PMP Probleme in die algemeen

Post Reply
User avatar
jimkat
Newbie
Newbie
Posts: 22
Joined: Fri Jul 15, 2011 1:19 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by jimkat »

wel manne, sonchem is al wat ons het.laas week 'n pakkie sellier belliot 243 gekoop,R30 goedkoper as pmp. Maar niemand sal iets se nie,want pmp sponsor mos kompetisies.
.22 brno. 223 tikka. 243 howa varminter. 7x64 brno 308 musgrave
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2330
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by JAGTERSREG-JRM »

Manne,

Ons weet mos gewere is soos vrouens............baie kieskeurig.Ek was nog nooit n PMP aanhanger nie maar as die dop werk dan werk hy.Ek laai self en ek glo in een dop en een dop alleen.NORMA

Groetnis
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
404Jeff
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Tue Feb 07, 2012 10:03 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by 404Jeff »

Mense ek laai vir 303 Epps met Norma, Winchester en Remington doppe kry ek 56grn 365 in dop, met PMP slegs 50grein en dan is die dop tot bek gevul, jy hoor hoe crusch daai kruit as jy punt seat! Weet wel 308Win en pmp doppe loop mooi!
223
303Epps
404Jeff
450 straight
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2330
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by JAGTERSREG-JRM »

Dagse,

Volgens my kennis is PMP se doppe dikker as die normale en vat dus minder kruid.

Groete
Kobus
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
Cornelius
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Tue Apr 03, 2012 1:33 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Cornelius »

Middag Manne,

Ek weet hierdie thread is nou al redelik oud maar dis skokend  :o om te lees wat julle alles al ervaar het met PMP's. Daar gaan my budget vir patrone met die inskiet van my eerste geweer waarvoor ek wag (nog so 2 weke). My plan was om vir eers met PMP 300gr te skiet vir my .375 en dan einde van die jaar te begin herlaai maar nou weet ek nie meer so lekker. As mens daai een patroon kry wat skade gaan maak is dit te laat soos julle genoem het.

Wat stel julle voor doen n man nou? Dalk maar ekstra geld spandeer en Federals / Norma / Remmington koop en dan minder skiet op die skietbaan (wat moeilik gaan wees my eerste roer)?

Sal graag eerder 40 rondtes wou skiet as net 20 vir dieselfde prys.
Bowtech Destroyer 340
9mm P07 Gen 2
.22 Mauser | .243 Win | 6.5 Grendel | 6.5 PRC | 7mm Rem Mag | 300 PRC | .303 MK2 No.4 | 338 Win Mag
.375 H&H | 450 Rigby
User avatar
Jan Nel
Full Member
Full Member
Posts: 225
Joined: Mon Oct 17, 2011 9:48 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Jan Nel »

Cornelius

Koop eerder goeie doppe en herlaai self van die begin af

Groete
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Nickvn »

Het vandag n pakkie .270 PMP uit geskiet en sowat 30 self gelaaide patrone. Het begin om met die pakkie PMP te skiet en het 5 patone gehad wat ge "misfire" het. Die ander het ons geen probleme mee gehad nie. Die wat ge "misfire" het se duikie in die knaldoppie is baie vlakker as die ander. Dit lyk amper of die metaal van die "misfire" knaldoppies dikker is as die ander knaldoppies wat gewerk het.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Pvdw »

Nickvn daai is 'n algemene probleem wat meeste van die tyd opgelos word as die slot mooi skoongemaak word. Hier was net so 3-4 weke terug weer dieselfde ding en mooi skoonmaak het dit heeltemal opgelos. Weet nie hoe skoon daai slot van jou is nie maar oorweeg dit as deen van die probleem. Dalk is dit sommer 'n lekker cheap fix  ;)

Peet
Work to live, don"t live to work
Fanie

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Fanie »

Kan nie glo wat ek lees nie.  Swak ammunisie kan lewens kos - glad nie aanvaarbaar nie.

