Watter Kaliber?

User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Watter Kaliber?

Post by Hartskoot Hennie »

Ek wil graag by julle manne hoor wat is julle opinies...  ???

Ek soek 'n 2de roer om lekker in die vlaktes mee te kan gaan jag. Iets wat ek 'n groot scope en 'n bipod voor kan opsit en bokke veeerrrrrr mee kan knyp...

Ek het onlangs so paar wye skote met my 375 geskiet, maar 'n mens soek darem 'n geweer in 'n kaliber wat bedoel is vir akkuraat, ver en plat skiet. My 375 is my bos geweer, so al wat ek kort is 'n akkurate platskiet masjien...

Watter geweer maak/model en watter kaliber stel julle voor? Ek sal met die geweer maar meestal Blesbok/Swartwildebees grootte wild skiet, en hoofsaaklik vir kopskote gaan. Kom ons se die gemiddelde afstand sal so 250-450m, dink ek.  :)

Julle budget is maksimum R20 000.00 vir 'n geweer en 'n teleskoop...  :o

Ek het klaar iets in gedagte, maar ek wil eers sien wat se julle slim manne...  ;D
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Watter Kaliber?

Post by Danie01 »

Ek dink iets in die 7mm klas? Dalk van die magnums, omdat jy so ver wil skiet maar ek sal stem vir 7x64, net omdat ek een het en ookm dink dit sal die job doen. Mens skiet nie sommer oor 250m na wild nie, of nie altans waar ek al gejag het nie. Verder as dit sal n mens dam mooi moet korrel. Teleskope ken ek nie so goed nie maar sal Leupold VX3 reeks voorstel met lekker groot vergroting.

Hoor wat se die ander manne

Danie
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: Watter Kaliber?

Post by Hartskoot Hennie »

Dis die probleem daar is te blerrie veel kalibers!!! Hahahaha...

Ek is net bang vir wind met 'n .243 of iets soortgelyks. Alhoewel vriende van my het 6mm Rem AI van Andre Mojet en hulle skiet wyd met hulle sonder moeilikheid.

Maar ek wil bly by 'n "algemene" kaliber. niks snaaks nie. Ek moet se ek het gedink 'n 7mm Rem Mag sal die werk kan doen.
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Watter Kaliber?

Post by SV MAD (Henk) »

Koop vir jou 'n ander teleskoop en kry 200gr koeels. Ek skiet met my 375Ruger 200gr GSCHP teen 3038fps en dan is ek nog nie naby drukvlakke nie. Gaan jou goedkoper uitwerk...

Anders sou ek die 243 roete gaan...
ek soek nog wapens...
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: Watter Kaliber?

Post by Hartskoot Hennie »

Okay, jy het my oortuig...  :)

Ja dalk is dit die beste... En soos jy se verseker die goedkoopste!

So watter scope dan???  ;D
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: Watter Kaliber?

Post by Vosman »

Ek stem vir 'n ligter kaliber, en as jy iets standaard soek, gaan die 243 roete.
My gevoel is dat dit help nie jy probeer van 'n volla 'n ferrari maak nie.
Kyk dalk na 'n Howa varminter, met 'n goeie vergroting scope, die keuse is legioen.
Ek het die naweek met my rem sps op 200m 'n duim groepering ge-"fire form".
Sterkte met die besluit!
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Watter Kaliber?

Post by vlakvark1 »

Nog n ekstra geweer in die kluis is veel lekerder en as een van die gewere mee fout gaan( of aandag soek bv,, teleskoop ens) dan is daar altyd n ander om te gebruik ;D ;D
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: Watter Kaliber?

Post by Hartskoot Hennie »

Ek is net bang vir die Howas... Seker maar net oor ek hulle nie ken nie.
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Watter Kaliber?

Post by vlakvark1 »

Hartskoot Hennie wrote: Ek is net bang vir die Howas... Seker maar net oor ek hulle nie ken nie.
Het nou vir my n Howa 30-06 gekoop en die skiet baie lekker vra maar hier op die forum vir die manne wat hulle het
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Watter Kaliber?

Post by vlakvark1 »

Howa""made in Japan"' en so ook n TOYOTA
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: Watter Kaliber?

Post by Hartskoot Hennie »

vlakvark1 wrote: Howa""made in Japan"' en so ook n TOYOTA
Nou praat jy my taal, ek is hoeka 'n GROOT Hilux man...  ;D
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Watter Kaliber?

Post by vlakvark1 »

Koop hom maar Hennie as daar fout gaan vat hom sommer na'' Toyota handelaar'' en hulle sort dit uit ;D 8)
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter Kaliber?

