Phantom Logo Supporters Club

Rapporteer enige foute of aanbevelings hier/Report any problems or suggestions here

Hoe hou jy van die Phantom Logo?

Uitstekend!
14
56%
Goed
8
32%
Redelik
2
8%
So-So, moet verbeter word
0
No votes
Nie vir my nie.
1
4%
Die Phatom Logo walg my!
0
No votes
Te dom om konsep te snap.
0
No votes
 
Total votes: 25

Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Phantom Logo Supporters Club

Post by Louis102 »

Casper het besluit om sy volle gewig agter die Phantom Logo in te gooi.  Hy het selfs vir hom 'n T-Hemp laat druk:


                      Image


Indien jy van hierdie idee vir 'n logo hou, laat weet van jou!
Goeie dade oortref goeie woorde.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Phantom Logo Supporters Club

Post by Louis102 »

Jammer hierdie bakkie is wit, maar die idee tel seker:


                          Image


Die logo sal werk op enige kleur, volgens Casper.
Goeie dade oortref goeie woorde.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Phantom Logo Supporters Club

Post by Louis102 »

Casper s? dat die logo selfs op 'n golf-hemp goed kan lyk!


                  Image
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Phantom Logo Supporters Club

Post by Christo »

Louis

Mooi Golfhemp die. Soek een in groot 4x of so nie 5x

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Phantom Logo Supporters Club

Post by Dawie »

Ek laaik 8)

Louis ons het vir ons bike club "Boere met Bikes" 'n ronde lisensieskyf sticker ook gemaak,  dit werk lekker want jy kan hom ook agter op jou bakkie se tailgate of op jou bike of op padtekens ens. plak.....

Die Phantom logo is goedkoop om te laat druk ook,  want dis ook net een kleur.

D
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Phantom Logo Supporters Club

Post by Louis102 »

Dawie
Dawie wrote: Louis ons het vir ons bike club "Boere met Bikes" 'n ronde lisensieskyf sticker ook gemaak,  dit werk lekker want jy kan hom ook agter op jou bakkie se tailgate of op jou bike of op padtekens ens. plak.....
Net vir duidelikheid:  Die Myl 108-padteken was "tong-in-die-kies" en digitaal gemodifiseer was en nie vandalisties geskend nie. ;)  Verder hou ek baie van jou manier van dink.  Die moontlikhede met so 'n tipe logo is legio, hoop niemand wil dit inperk nie!  Die voordeel is dat dit so maklik gedupliseer kan word, dat selfs 'n kind dit met 'n bietjie oefening kan baasraak.

Ek voorspel dat (sodra die "image" gevestig is) hierdie logo 'n lewe van sy eie mag aanneem.  Met subtiele veranderinge kan die emosie van die maskers (amper soos by die "smileys") maklik verander word om by uiteenlopende situasies aan te pas, sonder dat dit die eie identiteit verloor.  Dit is egter vir die toekoms en bietjie gevorderd, kom ons kyk eers waarop besluit word.

Ek sal graag verder wil gesels oor die simboliek en voordele van hierdie logo, maar ons mag glo nie verduidelik nie.  Die logo moet blykbaar vir homself praat.  Wonder watter logo praat die hardste met die lede op die oomblik?

Groete
Louis

Ns. Kan nie help om te wonder waar Phantom nog oral in sy tyd gaan opduik nie.  Miskien moet ons rekord hou?
Last edited by Louis102 on Sun Dec 06, 2009 8:59 am, edited 1 time in total.
Goeie dade oortref goeie woorde.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Phantom Logo Supporters Club

Post by Dawie »

Louis

Kyk bietjie mooi op grondpaaie se borde die "GS" stickers wat die BMW Adventure bike ouens op die aanwysborde plak,  veral die lekker grondpaaie.  As ou die sticker subtiel maak dink ek nie kan mens dit as vandalisme beskou nie,  niemand het die BMW manne nog uitgemaak as vandaliste nie. 

My eerste projek sal wees om een op 'n CN bordjie te kry...Booyah!!!  ;D

Dawie
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Phantom Logo Supporters Club

Post by Freddie101 »

Ek ondersteun logo
freddie
yol bolsun
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Phantom Logo Supporters Club

Post by Ja3 »

Ek ondersteun logo
Ja3
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Phantom Logo Supporters Club

Post by Louis102 »

Dawie wrote: My eerste projek sal wees om een op 'n CN bordjie te kry...Booyah!!!  ;D
;D ;D ;D  Laat wie ook al oor die logo moet besluit, hul keuse maak.  Die pret kannie wag om te begin nie!
Last edited by Louis102 on Sun Dec 06, 2009 12:01 pm, edited 1 time in total.
Goeie dade oortref goeie woorde.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Phantom Logo Supporters Club

Post by Louis102 »

Jy kan jou mening oor die Phantom Logo lig deur deel te neem aan die menings peiling by : http://jaracal.com/http://jaracal.com/phpbb//viewtopic.php?t=9  of gaan na die forum se "Home Page" en kyk onder "site news" is daar 'n topic genaamd "Phantom Logo Supporters Club" en spoel jou mond daar uit.
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ambessa

Re: Phantom Logo Supporters Club

Post by Ambessa »

Hallo Louis102
Louis102 wrote:...sal graag verder wil gesels oor die simboliek en voordele van hierdie logo, maar ons mag glo nie verduidelik nie.  Die logo moet blykbaar vir homself praat.
...daar is 'n sterk boodskap/wat self praat...

Ambessa
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Phantom Logo Supporters Club

Post by CHRIS »

Louis

Ek dink julle mors nou tyd manne. >:( Ek kan nie eers tjek teken nie en sou graag so ou stickerkie op my karavaan wou plak v die vakansie.  ;D

Ek stem vir die logo.

