Kneldempers wat kies jy ?

Post Reply
User avatar
Sakkie Rust
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Fri May 18, 2012 8:29 am

Kneldempers wat kies jy ?

Post by Sakkie Rust »

Hallo Almal

Ek is maar nog n nuweling hier op die forum , en geniet dit verskriklik baie . Ongelukkig het ek nog nie die kennis van kneldempers soos meeste van die forum lede nie . Al die inligting op die forum oor kneldempers het ek gelees , maar daar is so groot verskeidenheid . Ek wil graag n kneldemper op my Howa .270 sit , maar watse maak kneldemper vat ek ??? Die meeste mense waarmee ek al geprat het se hulle kneldemper werk beter as die volgende ou sin ??? Het julle asb vir my raad .

Groete Sakkie

Paarl
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Kneldempers wat kies jy ?

Post by Gerhard »

More Sakkie,

Welkom hier by ons.


Gaan stel jouself voor in die voorportaal dan kan almal jou blad skud.

Dit hang maar af van wat jy wil doen met jou geweer en hoe jy wil jag.

Dit is al n goeie afskop punt vir n keuse...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
22-250 Sniper
Full Member
Full Member
Posts: 194
Joined: Fri Dec 09, 2011 8:20 pm

Re: Kneldempers wat kies jy ?

Post by 22-250 Sniper »

gaan kyk op kalahari.net en bestel vir jou n boek met die naam van .22 to .50 millitry grade supresors and silincers bou jou eie
GUNS DON'T KILL, PEOPLE KILL
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Kneldempers wat kies jy ?

Post by Vlakvark »

Lekker JAM BLIK met 'n paar outydse alluminium melkbottel proppies en hy is so stil soos in die moevies. Jy kom nie eers agter as die koeels op is nie jy hou net aan skiet ;D ;D ;D ;D ;D
Image
Image
User avatar
Born2Late
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am

Re: Kneldempers wat kies jy ?

Post by Born2Late »

Julle is lekker lelik met arme Sakkie. Sakkie moet jou nie aan die spul steur nie.Hulle is eintlik nie so sleg nie.Soos paaseiers,hard buite en sag binne.
Search net die forum,daar is n magdom inligting oor knaldempers wat reeds bespreek is.
Groete.
Labore Et Diligentia.
With labour and diligence.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Kneldempers wat kies jy ?

Post by Stefan764 »

Hallo Sakkie

Koop die Terminator, jy sali spyt weesi.

Groete en welkom!

Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Kneldempers wat kies jy ?

Post by BLOK »

Sakkie

Baie welkom vertel so effe meer oor jouself en wat jou doel gaan wees met die geweer en demper.


En as jy dan klaar is maak jy soos Stefan se.

Mooiloop
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
SS
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Wed Jan 26, 2011 2:25 pm

Re: Kneldempers wat kies jy ?

Post by SS »

Sakkie

Ekke stem saam met Stefan, het self n terminator en dis die moeite werd.

Welkom en Groete

SS
Stefan Swarts
Glock 26 9mm, CZ .22LR, Tikka T3 Varmint 25-06 Rem, Tikka T3 Hunter 308win, Howa 1500 375 Ruger, Sako 85 375 H&H
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Kneldempers wat kies jy ?

Post by FHM »

Sakkie ek wil nou gou iets uitklaar met jou, want jou pos-onderwerp lees 'kneldemper'
Wil jy weet oor n "Knaldemper" of n "Kneldemper"?

Die manne het jou nou al mooi raad oor die knaldemper gegee.

Die kneldemper is n onderbroek met n stywe naat gewerk vanaf die waar dit by jou rugstring begin deur tot aan die onderkant net duskant die juwele-sakkie. Jy kry ook vir die ander geslag ene - maar hulle verkies eerder om dit n hoflossie te noem of n G-stringetjie, maar ons manne weet dis net n kneldemper!

Wou net seker maak ons almal is op die selfde demper hierso ouboet! ;D
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Kneldempers wat kies jy ?

Post by matewis »

;D ;D

Lyk my Sakkie het 'n stoute middag gekies om aan te sluit! Toemaar Sakkie, soos B2L roep, moenie worry nie..

PS. Ek weet egter nie veel van of knal of kneldempers nie. 'n Loop moet vry wees om te doen soos hy voel  ;D ;D
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Kneldempers wat kies jy ?

