Nosler

User avatar
Born2Late
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am

Re: Nosler

Post by Born2Late »

Gerhard
n Stukkie vleis.Dit is eg Afrikaans soos die ou boere dit gepraat het.Al die mooi goed verdwyn uit ons taal.Nou is dit sommer n take away.Mooi geskiet.Ek maak ook elke jaar n draai by Kobus Davel op Dulstroom.Daardie mense se harte klop nog reg.
Labore Et Diligentia.
With labour and diligence.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nosler

Post by Gerhard »

Born2Late wrote: Gerhard
n Stukkie vleis.Dit is eg Afrikaans soos die ou boere dit gepraat het.Al die mooi goed verdwyn uit ons taal.Nou is dit sommer n take away.Mooi geskiet.Ek maak ook elke jaar n draai by Kobus Davel op Dulstroom.Daardie mense se harte klop nog reg.
Ahhh...

Ja my wors wag vir my einde van April.

Kobus was soos ek ook in die Dullstroom laerskool.

Ons het die naweek reunie gehou.

Die skooltjie sou 123 jaar oud gewees het.

Die oudste leerling daar die naweek was in 1939 in graad 1  :o
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Nosler

Post by Wouter Roets »

Hallo Gerhard

Baie geluk man en mooi gegooi! Oefen die kopskote dan sal daai BT's baie mooi werk. Die boer sal ook dan baie beindruk met jou wees oor die vleisskade! ;)

Ek ry deur Dullstroom oppad Leydenburg toe elke tweede week en het al lekker gewonder hoe n persoon te voet gaan maak agter die sondagdonkies aan. Het jy al die mooi vaal ribbokke gesien in die kamp oppad uit Dullstroom Leydenburg se kant toe? Het al amper die kar omgegooi met n paar van daai ramme!

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nosler

Post by Gerhard »

Wouter,

Ek is op Lydenburg gebore.

Die dorp het net so uit sy nate gebars.

Ja ek weet waar n paar groot ramme loop maar hulle is Kroon Wild op die plase.

Ek sal maar oefen met die BT's en met die Accubonds bors skote skiet.

Ek skiet nie goed genoeg vir kopskote nie...

Die blesbok ooi wat ek laas week kop skoot geskiet het was die eerste kopskoot ooit...  :o
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Nosler

Post by douw »

Baie mooi gerhard!!!


Groetnis
Douw
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Nosler

Post by Ian »

Gerhard wrote: Wouter,

Ek is op Lydenburg gebore.

Die dorp het net so uit sy nate gebars.

Ja ek weet waar n paar groot ramme loop maar hulle is Kroon Wild op die plase.

Ek sal maar oefen met die BT's en met die Accubonds bors skote skiet.

Ek skiet nie goed genoeg vir kopskote nie...

Die blesbok ooi wat ek laas week kop skoot geskiet het was die eerste kopskoot ooit...  :o
Gerhard

Ek haal die storie aan" ek skiet nie goed genoeg vir kopskote nie ...."  , jaja, dit is nou 'n nederige persoon wat so praat. Lekker om te sien dat jy so vroeg in die seisoen al so lekker kan afskop. Sien uit om jou daar by my te sien met die boog, gaan hemel op aarde wees.

Groete Ian
Last edited by Ian on Wed Mar 28, 2012 8:52 pm, edited 1 time in total.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Nosler

Post by Carl »

Sien nou eers die storie. Goed geskiet Gerhard en wys jou net as jy jou wild se gedrag ken kan jy die ding doen. Dankie vir die inligting oor die Noslers, ek is huidiglik op Partitions (paar verniet pakkies om te laai). Maar dit maak sin sal bietjie eksperimenteer in die toekoms.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nosler

Post by Gerhard »

Hier is n paar fotos van die laaste jag sessie.

120m 150gr Nosler BT

[img width=356 height=480]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... MuanBn.jpg[/img]

120m 150gr Nosler Accubond

[img width=357 height=480]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... QuanBn.jpg[/img]

Die mis was bietjie toe getrek toe ek die Accubond groep skiet en toe vang die laaste skoot my en ek skiet om regs onder.

Hier staan ek by die teiken en die bakkie af geneem om n idee te kry hoe dig die mis was...

[img width=560 height=417]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... LmpwZw.jpg[/img]

Ek het nog 4 blesbokke geskiet.

Die ram met n kop skoot op 70 tree met BT

[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 0209ab.jpg[/img]

Die ooi op 200m met n Accubond

[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 070219.jpg[/img]

Die ram op 250m met n Accubond

[img width=560 height=387]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 70234a.jpg[/img]

Herwin die Accubond onder die vel op die oorkantste blad.

[img width=560 height=374]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 70237a.jpg[/img]

Ongelukkig verloor met die bekruip op die volgende ram wat ook hier op 250 m geskiet is..

[img width=560 height=345]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 70239a.jpg[/img]

Ek is baie tevrede tot op hede met die Noslers.

Hoop ander jagters kry die selfde resultate.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Post Reply