Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het agtergekom dat hierdie forum deurspek is met ouens wat gereeld jakkalse skiet en daarom wend ek my tot hulle as gesaghebbendes op die onderwerp!
Ek word nou die dag deur 'n uiters oorywerige en aggressiewe beamptetjie van Natuurbewaring in kennis gestel dat dit onwettig is om jakkalse te skiet en dat 'n permit daarvoor uitgereik moet word, nadat daarvoor aansoek gedoen is!
Ek het probeer om sodanige ordonnansie of regulasie na te vors, sonder enige sukses! Toe ek die beamptetjie vra vir biejie meer detail soos 'n ordonansie/regulasie nommer, gee hy net 'n snorkie en laat spat...
Ek is in Noordwes in die Klerksdorp omgewing, weet iemand dalk van so iets?
ek het die week met natuurbewaring gepraat en my vriend daar het gese in die vrystaat word jakkals en rooikat as n probleem beskou en mag hulle geskkiet word sonder permitte. daar is egter provinsies waar jy permitte nodig het. volgens die skrywes wat hy het was rooikat op die lys van bedreigde spesies maar is nou weer af. sou jy egter vanghokke gebruik moet jy blykbaar n permit he. ek sal vra of hy nie vir my afskrifte van sy skrywes wil maak nie dan sal ek meer uitvind.
Saul wrote:
Tensy iets verander het is dit net in die Wes-Kaap waar permitte nodig is.
Ja maar die jakkals het die permit gesteel nou skiet ons die met die hoop dat ons die permit kan herwin, ons skiet ongelukkig aanmekaar die verkeerde jakkals.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Meeste van die groenbaadjies wil eintlik maar net hul eie stemme hoor . Die wet waarop julle moet let is die gebruik van n kuns matige lig vir jag en sorg dat jy elke jaar jou jag lisensie hernu want maak nie saak wat jy skiet nie die wet beskou dit as jag.O ja en onthou dit is nie net jakkie en kattie wat as ongediertes verklaar is nie maar rondloper honde ook.
Ek is in die n-wes, ek ry sommer met n afskrif van die wet in my bakkie wat n-wes prov vir my gefaks het. Jakkals saam met nog n paar diere is probleem diere, in kort kan jy hulle tot gif gee
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!