Nosler

User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Nosler

Post by Gerhard »

Ek het soos meeste van julle weet onlangs begin om 150gr lading ontwikkeling te doen vir die 30 06.

My keuse het op Nosler Ballistic Tip en Accubond punte geval.

Ek kon die "goed koper" BT's gebruik vir lading ontwikkeling en oefen en wanneer dit kom by jag tyd word die Accubond's geskiet.

Ek het gehoor dat die BT's en Accubond's die selfde "design" is en dat hulle op die selfde plek skiet met die selfde lading.

Dit getoets en toe so ook bevestig.

Op die stadium skiet ek die punte teen 2750fps met mooi groepeerings as ek my werk doen. Maar ek wil hulle graag op jaag na 2900fps en die volgende ladings sal hopelik een vd dae getoets word.

Ek het laas week n paar dae af gevat met die Woensdag vakansie dag en vir vriende op Dullstroom gaan kuier.

Die een boer (waar ek laas jaar 4 blesbokke met die Hornet geskiet het) vra ek moet asb weer vir hulle n paar skiet.

As jy kan so 6 want hulle wil wors, maal vleis en ham burger putties maak.

Ek moet maar weer in die lang kamps gaan jag waar die bokke teen 120km/h wei.

By die kamp aan gekom kon ek toe vinnige die eerste blessie dop met n plank dwars bors skoot. Hy het op die plek geval.

[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... LmpwZw.jpg[/img]

Nou die kamp is oop, die gras is kort soos op n rugby veld met net n klip hier en daar...

Die foto is op n plaas langs aan geneem net om julle half n idee te gee dat dit maar moeilik is om naby die bokke te kom.

[img width=560 height=414]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... S5qcGc.jpg[/img]

Vandaar die rede dat hulle so "vinnig" wei.

Laat weet die boer ek het die eerste een geskiet en keel af gesny en hy moet hom so lank kom haal.

Ek sien toe deur die verkyker nog n paar bokke seker maklik 800m + weg.

Werk toe maar my plan uit en stap lekker rustig tot waar ek min of meer wil wees.

Die blesbokke is mos lief om te staan en wei en dan te gaan le in die son dan weer op te staan en weer te gaan le.

Die bok wat ek dop hou gaan le toe en ek kon darm n klip en n bossie tussen my en hulle hou omtrend die enigste 2 wat daar was...

Kom toe by die klip waar ek wil wees range gou en is 130m van die een bok af.

Die Cladwell Bi Pods werk great en ek sit en wag vir die bok om op te staan.

In tussen het die boer toe verby gekom op die grond pad en laat weet my op BBM hy het die eerste bok gekry.

Ek s? toe hy moet net wag ek is op die bokke en wag net dat hy op staan.

Die een ooi l? toe met haar kop dwars en ek besluit dit is sulke tyd en di skoot klap.

Die ander bokke weet nie waar die skoot vandaan kom nie en spring op.

Ek skiet toe nog twee wat reg langs die eerste een val.

Nou moes ek vinnig nog twee patrone in die magasyn kry.

Die bokke (daar was toe seker 20 in die trop waarvan ek in die begin net n paar gesien het) hol.

Maar soos blesbok se manier is steek hulle vas en kyk terug na die wat nou net om geval het.

Ek is reg vir hulle en die oomblik wat die bok vas steek klap die skoot en die 5de een val oomblik later.

Die 5 het binne minder as 30 sekondes van die eerste skoot geval.

Ek het 5 van die 6 bokke met bors skote geskiet.

Al 6 het in hulle spore neer gesak.

Die boer was toe net daarna by en ons het bokke gelaai en ek kon nie mooi kyk na die uit gangs wonde nie.

Maar in die slag kamer loer ek gou na die karkasse en om eerlik te wees ek sien nie veel vleis skade nie.

Die boer verwerk die bokke vandag en more en hy sal laat weet of daar vleis skade was in dien enige.

Die bokke wat ek geskiet het wat "facing on" was is daar dalk n moontlikheid dat ek dalk nog n punt kan kry.

Sodra dit gebeur sal ek fotos kry en weeg as ek weer terug op die plaas is.

Ek persoonlik is baie tevrede met die BT en Accubond kombinasie en sal dit beslus weer gebruik in die toekoms.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Nosler

Post by VdWalt »

Mooi geskiet daar. Lekker om goeie dinge van die Accubond en
vleis skade te hoor. Ek het hoeka 140gr vir die 6.5 wat binne kort iets
moet gaan jag!
User avatar
LN (Louis)
Full Member
Full Member
Posts: 206
Joined: Fri Aug 27, 2010 5:35 pm

Re: Nosler

Post by LN (Louis) »

Hi Gerhard

Dis glad nie sleg geskiet nie. Waar in Dullstroom was jy gewees?

Was gister daar gewees en die 260 het haar eerste bloed getrek. Ook met Nosler maar met die 125gr Partitions. Perfekte bladskoot op 270m volgende die rangefinder. Het miskien 2 eetlepels vleis moes weggooi.