Miskien moet julle PMP nooi om hier te kom deelneem aan hierdie gesprekke...
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by BLOK »

Fanie wrote:
Miskien moet julle PMP nooi om hier te kom deelneem aan hierdie gesprekke...
Ons is al daardeur ook.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Ferdi
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 427
Joined: Mon Mar 05, 2012 1:48 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Ferdi »

FHM

As jou African Elites so verskil sal ek maar van my plan afsien om die African Elites vir die 300 winmag te gebruik. Ek hety nogal gedink dit is 'n goeie gedagte om die stadiger 200gr punt vir veral bos en tot op so 300 meter aan te wend maar nou ja dan skiet ek maar die klompie ou Federals uit en laai self die 200gr Swifts. Vir verder skiet is die Winchester 180gr en 150gr power point fabrieks ammo 'n goeie opsie.

Ek sal sodra ek die nodige kapitaal het maar Norma doppe kry en ooploop met herlaai. Ek het nogal gedink dat ons dit eg Suid Afrikaans moet hou maar ek sien geen lojaliteit aan die plaaslike jagter ten opsigte van prys en kwaliteit dus sal ek aanbeveel wat vir my werk die Winchesters het ek gekry werk skaflik uit al my gewere uit werk. Ook nie veel duurder as die veel swakker produk in my opinie van PMP. Die Pro Amms is geensins premium ammo nie en die bruin boksie ammo het ek al so op verskeie forums en in gesprekke verneem is van uiters swak gehalte. Ek kan dit nie eers gebruik vir loop en scope inskiet nie want vir die 300 is die Privi Partisans wat ook nie slegte ammo is nie R220.00 vir 20 goedkoper as die bruin boks ammo van PMP.

Ek het regtig op al my wapens navorsing gedoen oor pryse en die tipe ammo en kan net aansluit by van die manne hier wat insien dat ons geskroef word. Nie nice nie. Ek kan na regte nie PMP se produkte aanbeveel nie veral nie voor die prys en kwaliteit regtig aandag geniet nie.
375 H&H Mag CZ 550 Lux
300 Win Mag Howa
303 Lee Enfield Mk4Nr2
243 Win Weatherby Vanguard
12br Winchester Mod 1300
.45 Colt Hebride
.22 Norinco JWA15
Fanie

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Fanie »

Ok, die volgende stap behoort dan te wees dat die forum moet hande vat met van die wapen organisasies en 'n skrywe aan PMP rig wat hierdie aspek aanspreek sodat daar 'n oplossing voor gekry word.

Dit help nie ons het 'n ammunisie vervaardiger wat ammunisie maak wat jy eerder verniet vir die vyand wil weggee in geval van 'n oorlog nie :D

Ernstig, hierdie ouens het in die ou dae in my opinie 'n goeie reputasie gehad.  Per slot van rekening maak hulle ons militer se ammo ook, dit is belangrik dat hulle terug op standaard gebring word.

Die effek van so 'n skrywe is dit sal as waarskuwing dien, en indien 'n insident plaasvind dan kan niemand later omdraai en se nee maar of eh eh eh no but nie.
Zack Benade

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Zack Benade »

PMP het van al sy kundige personeel ontslae geraak agv BEE en AA. >:( >:(
Ek het geen gevoel vir hulle nie en sal NOOIT hulle produk ondersteun nie al is hulle die enigste keuse. 
'n Mens kan nie met 'n dwaas redeneer nie.  PMP sien niks fout met hulle produk nie so hoekom hulle wil help.  Ten watter koste? ??? ???
User avatar
Ferdi
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 427
Joined: Mon Mar 05, 2012 1:48 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Ferdi »

