tafjak wrote:
Ek het nie gesinspeel dat jy nie jakkalse misskiet nie, maar eerder met jou stukkie van dat jakkals nou nie sal kan redeneer vir die "klap en knal" nie. As hy dan die "klap en knal" nie vreemd vind nie, is dit mos so dat jakkalse wat "bo-oor" misgeskiet is nie regtig misgeskiet is nie?? Ek probeer maar net v ermy om oor jakkalse na ander te skiet(ook maar net as dit moontlik is om te kies).
Taffie, ek hoor wat jy s? en ek het weer mooi geleer.
Ek het egter al so paar keer die verste jakkals van 'n stel, so min of meer bo-oor die naaste een geskiet en moet s? ek het ondervind dat die naaste een my gewoonlik dan genoegsaam tyd gee om klaar te maak met hom ook. Gewoonlik, na die verste een geskiet is, staan die naaste jakkals vir so paar oomblike en kyk terug in die rigting van die verste jakkals. As die naaste een dan dalk so jakkalsdraai gooi na die eerste skoot geklap het, gee hy 99% seker nog een kans, naby genoeg vir my skietvernuf, om hom ook om te dop.
Dit is wat my laat dink het dat 'n jakkals vir 'n paar oomblikke nie lekker kan uitmaak wat aangaan nie, of vanwaar die gevaar dan kom as die eerste koe?l bo-oor hom fluit nie. Alles wat ges? is, is egter baie teoreties. Ek skiet seker in min of meer 50% van die gevalle, in elk geval ook die naaste een eerste. Gereeld begin die naaste een eerste onraad vermoed en/of die verste een gee my nie 'n seker skoot nie. Dan sal ek ook altyd die naaste jakkals eerste teiken.
My grootste flop het nog gekom toe ek die verste een met die eerste skoot mis geskiet het (Gerhard, gelukkig gebeur dit darem ook nie aldag nie) Dis toe dat paniek met die gepaardgaande woordeskat, jammerlik ingetree het! Sedertdien het man maar probeer aanpas, nare ondervinding bly maar 'n goeie leermeester - net tot jy weer hans begin raak.
Miskien was ek nog net gelukkig met my "sisteem" en sal daarom voorstel dat diegene wat twyfel, eerder Taffie se raad gebruik. Gaan ook so bietjie na my eie gewoontes en praktyke kyk en aanpas.
Mooiloop
Louis
Ns.
Gerhard wrote:
Jy moet net vinnig genoeg oppi reload en weer skiet wees.
Gerhard, my ou 243'tjie weet al van vinnig "reload", soms t? vinnig. Nou die aand verras 'n jakkasie my toe ek nie mooi oplet in die klas nie. Skiet haar mis op 30 tree. Drie skote later val sy op so 150 tree. 243'tjie was amper op semi outomaties!
Goeie dade oortref goeie woorde.