Soos sir TAF ges? het "laat loop dis laat"
Groete Chris
User avatar
Izak H
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am

Re: Phantom Logo Supporters Club

Post by Izak H »

Ek stem ook vir die logo, laat weet wanneer dit beskikbaar gaan wees.
Izak
Last edited by Izak H on Sun Dec 06, 2009 9:32 pm, edited 1 time in total.
Thinus

Re: Phantom Logo Supporters Club

Post by Thinus »

LAAT WEET WANNEER IS DIT BESKIKBAAR

JAKKALS WP
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Phantom Logo Supporters Club

Post by Francois Marais »

Louis

Ek ondersteun die logo, dink dis baie prakties (maklik en goedkoop om te print en borduur) en dra die boodskap van JARACAL mooi uit.

Ons moet dit vir seker in gebruik he voor "DIE TRIP"

Mooi loop
Francois
Last edited by Francois Marais on Mon Dec 07, 2009 7:49 am, edited 1 time in total.
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Phantom Logo Supporters Club

Post by Freek »

Oom Leeu,

Lyk my die keuse is gemaak onder die lede. Ek ondersteun ook jou LOGO, hoop Dr Jaracal kan nou die finale stensel hier afdruk dat die JARACAL LOGO kan begin hardloop.

Groete ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Phantom Logo Supporters Club

Post by Raven »

Ek sal enige dag so 'n golf-hemp met phantom op dra.
Dit is definitief 'n Logo wat iemand twee keer sal na kyk, en met die tweede kyk verduidelik jy trots waaroor dit gaan.
Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Phantom Logo Supporters Club

Post by Danie01 »

Hou van die logo met volle ondersteuning. Dit sal mooi lyk op n khaki hemp ook!
Hou ons op hoogte van sake rondom die moontlike koop van logo of hemde, ens.

Danie
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Phantom Logo Supporters Club

Post by Raven »

Oom Louis,

Ek weet Namhunt besit 'n goeie "logo embroidery" company in Windhoek, miskien kan ons hom vra vir kwotasies sodra alles goedgekeur is.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Phantom Logo Supporters Club

Post by Francois Marais »

Raven

Wou dit ook noem, maar jy's my een voor.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Phantom Logo Supporters Club

Post by Louis102 »

Dankie vir julle groot steun aan die Phantom Logo.  Dit maak my opgewonde omdat die moontlikhede met die Logo groot is.  Maar laat ons eerder nie die kar voor die perde inspan nie.  Ek sal graag wil sien dat die eienaar van die "Jaracal Brand" net eers die nodige/verdiende respek gegee word en dat ons wag vir sy amptelike toestemming, voordat ons uit die blokke wegspring.  Heinrich het laat deurskemer dat hy van die logo hou en dat dit die lede van die forum se besluit is, so ek verwag goeie nuus binne kort.

Ek sien dit so:  Ek het reeds vir Tafjak per PM verwittig dat daar sterk ondersteuning vir die Logo is en dat ons haastig is om die wiel aan die rol te sit.  Ek het hom gevra om as tussentydse "Voorsitter" op te tree sodat die Logo se sake regverdig en deursigtig hanteer kan word.  Die Logo se ontwerp kos niks, maar drukwerk, borduurwerk ens. is mos nie verniet nie.  Lede met ondervinding in hierdie verband se insette sal waardeer word.  As die goedkeurig kom is dit "ons" Logo en "ons" moet die Logo laat werk en bestuur.  

As ek my gebruiklike filosofiese preek mag afsteek:   Sou "Phantom Logo" die amptelike Jaracal Forum-logo word, sal elke lid van die Forum 'n verantwoordelikheid h? om die goeie naam van Jaracal en die Logo uit te dra.  Slegs dan sal ons dit met trots kan vertoon of op 'n kledingstuk dra.  En dit is my visie - Om trots te wees op dit waarvoor die logo staan, eerder as hoe die logo lyk.

Enige voorstel en/of hulp van die lede van die forum sal waardeer word, so laat die idees inrol.

Groete
Louis
Last edited by Louis102 on Mon Dec 07, 2009 4:28 pm, edited 1 time in total.
Goeie dade oortref goeie woorde.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Phantom Logo Supporters Club

Post by Freek »

Louis102, ek stem 100% saam. Die logo en dit waarvoor JARACAL staan het geen betekenis as ons dit nie verantwoordelik uitstraal nie. As 'n mens trots is op dit waarvoor jy staan en ondersteun dan kan almal (insluitend die groenes) sien dat ons ernstig is oor die saak en alles in ons vermo? doen om dit eties te maak werk. 'n Instelling waarop die gemeenskap ook trots kan wees en die gedragskode weerspieel ons optrede.

Ek het nou nie kontak m.b.t embroiders in SA nie maar ek het wel goeie kontak m.b.t leerwerk. Ek kan help met die druk van leer sleutelhouers ens. Die manne wat op die Middelburg kursus was het elk 'n soortgelyke leer sleutelhouer ontvang met "Die Bosvark" skietstoel logo. So julle moet maar net praat as julle sleutelhouers soek, dan sal ek die koste per sleutelhouer bereken. Enigste vertraging gaan wees om 'n stensel (met Phantom Logo) en lem te bou, daarna loop die produksie vinnig.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: Phantom Logo Supporters Club

Post by boeta »

Sal die logo en die naam Jaracal met trots dra,wanner kan ons hemde en allerhande goete bestel,laat weet maar

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Phantom Logo Supporters Club

Post by Ja3 »

Louis

Ek sien jy't die agtergrond op jou logo so te s? vervolmaak (die een op jou avatar)

Ja3

p.s.- die bruin geweer is terug, met picatinny rail en suisie gemonteer.
Post Reply