Fanie

Daardie van die militere ammo is ook maar redelik wydgevat op goeie reputasie wat ek vermoed nie heeltemal so is nie. Ek het lank praktiese skiet gedoen terwyl ek in die weermag was en van die wermag lede het hulle privaat wapens gebruik en een probleem wat ons gehad het was dat die Glock's op 'n stadium as gevolg van hard primers heelwat missfires gehad het.
375 H&H Mag CZ 550 Lux
300 Win Mag Howa
303 Lee Enfield Mk4Nr2
243 Win Weatherby Vanguard
12br Winchester Mod 1300
.45 Colt Hebride
.22 Norinco JWA15
Fanie

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Fanie »

Ek se weer, die effek van so 'n skrywe is dit sal as waarskuwing dien, en indien 'n insident plaasvind dan kan niemand later omdraai en se nee maar of eh eh eh no but nie.  Hulle kan dan aanspreeklik gehou word. 
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Beretta »

Fanie
Hulle is bewus van die klagtes volgens hulle het so gese op die pmp dag.
Beretta
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Marc »

Zack Benade wrote: PMP het van al sy kundige personeel ontslae geraak agv BEE en AA. >:( >:(
Ek het geen gevoel vir hulle nie en sal NOOIT hulle produk ondersteun nie al is hulle die enigste keuse. 
'n Mens kan nie met 'n dwaas redeneer nie.  PMP sien niks fout met hulle produk nie so hoekom hulle wil help.  Ten watter koste? ??? ???
Ek begin ook al meer so voel  >:(
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by BLOK »

[quote="Beretta"]
Fanie
Hulle is bewus van die klagtes volgens hulle het so gese op die pmp dag.
Beretta

Die probleem is nie by hulle nie, maar by ons gewere. Hulle het gese as daar probleme is met hulle produk moet jy jou geweer vat en hulle sal hom uitsort om te werk op hulle produk. Of dit is min of meer in kort waarop dit neergekom het.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Beretta »

Blok
Ja jy het dit beter as ek onthou dit is wat hulle gese het
Beretta
Fanie

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Fanie »

Ek wil gewis nie my wapens aangepas he om by hulle ammunisie aan te pas nie - die ammunisie moet by die wapens aangepas word wat volgens 'n internasionale standaard gemaak word.

Doen daai skrywe - iemand sal baat vind daarby.

Tot tyd en wyl PMP hulle ammunisie uitgesorteer het sal ek se vermy dit en ondersteun dan maar eerder die ingevoerde produkt wat in elk geval dieselfde kos.

Ons kan begin om die wapen winkels ook in te lug omtrent die probleme en hulle versoek om nie net PMP's aan te hou nie en om seker te maak daar is eerder genoeg van die ander.

Voor eh eh eh BEE in die ou dae het ek duisende en duisende koele geskiet, nooit een enkele probleem gehad nie en almal skiet dieselfde.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by BRNO (Pierre) »

Fanie, sal jy asb so gaaf wees en die brief aan PMP skryf. Rig dit aan Karel Wolhuther (maak net seker van sy van se spelling). Ons het in januarie n "uitstappie" na die fabriek gehad, waar verskeie klagtes sowel as nuwe produk reekse bespreek was. Daar is in die laaste ongeveer 20jaar slegs 3 gevalle waar daar probleme met die ammo was. Die res was met elke individu se geweer. Hulle het dit vir die manne uitgesorteer.

Al die klaers hierbo het fout met hulle gewere. selfs die persoon wat slegs 50gr kruit uit een rondte uithaal. Hy het ook n probleem met sy geweer. Selfs ek en n vriend wat die ander dag 5 * .270 bruin pakkie ammo getrek het, en tot n 2gr verskil gevind het van hoogste tot laaste, selfs ons gewere is daar iets mee fout. Ek kry net nie tyd om my .30-06 vir hulle te vat sodat hulle vir my die groot verskil in kruit kan verduidelik nie.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
PJS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 403
Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by PJS »