Post by Silent Hunting »

Sakkie,

Welkom hier. Jy kry basies twee soorte knAldempers.
Jy kry die gewone een waarvan die hele KD basies die loop se lengte verleng, dws as die KD 200mm is verleng die loop met 200mm. As jy hom soek koop jy 'n Terminator.
Dan kry jy die Reflex een. Die een pas so 50% oor die geweer loop, dws die loop verleng met 100mm as die KD 200mm is. As jy die een soek, kontak my ek maak hulle.

Welkom hier.

Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Kneldempers wat kies jy ?

Post by douw »

kan die moderators nie 'n "poll" begin?

Wie verkies watter knaldemper?

groetnis
douw

o ja, Welkom Sakkie
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
Bosvarkie
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Thu Sep 30, 2010 11:45 am

Re: Kneldempers wat kies jy ?

Post by Bosvarkie »

Hi Sakkie

Welkom hier op die forum.Jy is nie miskien die Sakkie Rust wat so twee jaar terug hier by my in die Oos Kaap kom bosvarke skiet het nie.

Groete

Riaan
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Kneldempers wat kies jy ?

Post by Gerhard »

Ek hou van die Terminator op my 222 wat ek bebruik vir jakkals roep en skiet omdat ek van die skietstoel af skiet.

Vir my is die Terminator te swaar vir n geweer waarmee ek wil loop en jag.

Ek het toe Pieter Jacobs se KD's ontdek wat perfek werk wat ek verwag van n KD op n jag geweer.

Wat nou nog beter is is dat hy baie vinnig die KD klaar het en boon op baie billike pryse het. (Tyd en Geld) is nogal n groot plus punt vir my...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Sakkie Rust
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Fri May 18, 2012 8:29 am

Re: Kneldempers wat kies jy ?

Post by Sakkie Rust »

Hahaha , julle manne gee mens n goeie verwelkoming hier op die forum  ;)

Blok - Ek bly in die Boland(Paarl) , werk in die wynbedryf en is ma nog nat agter die ore as dit kom by jag . Ek jag nou so 3jaar lank , en dis gewoonlik voorsit in die karoo .

Stefan/SS - Ek het al deur die forum gelees en die Terminator het my aandag getrek . Sal mens die knaldemper sonder draad kan koop ? en dan invat sodat S&O die draad op die loop en die knaldemper sny?

Douw - Ek stem vir daardie "poll"

Bosvarkie - Nee was nie ek gewees nie

Dankie vir almal se bydra !!!
Geniet die dag
Groete Sakkie
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Kneldempers wat kies jy ?

Post by BLOK »

Sakkie

Baie welkom weereens

Wat die draad op jou demper betref, bestel hom met draad gesny S&O sal die draad op die demper meet en dan jou loop daarvolgens kan sny. Hulle sal ook vir jou n cap (doppie) maak wat as jy die geweer sonder die demper wil gebruik die draad op jou loop beskerm.

Sterkte hoop dit help.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Coenie (Swift)
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Sep 14, 2010 11:05 am

Re: Kneldempers wat kies jy ?

Post by Coenie (Swift) »

Welkom Sakkie,

Gerhard het vir jou die beste raad gegee Terminator vir die gogga gewere en Oom Pieter vir dra en jaggewere.

'n knaldemper sal jou baie gelukkig maak wat jy ookal op besluit.

Groete
.22 , 223 Vektor H5, 270 Savage Mod III FXP3, 12 Boor Mossberg, 9mm Vektor SP1 Sport
User avatar
Bosmeerkat
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Wed Aug 03, 2011 7:45 pm

Re: Kneldempers wat kies jy ?

Post by Bosmeerkat »

Het self 'n terminator.

Baie lekker maar effe swaar ja.  Ek stel voor jy vra Clarence of wie ook al die knaldemper bou om net die boor grootte regdeur te boor dan kan dieselfde ouenes wat die draad op die loop sny die skroefpunt op die knaldemper op size boor en skroefdraad sny.  Die manne wat die roere sny is ek dink meer akkurraat as die knaldemper manne.  Myne is effens taper gesny so raak al stywer me die indraai maar losserig in die begin wat dan kan laat maak dat jy die skroefdraad op die geweer beskadig.  My 2c.

Wat is Pieter Kruger se kontak besonderhede?
Groete

Martin

.177 CZ 200 PCP; .22 LR Mossberg; .22 Anschutz; .243 Tikka T3 Super Varminter Ackley Improbed; 6mm Musgrave; .338 Tikka T3 Hunter; 9mm CZ 75 Shadow; O/U 12 Boor - Beretta Silver Pigeon 1
Post Reply