Daar is net een keer n eerste keer

Post Reply
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Daar is net een keer n eerste keer

Post by Gerhard »

En dit gebeur deesdae redelik min met my veral in die jagveld.

Maar ek het Saterdag by Vincent by Oppikoppi Bass Farm

http://www.fishingdestinations.co.za/le ... php?id=109

gaan kuier.

Eerstens was dit n groot plesier om Vincent en sy familie te ontmoed en net weer asem te skep in die buite lug.

Dit was nie lank nie en die bobejane was tussen die mielie sakke.

Ek haal die 30 06 uit en maak hom staan op die skiet tafel skuins onder die lapa en kyk of ek n groot mannetjie sien.

Vince gaan haal die 270 wat vroeer die week n monster luiperd mannetjie geskiet het en so sien ons die trop beweeg skuins teen die graniet koppe op en was nie lank nie of n groot mannetjie gaan sit mooi op n klip.

Vince se daai is 300m hy ken die verskillende afstande waar die bobejane lief is om te sit goed.

Die 150gr BT glip in die kamer en die Burris Black Diamond settle mooi op die 300m merk nogal n skuins skoot op.

Alles voel reg en die skoot loop.

Die geweer skop my vaan teiken af maar Vince spot deur sy teleskoop.

Die 150gr klap mooi en toe ek weer kyk weg is die bobbejaan...

Vince smile net en se hy is om...  ;D

Ongelukkig waar die bobejaan gesit en geval het kan net n bobejaan uit kom so ons kon nie hom gaan haal nie.

Later die middag het ons die 222 gevat en n draai gery.

Die 36gr Varmint Grenades het toe ook gesorg dat ek my eerste dassies skiet.

Die 222 Rem kan ook n dassie skiet dat hy spin  in die lug.

Ek sal sodra my pa gesond is hom saam vat en dan sal ons die Hornets vat en n rustige middag tussen die graniet koppe spandeer en dassies jag.

Ek het net weer besef hoe onfiks ek is toe ek tussen die koppe in is om n das te gaan soek.

Die kantoor werk is vir die voels...

Vince weer eens baie dankie vir Saterdag.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5029
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Daar is net een keer n eerste keer

Post by Frederik »

Enige fototjies klink soos lekker trippie.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Daar is net een keer n eerste keer

Post by Gerhard »

Frederik wrote: Enige fototjies klink soos lekker trippie.
Nee,

Ek het vir die trip niks fotos geneem nie.

Meskien met die volgende sessie.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5029
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Daar is net een keer n eerste keer

Post by Frederik »

Ok en lyntjit nat gemaak ? Sien dit is nie ver uit PTA nie om naweek bietjie familie te vat.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Daar is net een keer n eerste keer

Post by Gerhard »

Frederik wrote: Ok en lyntjit nat gemaak ? Sien dit is nie ver uit PTA nie om naweek bietjie familie te vat.
Nie die naweek nie maar gaan beslus die somer bietjie kuier en die bass en kurper goete saam vat.

Die dame is mooi gebou met goeie struktuur vir die bass.

Vince se my hulle grootste was n 5kg...

Dis mos n mooi size bass.

Hulle is so rof weg 100km v Centurion af.

Die bly plek op die plaas vir as jy wil oor slaap is ook baie netjies en gerieflik.

Planne is om my dogtertjie een saterdag oggend in die somer te vat en dan kurpers te sit en vang met erdwurms en dobbertjies...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Post Reply