Manne

Ek hou nie daarvan om te post by die tipe post nie maar ek wil net s? dat ek nie saamstem met die brief nie! Kyk wat het S&O (+1 vir jou Willem) gedoen toe een man n vraag oor kruit gevra het. sien post: http://jaracal.com/index.php/topic,1236 ... #msg160387
Is dit ons as verbruiker se verantwoordelikheid om hulle op te skerp? Ek dink nie so nie. Hulle lees mos ook hier op die forum.
Ek lek niemand blink om vir my diens te lewer nie. Daar is te veel ander opsies.
Dit is hoekom ek, weet wel ek is nie die enigste een nie, elke keer weer by S&O sal gaan koop!! Hulle gee oplossings en swyg nie oor hulle eie situasie nie.
Mooiloop
PJ
Jag is 'n voorreg. Geniet en waardeer elke geleentheid.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by BRNO (Pierre) »

PJS en ander lede van die forum. Ek wil dit tog net duidelik maak dat ek baie sarkasties was in my skrywe.

Ek persoonlik het nog nooit, en te danke aan die forum sal ook nie pmp ammo in my gewere skiet nie.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
PJS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 403
Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by PJS »

Pierre - BRNO .30-06 wrote: PJS en ander lede van die forum. Ek wil dit tog net duidelik maak dat ek baie sarkasties was in my skrywe.

Ek persoonlik het nog nooit, en te danke aan die forum sal ook nie pmp ammo in my gewere skiet nie.
Toemaar ek het jou post so verstaan.  ;)
Daar is wel 'n ander post wat impliseer dat dit gedoen moet word. (Nie iets mee verkeerd nie. Ek stem net nie saam nie)
Mooiloop
PJ
Jag is 'n voorreg. Geniet en waardeer elke geleentheid.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Cobus(Cobb) »

Die naweek weer PMP 'n kans gegee, 43 Winchester doppe gelaai en alles, daar was sewe PMP doppe, geprime nog van laasjaar, dog toe ek sal maar laai en kyk....
AL SEWE het moeilk gekamer, en ja hulle was gefull size....al 7 is weg ge Pieter Obelholser en seuns, en al wat oorbly is die 10 of so 150gr koele wat ek sal uitskiet as foulers uit ander doppe uit.

'n Ou wat begin herlaai, wil altyd die doppe van sy laaste 20, "uit die bruin boksie", mee begin, dis opmerklik hoe vinnig die ouens oorskakel na ander doppe van daar af as hy regtig die herlaai ding doen....

Die manne wat op die PMP dag was, sal bevestig dat die PMP manne praat oor defekte in die ammo, 0.1% en kleiner is....maar is die mark nie die "bruin boksie" jagter, vir wie daai 1 misfire en 5 stram slotte nie regtig saak maak nie??
Die ander ding wat ek die laaste week gesien het, is dat die prys vir die PMP komponente, baie hoog/duur is.

Ek het geen pyne met die PMP maatskappy nie, trouens sal ek elke week by hulle spitbraai, maar nooit ooit sal ek weer hulle ammo of herlaai komponente gebruik nie. En om te s? die probleem is by die manne se gewere in die algemeen, is volgens my, laakbaar en net 'n poging om nie verantwoordelikheid te dra nie. As 1 makker baie tyd en geld het, en al die moeite doen om sy geweer daar te laat toets en die fout is by die produk, gebruik hulle dit net as 'n 0.01% statistiek wat "aanvaarbaar" is volgens hulle, in die wapen bedryf.

Hoekom is hier nie 'n Lapua, Nossler, Hornady ens,  ens,  afdeling op die forum nie??Net PMP...dalk is dit almal, my inkluis wat oor PMP "moan", wat foutiewe gewere het.
Moet ook nie vir my terugantwoord en s? PMP is 'n militere ammo verskaffer nie, daarom is sy jag ammo anderster nie.....dis soos om oor jou Hyundai Sonata te kla wat te hard ry op sy suspensie, dan s? hulle "maar Hyundai is eintlik 'n trok maker" ....Hyundai sal die Koreaan wat dit s?, net daar in die publiek ophang.

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Post Reply