Groete,
Louis.
22 Rem
7x57 Mod Mauser
260 REM
9mm Vektor
12Br x 3
16Br 9.3 x 74 Krupp Combo
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Nosler

Post by BLOK »

Ysters

Mooi gegooi mater, lekker as alles so volgens plan verloop. Nosler se Accubonds het my ook nog nooit teleer gestel nie en ek was nog altyd baie tevrede met hulle.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Nosler

Post by Raven »

Lekker man Gerhard!!!

Norts
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Musgrave
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Tue Mar 01, 2011 12:28 pm

Re: Nosler

Post by Musgrave »

Wel gedaan!!

Die boer gesien hoe jy skiet?  Wonder wat hy gedink het toe die "oorlog" uitbreek?
.22 - Brno Mod 2
.25-06 - Ruger M77 MKII VT
.30-06 - Musgrave Mod 80
.303 - Lee Enfield No.4 MK II
.375 H&H - CZ 550
12 Br - Investarm Model 200LM O/U
12 Br - Browning BPS pompaksie
9mmP - Glock 17
.38 Spl - Ruger Police Service Six
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nosler

Post by Gerhard »

.30-06 wrote: Wel gedaan!!

Die boer gesien hoe jy skiet?  Wonder wat hy gedink het toe die "oorlog" uitbreek?
Nee die boer was so 900m of wat weg agter n randjie.

Maar hy kon hoor...  ;D

Die tannie kon nie glo toe ons so vinnig terug is  met 6 bokke nie.

Dinge het maar net mooi uit gewerk.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Nosler

Post by Marc »

Lekke man Gerhard  ;)

Jy's my nou een voor  >:(  Altyd 'n bonus as alles glad en volgens plan verloop  8)

Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Nosler

Post by DWB »

Lekker meneer!

Bly hulle loop so mooi!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Nosler

Post by Koos Barnard »

Bakgat Gerhard! Bly die koe?ls werk vir jou. Ek gebruik hierdie kombinasie nou al seker vier jaar lank in my .30-06  (skiet ook teen 2750vps - 49.5gr S355) en die Noslers werk baie mooi. Mooi w?ereld waar jy gejag het.
Mooi loop
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nosler

Post by Gerhard »

n Paar manne het my gevra hoekom ek nie met die BT's die bokke geskiet het nie...

Ek het net voor die jag gou gaan seker maak van my verstellings en n paar BT's op teiken geskiet en toe bevestig met die Accubonds.

Ek het in n sand wal in geskiet en kon n paar vd BT's kry en ek dink die fotos se alles...

[img width=560 height=252]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... qcGc-1.jpg[/img]

[img width=560 height=216]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... qcGc-1.jpg[/img]

[img width=560 height=304]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... qcGc-1.jpg[/img]
Last edited by Gerhard on Wed Mar 28, 2012 5:00 am, edited 1 time in total.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nosler

Post by Gerhard »

Koos Barnard wrote: Bakgat Gerhard! Bly die koe?ls werk vir jou. Ek gebruik hierdie kombinasie nou al seker vier jaar lank in my .30-06  (skiet ook teen 2750vps - 49.5gr S355) en die Noslers werk baie mooi. Mooi w?ereld waar jy gejag het.
Mooi loop
Koos,

Mooi is die plek beslus...

Hier is n foto van my bid klip af geneem...
[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... pwZw-1.jpg[/img]

Dink ek en die Noslers kan n lekker pad stap saam met 3006
Last edited by Gerhard on Wed Mar 28, 2012 5:00 am, edited 1 time in total.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Nosler

Post by visstok »

Mooi gegooi daar Gerhard! Lekker as die dinge so mooi uitwerk! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Nosler

Post by Koos Barnard »

Gerhard
Stunning foto! Ons is bevoorreg om in so 'n mooi land te woon en die natuur te kan geniet. Soms kry ek werklik skaam as ek besef dat ek somtyds oor die kleinste onbenullighede kla. Om 'n jagter te wees en hier in SA te kan woon is al klaar om soos bitter naby aan die hemel te wees.
Mooi loop
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nosler

Post by Gerhard »

Koos Barnard wrote: Gerhard
Stunning foto! Ons is bevoorreg om in so 'n mooi land te woon en die natuur te kan geniet. Soms kry ek werklik skaam as ek besef dat ek somtyds oor die kleinste onbenullighede kla. Om 'n jagter te wees en hier in SA te kan woon is al klaar om soos bitter naby aan die hemel te wees.
Mooi loop
+1 Koos

Ek smag baie hier in die stad na daai klip om net weer rustigheid te kan kry.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Vantheman
Full Member
Full Member
Posts: 222
Joined: Wed Aug 24, 2011 8:06 am

Re: Nosler

Post by Vantheman »

Baie mooi gegooi daar!! Geluk man.

Stunning foto...
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nosler

Post by Gerhard »

LN wrote: Hi Gerhard

Dis glad nie sleg geskiet nie. Waar in Dullstroom was jy gewees?

