Jakkalse skiet: Wettig of nie?

Post Reply
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Jakkalse skiet: Wettig of nie?

Post by Eugene »

Dags?

Ek het agtergekom dat hierdie forum deurspek is met ouens wat gereeld jakkalse skiet en daarom wend ek my tot hulle as gesaghebbendes op die onderwerp!

Ek word nou die dag deur 'n uiters oorywerige en aggressiewe beamptetjie van Natuurbewaring in kennis gestel dat dit onwettig is om jakkalse te skiet en dat 'n permit daarvoor uitgereik moet word, nadat daarvoor aansoek gedoen is!

Ek het probeer om sodanige ordonnansie of regulasie na te vors, sonder enige sukses! Toe ek die beamptetjie vra vir biejie meer detail soos 'n ordonansie/regulasie nommer, gee hy net 'n snorkie en laat spat... :-X

Ek is in Noordwes in die Klerksdorp omgewing, weet iemand dalk van so iets?

Groete
Aim small, miss small
stan man

Re: Jakkalse skiet: Wettig of nie?

Post by stan man »

ek het die week met natuurbewaring gepraat en my vriend daar het gese in die vrystaat word jakkals en rooikat as n probleem beskou en mag hulle geskkiet word sonder permitte. daar is egter provinsies waar jy permitte nodig het. volgens die skrywes wat hy het was rooikat op die lys van bedreigde spesies maar is nou weer af. sou jy egter vanghokke gebruik moet jy blykbaar n permit he. ek sal vra of hy nie vir my afskrifte van sy skrywes wil maak nie  dan sal ek meer uitvind.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Jakkalse skiet: Wettig of nie?

Post by Gerhard »

gaan kyk na die ordinansie.

Meeste provinsies is jakkals en rooikat as n probleem dier geklasifiseer.

Dit beteken hy mag op enige manier gejag word.

Maar die ordinansie sal dit spesifiek uit lig.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jakkalse skiet: Wettig of nie?

Post by Eugene »

Dankie julle, ek het dit ook so gehad, maar wou net seker maak!

Wil nie gaan jakkalse skiet en dan selle toe begelei word nie!
Aim small, miss small
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Jakkalse skiet: Wettig of nie?

Post by Gerhard »

Eugene wrote: Dankie julle, ek het dit ook so gehad, maar wou net seker maak!

Wil nie gaan jakkalse skiet en dan selle toe begelei word nie!
Wat jy wel nodig het is die skriftelike toestemming van die grond eienaar om op die plaas te jag.

Die brief moet by jou op die voertuig wees as jy roep.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Jakkalse skiet: Wettig of nie?

Post by Henry 7 »

Tensy iets verander het is dit net in die Wes-Kaap waar permitte nodig is.
stan man

Re: Jakkalse skiet: Wettig of nie?

Post by stan man »

die permitte vir vanghokke is net as jy die diere wil skuif na ander plase toe. en ja  jy het n toestemmings brief nodig en ook n jag lisensie.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Jakkalse skiet: Wettig of nie?

Post by Gerhard »

Wag bietjie,

Ian het nou die dag gese in Noord Wes moet jy n permit he om in die nag te jag...

Dis hoekom ons inligting vir hom moes stuur.

So daar is meer aspekte om na te kyk as net of jakkals geskiet mag word of nie...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Jakkalse skiet: Wettig of nie?

Post by tau »

Saul wrote: Tensy iets verander het is dit net in die Wes-Kaap waar permitte nodig is.
Ja maar die jakkals het die permit gesteel nou skiet ons die met die hoop dat ons die permit kan herwin, ons skiet ongelukkig aanmekaar die verkeerde jakkals.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
22-250 Sniper
Full Member
Full Member
Posts: 194
Joined: Fri Dec 09, 2011 8:20 pm

Re: Jakkalse skiet: Wettig of nie?

Post by 22-250 Sniper »

Meeste van die groenbaadjies wil eintlik maar net hul eie stemme hoor . Die wet waarop julle moet let is die gebruik van n kuns matige lig vir jag en sorg dat jy elke jaar jou jag lisensie hernu want maak nie saak wat jy skiet nie die wet beskou dit as jag.O ja en onthou dit is nie net jakkie en kattie wat as ongediertes verklaar is nie maar rondloper honde ook.
GUNS DON'T KILL, PEOPLE KILL
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Jakkalse skiet: Wettig of nie?

Post by James Wilson »

Ek is in die n-wes, ek ry sommer met n afskrif van die wet in my bakkie wat n-wes prov vir my gefaks het. Jakkals saam met nog n paar diere is probleem diere, in kort kan jy hulle tot gif gee
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: Jakkalse skiet: Wettig of nie?

Post by Wayne »

Eugene, as far as I am aware, you need a hunting license and a permit to hunt with a spotlight and you will be fine.
9mm Tanfoglio, .Parker Hale 308, Bruno 270, Savage 22-250, Ruger .204, .22 Bruno
SmitH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 453
Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am

Re: Jakkalse skiet: Wettig of nie?

Post by SmitH »

Hier by ons in die Oos Kaap het jy ook n permit nodig om enige probleem dier te jag in die nag met n lig
Post Reply