Boer se beter oplossing vir sy roofdier probleem
9. Boere, hou op om alleen en in stilte swaar te kry doen iets omtrend jou jakkals en rooikat probleem of
10. Dier boer se beste kaliber om die roofdier se doppie te laat klap

SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: Slogan / Slagspreuk
Nog 'n laaste een:
Staan saam met boere om hul jakkalse en rooikat probleme te beheer
Staan saam met boere om hul jakkalse en rooikat probleme te beheer
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
-
britsman
- Hero Member

- Posts: 792
- Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm
Re: Slogan / Slagspreuk
Louis,
Lyk vir my daardie see lug is goed vir brein.How about:
Predation is against the nation Predasie is teen die nasie
of:
Problem animal Predation is bad for the nation Roofdier Predasie is sleg vir die nasie
Mooi loop.
brits

If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1384
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Slogan / Slagspreuk
Jaracal sal roofdiere roer vir kleinveeboer.
As jou wins kwyn. jaracal laat roofdiere verdwyn.
Kleinveeboere op rooilys? Jaracal sal skuldiges wys.
Freddie

yol bolsun
- WillJak
- Hero Member

- Posts: 718
- Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm
Re: Slogan / Slagspreuk
Louis, wat van iets soos 'n "cartoon" prentjie van 'n skaap wat in die middel staan met 'n boef (met so maskertjie op) wat hom van die een kant af storm en 'n jakkals wat hom van die ander kant af storm en dan die leuse: Een van hulle kan jy toesluit
Of een van 'n herder wat met sy krom stok staan, maar sonder enige skape rondom hom, met 'n wolf/jakkals wat hom bedreig en dan die leuse: It's not the same without the lambs
Of wat van "Skaapvleis te duur? 560 000 opgevreet deur jakkalse in 2009"
Of 'n weegskaal met 'n jakkals een kant en 'n skaap (of miskien 'n boer) anderkant, maar die ding hang swaar na die jakkals se kant toe. Die jakkals se pens staan boep en op die pens staan 560000 skape (in letters) en dan die leuse:
Volhoubaar? of Volhoubare benutting is ons mikpunt/strewe of Sinvolle beskerming is ons mikpunt/strewe
My 2c s'n

If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...