Was gister daar gewees en die 260 het haar eerste bloed getrek. Ook met Nosler maar met die 125gr Partitions. Perfekte bladskoot op 270m volgende die rangefinder. Het miskien 2 eetlepels vleis moes weggooi.

Groete,
LN,

Ek het by die Combrinks gaan kuier by Elandskloof...

Lyk my die 260 Rem het goed gedoen.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nosler

Post by Gerhard »

Ek het vergeet ek het nog n paar fotos geneem met my kamera..

Hier is nog een van die blesbok.

Let op na die agter grond...

[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 070138.jpg[/img]
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Nosler

Post by Gawie(13mm) »

Netjies Gerhard. The more you practice, the luckier you get.
Ek is sommer lus en sluit my fabriek en gaan skietbaan toe.
Koos+1.
Hoekom wil ons op enige ander vasteland gaan bly?
Ons moet hierdie paradys van ons mooi oppas!! :police:
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Nosler

Post by BLOK »

Jy kan gerus n traai gaan vat met daai BT's op n jakkals of twee, hulle maak baie mooi. Weet mos ek gebruik die 150g in die 300 daarvoor.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nosler

Post by Gerhard »

BLOK wrote: Jy kan gerus n traai gaan vat met daai BT's op n jakkals of twee, hulle maak baie mooi. Weet mos ek gebruik die 150g in die 300 daarvoor.
Ek gaan beslus later in die seisoen n jakkals dreun met die 150gr BT's  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Jaco Alberts
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm

Re: Nosler

Post by Jaco Alberts »

Gerhard,

wil net my ondervinding deel wat die BT's aanbetref. Skiet seker nou so 5 maande met 115gr op 25-06 @ 3080 f/s. Uit 'n totaal van 5 jakkalse, 8 varke, 1 blesbok, 1 hartbeeskoei, kon ek 1 koeel herwin, res is regdeur en dit was op 'n baie groot vark wat ek laag op die blad geskiet het en aan die oorkant, ook op die blad, net onder die vel gekry het. Die BT het baie mooi omgeklink, eintlik perfek, met 'n mooi stukkie "shank" nog oor en het 71gr van oorspronklike 115gr geweeg.

Januarie het ek 5 blouwildebeeste met 250gr Accubond met die 338WM op baie langafstande geskiet en kon slegs 1 herwin. Ek skiet net agter die blad of op die blad. Die herwinde Accubond het baie mooi gelyk en 170gr van die oorspronklike 250gr. Laag deur die dik bladbeen en anderkant onder die vel, ook deur die dik bladbeen gesit.

Ek wat al die jare Woodleighs skiet op 338, ver afstande en Sierras game king op 25-06, oorweeg ek ook om na die kort tydjie wat ek die Noslers gebruik het, maar oor te skuif na Nosler toe vir die langtermyn. Baie tevrede met hul akkuraatheid en performance tot dusver.

Groete

Jaco
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nosler

Post by Gerhard »

Jaco Alberts wrote: Gerhard,

wil net my ondervinding deel wat die BT's aanbetref. Skiet seker nou so 5 maande met 115gr op 25-06 @ 3080 f/s. Uit 'n totaal van 5 jakkalse, 8 varke, 1 blesbok, 1 hartbeeskoei, kon ek 1 koeel herwin, res is regdeur en dit was op 'n baie groot vark wat ek laag op die blad geskiet het en aan die oorkant, ook op die blad, net onder die vel gekry het. Die BT het baie mooi omgeklink, eintlik perfek, met 'n mooi stukkie "shank" nog oor en het 71gr van oorspronklike 115gr geweeg.

Januarie het ek 5 blouwildebeeste met 250gr Accubond met die 338WM op baie langafstande geskiet en kon slegs 1 herwin. Ek skiet net agter die blad of op die blad. Die herwinde Accubond het baie mooi gelyk en 170gr van die oorspronklike 250gr. Laag deur die dik bladbeen en anderkant onder die vel, ook deur die dik bladbeen gesit.

Ek wat al die jare Woodleighs skiet op 338, ver afstande en Sierras game king op 25-06, oorweeg ek ook om na die kort tydjie wat ek die Noslers gebruik het, maar oor te skuif na Nosler toe vir die langtermyn. Baie tevrede met hul akkuraatheid en performance tot dusver.

Groete

Jaco
Jaco,

Dit is great om te hoor ander jagters is ook so tevrede met die Nosler produkte.

Gee my net meer gemoeds rus selfs na laas week se onderving.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: Nosler

Post by Vosman »

Gerhard, mooi gegooi pella!
Dis lekker wanneer dinge so gaan. EK hoop jy kry darem 'n karmenaaitjie?
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nosler

Post by Gerhard »

Vosman wrote: Gerhard, mooi gegooi pella!
Dis lekker wanneer dinge so gaan. EK hoop jy kry darem 'n karmenaaitjie?
Vossie,

n Wat se ding ???  :o
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Post Reply