Rooi hartebees jag

Post Reply
User avatar
Hoender
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sun Sep 04, 2011 3:21 pm

Rooi hartebees jag

Post by Hoender »

Dag se alle lede,

Ek het Saterdag oggend bietjie na 'n wildsplaas toe gegaan. Ek het heeldag geloop en skiet geleentheid van die voet afgesoek. Laat middag kom ek en die veldwagter op 'n trop hartebeeste af. Ek het lank gewag vir skiet kans. Op 'n stuk loop i'n jong bulletji van my af weg. Hy draai toe dwars en ek trek weg en skiet van die stokke af. Ek gooi 'n loodpil agter die blad en die trop trek weg en hardloop. Soos ek van kleins af geleer het, as jy agter die blad skiet moet jy dadelik oorlaai, en ek so gemaak. Ons stap toe nader en daar le die meneer, ek gee die mes vir hom en se hy moet keel afsny. Toe hy aan die bok druk met die mes, vlieg hy op en is kliphardegat. Ek nog nooit so geskrik nie, ek druk slot toe en gooi weer 'n skoot op 2m k skiet hom op die neus gedeelte en hy staan. Ek pluk slot oop en stoot nog 'n loodpil in die loop.  En looi hom agter ni oor.  Dit was rerg intresant., maar lekker
.308 SAKO
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Rooi hartebees jag

Post by BRNO (Pierre) »

Dit klink sommer asof dit kon lekker wees. So bok wat opspring kan n man lekker laat skrik.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Hoender
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sun Sep 04, 2011 3:21 pm

Re: Rooi hartebees jag

Post by Hoender »

Ja nee! Maar dis lekker om op 'n plaas soos daardie een te skiet. Ek het op 'n stuk 'n kameelperd bekruip en ek het 20m van hom af gaan staan. Mens besef dan hoe groot hul rerg is.
.308 SAKO
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Rooi hartebees jag

Post by Frederik »

Net onthou kameelperd is nie jou maat as jy om laat skrik nie hy gee 4 tree om daardie 20 meter te maak.
Waar is die fotos?
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Rooi hartebees jag

Post by FHM »

Hoender wrote: Ons stap toe nader en daar le die meneer, ek gee die mes vir hom en se hy moet keel afsny. Toe hy aan die bok druk met die mes, vlieg hy op en is kliphardegat.
Goed gereageer daar met die Hartie Hoender. ;)

Moet dit net NOOIT met n Gemsbok probeer nie!!!
Stap eerder baie stadig nader - gooi n klip of stok na die Gemsbok en as daar nie reaksie is - kyk mooi na die pens of daar asemhaling is of nie. Indien wel, stap n paar meter terug en druk nog n skoot in die kop. Indien geen asemhaling vir so minuut gesien kan word nie behoort die bok dood te wees, maar gaan nogsteeds stadig voort.
My jonger broer het n Gemsbok horing deur die bobeen gekry toe ons (twee jong mannetjies daai tyd) wat gedink het hy is dood - wou keel afsny....toe lewe ta nog :o!!! Baie gevaarlike bok as jy by hom kom en hy besluit om op te staan - lewensgevaarlik.
Last edited by FHM on Tue Jun 26, 2012 9:27 am, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Rooi hartebees jag

Post by Skolla »

FHM wrote: Moet dit net NOOIT met n Gemsbok probeer nie!!!
Baie gevaarlike bok as jy by hom kom en hy besluit om op te staan - lewensgevaarlik.
Jy vat nie aan daai gemsbok voor sy hare nie regop staan nie.
As sy hare so rys dan weet jy hy is nou dood.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Rooi hartebees jag

Post by FHM »

Skolla wrote:
FHM wrote: Moet dit net NOOIT met n Gemsbok probeer nie!!!
Baie gevaarlike bok as jy by hom kom en hy besluit om op te staan - lewensgevaarlik.
Jy vat nie aan daai gemsbok voor sy hare nie regop staan nie.
As sy hare so rys dan weet jy hy is nou dood.
+ 1 Skolla - vergeet van daai feit!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Rooi hartebees jag

Post by visstok »

Skolla +1! Dis hoe ek ook geleer is
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
Post Reply