Maar ek het Saterdag by Vincent by Oppikoppi Bass Farm
http://www.fishingdestinations.co.za/le ... php?id=109
gaan kuier.
Eerstens was dit n groot plesier om Vincent en sy familie te ontmoed en net weer asem te skep in die buite lug.
Dit was nie lank nie en die bobejane was tussen die mielie sakke.
Ek haal die 30 06 uit en maak hom staan op die skiet tafel skuins onder die lapa en kyk of ek n groot mannetjie sien.
Vince gaan haal die 270 wat vroeer die week n monster luiperd mannetjie geskiet het en so sien ons die trop beweeg skuins teen die graniet koppe op en was nie lank nie of n groot mannetjie gaan sit mooi op n klip.
Vince se daai is 300m hy ken die verskillende afstande waar die bobejane lief is om te sit goed.
Die 150gr BT glip in die kamer en die Burris Black Diamond settle mooi op die 300m merk nogal n skuins skoot op.
Alles voel reg en die skoot loop.
Die geweer skop my vaan teiken af maar Vince spot deur sy teleskoop.
Die 150gr klap mooi en toe ek weer kyk weg is die bobbejaan...
Vince smile net en se hy is om...
Ongelukkig waar die bobejaan gesit en geval het kan net n bobejaan uit kom so ons kon nie hom gaan haal nie.
Later die middag het ons die 222 gevat en n draai gery.
Die 36gr Varmint Grenades het toe ook gesorg dat ek my eerste dassies skiet.
Die 222 Rem kan ook n dassie skiet dat hy spin in die lug.
Ek sal sodra my pa gesond is hom saam vat en dan sal ons die Hornets vat en n rustige middag tussen die graniet koppe spandeer en dassies jag.
Ek het net weer besef hoe onfiks ek is toe ek tussen die koppe in is om n das te gaan soek.
Die kantoor werk is vir die voels...
Vince weer eens baie dankie vir Saterdag.