Post by Marc »

Hennie ou maat

As ek nou so na jou loer en wat jy reeds het in jou sak........is jy 'n man wat hou van groot goete  :o :o :o

Hoekom kry jy nie maar vir jou 'n 338 Lapua Magnum nie ???  Hulle is gebou om laaaang skote te vat en die wind sal nie baie pla nie, belowe  ;D Hulle "unique physique " vertoon ook bitter mooi met pootjies en groter oogies  8)

My 2c

Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter Kaliber?

Post by Marc »

;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D

Mens mag daai doppe ook herlaai  :angel:
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: Watter Kaliber?

Post by Hartskoot Hennie »

Hahahahaha... Nee dit moet darem iets wees wat 'n gewone mens ook met gemak kan skiet.  ;D
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter Kaliber?

Post by Marc »

Ag nee Hennie, my lyfie is die helfte van joune  :angel:

Met 'n goeie MB maak jy hom mak soos 'n lammetjie. Amper verstout en s? 243, maar kom ons s? eerder 3006  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: Watter Kaliber?

Post by Hartskoot Hennie »

Neeman, ek is nie bang vir terugskop nie. Ek sal 'n ding skiet wat my eier gele meng, dis nie 'n issue nie.  ;)

Ek soek my 2 de geweer moet van so aard wees dat selfs my meisie met hom kan skiet.
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter Kaliber?

Post by Marc »

Hartskoot Hennie wrote: Neeman, ek is nie bang vir terugskop nie. Ek sal 'n ding skiet wat my eier gele meng, dis nie 'n issue nie.  ;)

Ek soek my 2 de geweer moet van so aard wees dat selfs my meisie met hom kan skiet.
Hahahaa trek net jou been  ;D ;D ;D ;D Sien jy laaik die goete wat byt  ;D ;D ;D

Ek het nou 'n Musgrave 243 gekry om vroulief te laat begin saam skiet en jag. Glo hy gaan mooi werk, as die terugskop haar pla sit ons 'n KD op en dan kan hulle tweetjies lekker "gel"  8)

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Watter Kaliber?

Post by Danie01 »

Hennie

As jou meisie daarmee ook sal wil skiet, sal ek ook .243 aanbeveel, dit standaard, ammunisie oral beskikbaar, skop min en jy kan al die dinge skiet wat jy genoem het!

Danie
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Watter Kaliber?

Post by Gerhard »

Nee man Hennie,

Wat is jou storie....

Kry nou vir jou n 30 06 en dan het jy klaar gekoop....

Gooi 150gr's teen 3050fps en jy hoev nie te stress oor wind op 300m nie...

Daai kop skoot storie van jou sal ek maar eers bietjie los. Veral op daai afstande wat jy noem.  :o  :o  :o

30 06 en die 375 en jy het meer as wat jy is reg vir die vlaktes en die bosveld....  ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Watter Kaliber?

Post by Frederik »

Wat van ietsie wat nie almal het nie 7mm 08 lekker akkuraat gooi die 140gr pille mooi en kan veilig skiet tot met gemsbok groote wild. En klein genoeg laai om die kleiner goed ook te skiet.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Watter Kaliber?

Post by Arnold »

7mm WSM ...
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Watter Kaliber?

Post by tripodmvr »

Julle hou by die Yank kalibers. Die voorstel vir die 7x64 het baie meriete. Kan met ligter 130's net soos 270 skiet en dan met die swaerder manne ook gebruik word. Baie meer aanpasbaar vanaf lig na swaar en myne het baie minder terugslag as die 30-06.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Watter Kaliber?

Post by Geno »

Moenie 'n .25-06 koop nie!
Ek s? dit net oor ek nie wil sukkel om die awesome 85gr GSCHV en 75gr V-Max op die winkelrakke te kry nie :D
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Cz_apie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 494
Joined: Sat Mar 17, 2012 5:51 am

Re: Watter Kaliber?

Post by Cz_apie »

vlakvark1 wrote: Nog n ekstra geweer in die kluis is veel lekerder en as een van die gewere mee fout gaan( of aandag soek bv,, teleskoop ens) dan is daar altyd n ander om te gebruik ;D ;D

Ek stem, Elke kluis het spasie vir n 243  ;D ;D
Brno .22
Brno .32
Brno 243
MK4 - 2 303
Atis semi Auto 12Br
Harrington & Richardson 12Br Standard
Star .22 Target Pistol
Tanfoglio 9mm
Uberti Mod 1875 Army 357 Mag
NEF 9 shot .22 Revolver
Post Reply