Slogan / Slagspreuk

Rapporteer enige foute of aanbevelings hier/Report any problems or suggestions here
Post Reply
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Slogan / Slagspreuk

Post by Louis102 »

[align=center]Slagspreuk / Slogan / Leuse[/align]

Wat van 'n treffende Slogan?  Het iemand nie 'n blink idee of twee nie?  Ek het gedink dat dit iets te doen moet h? met die reg om te jag / vee te beskerm teen roofdiere / anti sinnelose groen sentimente / pro roofdier beheer.

Die idees begin vorm aanneem hoe om kreatief 'n boodskap uit te dra wat die jagter / produsent se saak kan uitdra en die publiek bewus te maak van skade wat roofdiere op kleinvee plase aanrig.  Lekker gepaste slogans kan op plakkers gedruk word of op T-Hemde gedra word.  Hoe lyk dit, raak bietjie kreatief en pittig met die woorde en laat ons weet.

Afrikaans, Engels ... enige taal.  Voel vry.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Slogan / Slagspreuk

Post by Louis102 »

Hierdie idee kom van Danie.243 se reply by strategie en taktieke af.  Alhoewel die slagspreuk te lank en te lomp is, mag dit 'n beter idee gee waaraan daar gedink word.  Iets soos:

[align=center]Kleinvee Boere is 'n bedreigde spesie, beskerm hulle teen die Jakkalse[/align]

Dit moet verkieslik korter en meer treffend geskryf word.  Komaan manne, maak die breinselle los vir hierdie belangrike saak!
Goeie dade oortref goeie woorde.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Slogan / Slagspreuk

Post by Freek »

Louis ek is nou nie 'n gesiene komponis of skrywer nie maar hier gaat ons:

1. Ettiese jakkals en rooikat beheer, 'n boer se vriend deur dik en dun (Weet nie of hy kan werk nie, laat my baie dink aan die ou Volkskas bank slogan - miskien kan iemand hom bietjie beter maak) of miskien

2. Effektiewe jakkals en rooikat beheer of

3. Maak maalvleis van die boer se roofdier probleem of

4. Stuit die boer se jakkals en rooikat probleem in sy spoor of

5. Profesionele jakkals en rooikat beheer of

6. Die beste oplossing vir jou roofdier probleem of

7. Hou op sukkel met roofdier probleme... of

8. Die Boer se beter oplossing vir sy roofdier probleem

9. Boere, hou op om alleen en in stilte swaar te kry doen iets omtrend jou jakkals en rooikat probleem of

10. Dier boer se beste kaliber om die roofdier se doppie te laat klap
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Slogan / Slagspreuk

Post by Freek »

Nog 'n laaste een:

Staan saam met boere om hul jakkalse en rooikat probleme te beheer
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Slogan / Slagspreuk

Post by britsman »

Louis,
      Lyk vir my daardie see lug is goed vir brein.How about:
          Predation is against the nation    Predasie is teen die nasie
                  of:
        Problem animal Predation is bad for the nation    Roofdier Predasie is sleg vir die nasie
        Mooi  loop.
                        brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Slogan / Slagspreuk

Post by Freddie101 »

Jaracal sal roofdiere roer vir kleinveeboer.

As jou wins kwyn. jaracal laat roofdiere verdwyn.

Kleinveeboere op rooilys? Jaracal sal skuldiges wys.

Freddie
yol bolsun
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Slogan / Slagspreuk

Post by WillJak »

Louis, wat van iets soos 'n "cartoon" prentjie van 'n skaap wat in die middel staan met 'n boef (met so maskertjie op) wat hom van die een kant af storm en 'n jakkals wat hom van die ander kant af storm en dan die leuse: Een van hulle kan jy toesluit

Of een van 'n herder wat met sy krom stok staan, maar sonder enige skape rondom hom, met 'n wolf/jakkals wat hom bedreig en dan die leuse: It's not the same without the lambs

Of wat van "Skaapvleis te duur? 560 000 opgevreet deur jakkalse in 2009"

Of 'n weegskaal met 'n jakkals een kant en 'n skaap (of miskien 'n boer) anderkant, maar die ding hang swaar na die jakkals se kant toe. Die jakkals se pens staan boep en op die pens staan 560000 skape (in letters) en dan die leuse:
Volhoubaar? of Volhoubare benutting is ons mikpunt/strewe of Sinvolle beskerming is ons mikpunt/strewe

My 2c s'n
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
Post Reply