30.06

Post Reply
Herman Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 645
Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm

30.06

Post by Herman Venter »

Hallo manne,
Ek wil biki duidelikheid kry, ek het nou vir my n 3006 gekoop en almal of kom ek se so baie mense het iets te s? oor die geweer... Die kwes storie en al daardie dinge! Die rede vir die 3006 is hoofsaklik omdat ek groot geword het met een en het so n liefde vir hom ontwikkel! En dan ook natuurlik die verkeidenheid wat hy jou bied..!

Nou wil ek weet by julle, wat is die ware storie..?
Ek luister graag!

Groete
Herman
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243

REFUSE TO FOLLOW
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: 30.06

Post by VdWalt »

:'( Ongelukkig ja !  :'(
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: 30.06

Post by VdWalt »

;D Kon nie help nie !!  ;D
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 30.06

Post by Gerhard »

Kyk wat maak my 30 kwes...

http://jaracal.com/index.php/topic,10733.0.html

Hou op om jou te steur aan nonsens...  ;D

Is die selfde geterg tussen bowtech en hoyt as tussen 308 en 3006
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: 30.06

Post by BLOK »

30 o kwes
kruppel 2
25 nul kwes
300 versapper
kruppel 2 50
308 gradeboog

Maar net name want dit is mos maar soms lekker om mekaar te hap, ken net jou geweer oefen genoeg en gebruik ordentlike amuniesie en alles loop klopdisselboom ek belowe.


ok 308 is dalk nie net n naam nie maar die werklikheid. hahaha
Last edited by BLOK on Tue May 15, 2012 2:27 pm, edited 1 time in total.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: 30.06

Post by Machann »

Dalk het ek hierdie verkeerd maar ek dink Willem (S&O) het laas gese daar word meer 30-06 ammo verkoop as al die ander jag kalibers saam. Daar is meer 30-06 in die veld so meer bokke word deur hulle gekwes. Die ander probleem gewoonlik is dat die geleentheids jagter ( dalk n bok n jaar) ook gewoonlik n 30-06 koop en ons almal weet wat gebeur as mens nie oef nie. Niks verkerd met die kaliber maar eerder gewoonlik die man agter die geweer.  Die kaliber gooi egter baie mooi bulletjies soos die 25-06 :angel:
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: 30.06

Post by Machann »

Eerste keer wat ek hoor van 25 nul kwes, moes seker iemand jaloers gewees het. My pa kon nie eers met myne blou wilde beeste gekwes het terwyl hy harsingskuding gehad het van die vorige aand van die bakie afval. 
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
User avatar
velskoen
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Sat Mar 03, 2012 7:48 pm

Re: 30.06

Post by velskoen »

Nog 'n ding van baie eenmaalperjaarjagters is dat hulle nie altyd ammunisie met die regte koele vir die bok gebruik nie. Die .30-06 se trompsnelheid van 2700fps met 180gr's is te hoog om met vertroue in die bosveld te gebruik met gewone ongebonde loodkerns op groter bokke. Koop die regte koele en jy is reg tot by eland as jy jou kant bring.

O ja, julle het die fluitjiesriet (bynaam) vergeet. ;)
22lr (BSA), 22lr (S&W K22), 223 Rem (Tikka T3), 270 Win (Mod 70), 30-06 Sprg (Mod 70), 300 Win Mag (Mod 70), 375 H&H Mag (Mod 70), 9mm (BHP), 40 S&W (G23), 44 Rem Mag (Redhawk), 45 ACP (1911), 12 Br o/u (Brno ZH-301), 12 Br Pomp (Win SXP)
SmitH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 453
Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am

Re: 30.06

Post by SmitH »

Ek se dit het niks met die kaliber te make nie maar die persoon wat die wapen vashou en die sneller trek jy kan met enige wapen kwes
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 30.06

Post by DWB »

Jy moet maar saam lag...

Ek s? maar net as ek swak skiet kan ek immers die geweer blameer :D

Maar ja, my nulkwes het ook nou al meer as een keer homself bewys wat akkuraatheid aanbetref
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Herman Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 645
Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm

Re: 30.06

Post by Herman Venter »

Dankie manne,
ek glo ook nie al daardie nonsens nie en glo ook maar die omdat daar so baie 3006'e in die veld is dat daar net soveel meer gekwes word!

Ek en my vriende het elke byeenkoms n gespottery tussen hoyt en bowtech! Maar daar stry ek dar lekker saam lol!!

