Dag se alle lede,
Ek het Saterdag oggend bietjie na 'n wildsplaas toe gegaan. Ek het heeldag geloop en skiet geleentheid van die voet afgesoek. Laat middag kom ek en die veldwagter op 'n trop hartebeeste af. Ek het lank gewag vir skiet kans. Op 'n stuk loop i'n jong bulletji van my af weg. Hy draai toe dwars en ek trek weg en skiet van die stokke af. Ek gooi 'n loodpil agter die blad en die trop trek weg en hardloop. Soos ek van kleins af geleer het, as jy agter die blad skiet moet jy dadelik oorlaai, en ek so gemaak. Ons stap toe nader en daar le die meneer, ek gee die mes vir hom en se hy moet keel afsny. Toe hy aan die bok druk met die mes, vlieg hy op en is kliphardegat. Ek nog nooit so geskrik nie, ek druk slot toe en gooi weer 'n skoot op 2m k skiet hom op die neus gedeelte en hy staan. Ek pluk slot oop en stoot nog 'n loodpil in die loop. En looi hom agter ni oor. Dit was rerg intresant., maar lekker
Rooi hartebees jag
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Rooi hartebees jag
Dit klink sommer asof dit kon lekker wees. So bok wat opspring kan n man lekker laat skrik.
Veiligheid eerste manne!
- Hoender
- Newbie

- Posts: 35
- Joined: Sun Sep 04, 2011 3:21 pm
Re: Rooi hartebees jag
Ja nee! Maar dis lekker om op 'n plaas soos daardie een te skiet. Ek het op 'n stuk 'n kameelperd bekruip en ek het 20m van hom af gaan staan. Mens besef dan hoe groot hul rerg is.
.308 SAKO
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Rooi hartebees jag
Net onthou kameelperd is nie jou maat as jy om laat skrik nie hy gee 4 tree om daardie 20 meter te maak.
Waar is die fotos?
Waar is die fotos?
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Rooi hartebees jag
Goed gereageer daar met die Hartie Hoender.Hoender wrote: Ons stap toe nader en daar le die meneer, ek gee die mes vir hom en se hy moet keel afsny. Toe hy aan die bok druk met die mes, vlieg hy op en is kliphardegat.
Moet dit net NOOIT met n Gemsbok probeer nie!!!
Stap eerder baie stadig nader - gooi n klip of stok na die Gemsbok en as daar nie reaksie is - kyk mooi na die pens of daar asemhaling is of nie. Indien wel, stap n paar meter terug en druk nog n skoot in die kop. Indien geen asemhaling vir so minuut gesien kan word nie behoort die bok dood te wees, maar gaan nogsteeds stadig voort.
My jonger broer het n Gemsbok horing deur die bobeen gekry toe ons (twee jong mannetjies daai tyd) wat gedink het hy is dood - wou keel afsny....toe lewe ta nog
Last edited by FHM on Tue Jun 26, 2012 9:27 am, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: Rooi hartebees jag
Jy vat nie aan daai gemsbok voor sy hare nie regop staan nie.FHM wrote: Moet dit net NOOIT met n Gemsbok probeer nie!!!
Baie gevaarlike bok as jy by hom kom en hy besluit om op te staan - lewensgevaarlik.
As sy hare so rys dan weet jy hy is nou dood.
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Rooi hartebees jag
+ 1 Skolla - vergeet van daai feit!Skolla wrote:Jy vat nie aan daai gemsbok voor sy hare nie regop staan nie.FHM wrote: Moet dit net NOOIT met n Gemsbok probeer nie!!!
Baie gevaarlike bok as jy by hom kom en hy besluit om op te staan - lewensgevaarlik.
As sy hare so rys dan weet jy hy is nou dood.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm