Ek soek 'n 2de roer om lekker in die vlaktes mee te kan gaan jag. Iets wat ek 'n groot scope en 'n bipod voor kan opsit en bokke veeerrrrrr mee kan knyp...
Ek het onlangs so paar wye skote met my 375 geskiet, maar 'n mens soek darem 'n geweer in 'n kaliber wat bedoel is vir akkuraat, ver en plat skiet. My 375 is my bos geweer, so al wat ek kort is 'n akkurate platskiet masjien...
Watter geweer maak/model en watter kaliber stel julle voor? Ek sal met die geweer maar meestal Blesbok/Swartwildebees grootte wild skiet, en hoofsaaklik vir kopskote gaan. Kom ons se die gemiddelde afstand sal so 250-450m, dink ek.
Julle budget is maksimum R20 000.00 vir 'n geweer en 'n teleskoop...
Ek het klaar iets in gedagte, maar ek wil eers sien wat se julle slim manne...