Groete
Herman
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243

REFUSE TO FOLLOW
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: 30.06

Post by FHM »

Herra01 wrote: Dankie manne,
ek glo ook nie al daardie nonsens nie en glo ook maar die omdat daar so baie 3006'e in die veld is dat daar net soveel meer gekwes word!

Ek en my vriende het elke byeenkoms n gespottery tussen hoyt en bowtech! Maar daar stry ek dar lekker saam lol!!

Groete
Herman
Herman,

Elke jaar voordat ek gaan jag begin ek so maand voor die tyd gereeld skietbaan besoek en kry weer bietjie die nodige dinge ge-offen soos staan / hurk / le / skietstok en bi-pod gebruik tesame met die 'druk' van die sneller en die asemhaling - nadat ek so ent gedraf het - net om die ou pompie bietjie te laat werk soos in die veld jy weet. Ek glo seisoen-jagters wat net 1 of twee keer n jaar jag moet voor die tyd begin prep en oeffen om dinge weer lekker 'geolie' te kry.

Ek het laasnaweek in Dordabis / Leonardville wereld her in SWA gejag met my 30-nul-kwes. Ek het 1 gemsbok en 4 springbokke geskiet met almal 1 skoot. (AFSONDERLIK...DWB :police:) Het my vriend-gids se oe (myne ook) laat rek met n 350 m reg van voor nekskoot op n springbok - gras is lank - net nek en kop steek uit. Die res van my skote was almal 200 m + behalwe die gemsbok wat ek op 180 m geskiet het. Almal met die 30-nul-kwes. Die aand om die vuur met nog paar manne wat kom kuier het, het my vriend-gids begin brek oor die 30-nulkwes (hy het n 300 WM) nog voor ek my geweer kon begin prys.

Soos die manne se - 99% van die tyd is dit die man agter die geweer, ken jou geweer, en kies jou koels sorgvuldig - dis wat jou jagsukses bepaal. Ek sal my 30-nul-kwes vir geen ander kaliber ruil nie - ek en sy stap al lank saam en ken mekaar intiem.

Jy het n puik kaliber gekoop wat homself al n honderd jaar lank bewys - leer mekaar ken en jy sal met n smile by elke na-jag kampvuur sit.

Jagtersgroete
Last edited by FHM on Wed May 16, 2012 12:28 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 30.06

Post by DWB »

Vier bokke met een skoot!!!!

Dit wil gedoen wees  ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: 30.06

Post by FHM »

Jaaaa DWB - n skerp ou soos jy sal nou wragtig die 'tenses-ding' loop optel ne!
Sorry manne as daar n misverstand blyk te wees - ek het elke bok afsonderlik met n nuwe skoot platgetrek... ;D
Last edited by FHM on Wed May 16, 2012 12:26 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: 30.06

Post by vlakvark1 »

SmitH wrote:
Ek se dit het niks met die kaliber te make nie maar die persoon wat die wapen vashou en die sneller trek jy kan met enige wapen kwes
Defnitief--Verseker-- 100%
vlakvark en bosvark Bvk
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: 30.06

Post by Carl »

Ja na so honderd jaar in die veld en die loopgrawe is dit een van die oudste kalibers iets moet reg wees of dalk sommer alles.

Kaliber van die eeu? http://hunting.about.com/od/guns/l/aasttopriflecar.htm
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Deon Joubert

Re: 30.06

Post by Deon Joubert »

Soos Gerhard se, Moet jou nie aan strooi steur nie.  Dis nie die geweer wat kwes nie dis die skut. En ek dink inelk geval al die benamings wat die ouens die goed gee is maar in my oogpunt jaloesie want hy het nie een nie.

Jy kan met n 416 ook kwes !
Last edited by Deon Joubert on Fri May 18, 2012 9:44 am, edited 1 time in total.
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: 30.06

Post by Machann »

Eeendag so tussen 1000-1500 verskillende doppe gaan afhaal by n ou ph wat in Zim gejag het (het daai tyd doppe verkoop om vir my studies te betaal). So begin praat hom dadelik vertel van my oupa se eerste bok wat n buffel koei was met n 303 wat hy aangesien eht vir n bw bul. hom toe gevra oor kaliber vir groot wild en sy woorde aan my was hy sal eerder n jagter guide wat n 9.3 goed kan skiet inplaas van n man met n 700 NE wat bang is vir die geweer. Op die einde van die dag is dit die man agter die geweer...
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
Post Reply