Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek is maar nog n nuweling hier op die forum , en geniet dit verskriklik baie . Ongelukkig het ek nog nie die kennis van kneldempers soos meeste van die forum lede nie . Al die inligting op die forum oor kneldempers het ek gelees , maar daar is so groot verskeidenheid . Ek wil graag n kneldemper op my Howa .270 sit , maar watse maak kneldemper vat ek Die meeste mense waarmee ek al geprat het se hulle kneldemper werk beter as die volgende ou sin Het julle asb vir my raad .
Lekker JAM BLIK met 'n paar outydse alluminium melkbottel proppies en hy is so stil soos in die moevies. Jy kom nie eers agter as die koeels op is nie jy hou net aan skiet
Julle is lekker lelik met arme Sakkie. Sakkie moet jou nie aan die spul steur nie.Hulle is eintlik nie so sleg nie.Soos paaseiers,hard buite en sag binne.
Search net die forum,daar is n magdom inligting oor knaldempers wat reeds bespreek is.
Groete.
Sakkie ek wil nou gou iets uitklaar met jou, want jou pos-onderwerp lees 'kneldemper'
Wil jy weet oor n "Knaldemper" of n "Kneldemper"?
Die manne het jou nou al mooi raad oor die knaldemper gegee.
Die kneldemper is n onderbroek met n stywe naat gewerk vanaf die waar dit by jou rugstring begin deur tot aan die onderkant net duskant die juwele-sakkie. Jy kry ook vir die ander geslag ene - maar hulle verkies eerder om dit n hoflossie te noem of n G-stringetjie, maar ons manne weet dis net n kneldemper!
Wou net seker maak ons almal is op die selfde demper hierso ouboet!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Welkom hier. Jy kry basies twee soorte knAldempers.
Jy kry die gewone een waarvan die hele KD basies die loop se lengte verleng, dws as die KD 200mm is verleng die loop met 200mm. As jy hom soek koop jy 'n Terminator.
Dan kry jy die Reflex een. Die een pas so 50% oor die geweer loop, dws die loop verleng met 100mm as die KD 200mm is. As jy die een soek, kontak my ek maak hulle.
Hahaha , julle manne gee mens n goeie verwelkoming hier op die forum
Blok - Ek bly in die Boland(Paarl) , werk in die wynbedryf en is ma nog nat agter die ore as dit kom by jag . Ek jag nou so 3jaar lank , en dis gewoonlik voorsit in die karoo .
Stefan/SS - Ek het al deur die forum gelees en die Terminator het my aandag getrek . Sal mens die knaldemper sonder draad kan koop ? en dan invat sodat S&O die draad op die loop en die knaldemper sny?
Douw - Ek stem vir daardie "poll"
Bosvarkie - Nee was nie ek gewees nie
Dankie vir almal se bydra !!!
Geniet die dag
Groete Sakkie
Wat die draad op jou demper betref, bestel hom met draad gesny S&O sal die draad op die demper meet en dan jou loop daarvolgens kan sny. Hulle sal ook vir jou n cap (doppie) maak wat as jy die geweer sonder die demper wil gebruik die draad op jou loop beskerm.
Sterkte hoop dit help.
Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time "SPEED KILLS"
Baie lekker maar effe swaar ja. Ek stel voor jy vra Clarence of wie ook al die knaldemper bou om net die boor grootte regdeur te boor dan kan dieselfde ouenes wat die draad op die loop sny die skroefpunt op die knaldemper op size boor en skroefdraad sny. Die manne wat die roere sny is ek dink meer akkurraat as die knaldemper manne. Myne is effens taper gesny so raak al stywer me die indraai maar losserig in die begin wat dan kan laat maak dat jy die skroefdraad op die geweer beskadig. My 2c.
Wat is Pieter Kruger se kontak besonderhede?
Groete
Martin
.177 CZ 200 PCP; .22 LR Mossberg; .22 Anschutz; .243 Tikka T3 Super Varminter Ackley Improbed; 6mm Musgrave; .338 Tikka T3 Hunter; 9mm CZ 75 Shadow; O/U 12 Boor - Beretta Silver Pigeon 1