Gewildste boksoort vir die pot!

Wat se bok is nommer 1 op jou lys vir die pot die jaar?

Poll runs till Sun Sep 06, 2054 12:39 pm

Koedoe
15
16%
Blouwildebees
10
11%
Rooibok
7
8%
Blesbok
4
4%
Gemsbok
24
26%
Springbok
33
35%
 
Total votes: 93

User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Gewildste boksoort vir die pot!

Post by sako 30-06 »

Ek stel baie belang om te sien wat dink die algemene biltongjagter is die beste wild vir die pot.Ek het nie n Eland ingesluit nie aangesien ek dink hy is te groot en te duur vir die gemiddelde jagter om hom te skiet vir sy gesin.As ek praat van vir die pot bedoel ek,kookvleis,maalvleis,wors,patties,biltong en droewors.
Dankie manne!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5030
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Frederik »

Sako ek dink jy het die nommer een bok vir die pot vergeet op jou lys SPRINGBOK.
Last edited by Frederik on Tue May 01, 2012 8:01 am, edited 1 time in total.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Foxcreek »

Stem ook vir 'n Springbokkie.
Last edited by Foxcreek on Tue May 01, 2012 8:00 am, edited 1 time in total.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by sako 30-06 »

Frederik wrote: Sako ek dink jy het die nommer een bok vir die pot vergeet op jou lys SPRINGBOK.
Frederik,nou's hy reg.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5030
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Frederik »

Dankie  ;D
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by DawieKotze »

Takbok???

Veral as hy lekker vet is.

Anders is dit springbok.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Danie Lombard .243

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Danie Lombard .243 »

As dit by eet bok vleis kom is die gras wei (grazers) die beter tiepe (blouwilde en swartwildebeese uitgesluit)  Ek reken gemsbok en springbok is die beter keuse as dit gaarmaak wildsvleis kom.

Skootplasing is by vere die grootste faktor as dit by die smaak van wildsvleis kom en hoe gou die bok dood neerval.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by sako 30-06 »

madako wrote: Takbok???

Veral as hy lekker vet is.

Anders is dit springbok.
Iets wat ek nog bitter graag wil skiet en proe,maar hier in die gauteng omgewing is daar maar min plase waar hulle beskikbaar is en as hulle te skiet is is hulle vrek duur.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by sako 30-06 »

Danie Lombard .243 wrote: As dit by eet bok vleis kom is die gras wei (grazers) die beter tiepe (blouwilde en swartwildebeese uitgesluit)  Ek reken gemsbok en springbok is die beter keuse as dit gaarmaak wildsvleis kom.

Skootplasing is by vere die grootste faktor as dit by die smaak van wildsvleis kom en hoe gou die bok dood neerval.
Danie wat is jou rede laat jy BWB uitsluit,geniet jy nie sy vleis as kookvleis ens nie?
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2353
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by henried »

madako wrote: Takbok???

Veral as hy lekker vet is.

Anders is dit springbok.
X 2
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
Danie Lombard .243

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Danie Lombard .243 »

Blouwildebees se smaak is volgens my nie naasteby so lekker soos springbok en gemsbok nie. My opinie en smaak. Slegste van die lot vir my is die "sloped back" spesie bokke, blesbok, bontebok, tessebe, rooihartebees ens. Vreeslik sleg vir my en my vrou.
Danie Lombard .243

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Danie Lombard .243 »

Amper vergeet van die ribbok, die het ook baie lekker vleis. 

Wat die kleiner bokkies betref loop steenbok heelvoor. Duiker is maar goor, het ook 'n donker rooi tot amper pers kleur vleis soos blesbok.

Gemsbok, springbok, eland en steenbok het 'n mooi ligkleur vleis soos bees en skaap.
immelmanw

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by immelmanw »

My 5c.......

Rooiribbok of Rietbok vir kookvleis
Vir mince GEMSBOK
vir wors TAKBOK
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by wlm »

Ouderdom van bok seker die belangrikste. Ek eet 5/6 maande oue lammers uit my boerdery nie my ou teelramme nie.
Tweede in die ry is om net "rustige" vleis te eet. Die beste is die een wat in die nag die skoot onverwags gekry het.
Gooi dan 'n paar skaapsterte by om die spulletjie so bietjie olierigheid by te gee. Ek hou nie van spek of ander skerp geure in wildsvleis nie. Die smaak is delikaat en moet met naeltjies en koljander net bietjie na vore gebring word.
Zack Benade

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Zack Benade »

Willem

Jy KEN jou vleis.

Ek stem 100000% saam met jou.
Takbok is ook super vir mince.

Groete
Zack
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by vlakvark1 »

Ek verkies koedoe maar als word biltong en droewors en die fillets gaan oor die kole ;)
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by G-force »

Eland is vir my puik.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Hein M. »

Danie Lombard .243 wrote:  

Wat die kleiner bokkies betref loop steenbok heelvoor. Duiker is maar goor, het ook 'n donker rooi tot amper pers kleur vleis soos blesbok.

Ons skiet weer net duikers hier in die rooibostee (Clanwilliam distrik)  Die biltong is heerlik en as jy hom met varkspek opkook smaak is die vleis heerlik - veral in 'n pastei of saam met soetpatat

Mooiloop!

Hein
Last edited by Hein M. on Tue May 01, 2012 1:47 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
immelmanw

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by immelmanw »

Zack Benade wrote: Willem

Jy KEN jou vleis.

Ek stem 100000% saam met jou.
Takbok is ook super vir mince.

Groete
Zack
Dankie Zack....elk het ook dam al skoolgeld betaal om altyd die grootste te wil skiet!
Ek se altyd, ek lyk nie so van chocolates nie......VLEIS!
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Beretta »

Nou hoe lyk jy nog nooit gesien nie hoe se hulle jy moet jou groente eet ;D ;D.
Beretta
immelmanw

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by immelmanw »

Beretta wrote: Nou hoe lyk jy nog nooit gesien nie hoe se hulle jy moet jou groente eet ;D ;D.
Beretta
GROOT.............BAIE GROOT!
User avatar
tobie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Sun Nov 15, 2009 12:40 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by tobie »

willem ek stem ok maar saam daar.Ek het nog nie takbok probeer nie ,maar sien hulle begin hulle self nou vestig op die lusern.
Ek het gehoor hulle is baie agresief teen oor ribboke en ver wilder hulle van die plaas af.Is dit so?
Jy kan maar hardloop, maar ek sien jou!!!
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Piet Breedt »

Definitief is n Rietbok no 1 in my boekkie en dan n Kalahari Gemsbok.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by Geno »

Piet Breedt wrote: Definitief is n Rietbok no 1 in my boekkie en dan n Kalahari Gemsbok.
Net so!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Gewildste boksoort vir die pot!

Post by DWB »

Ek het 2 weke terug BWB op Pongola geskiet.

Ek voer die vleis vir almal en niemand kan glo dis BWB nie.

Dit is voorwaar die lekkerste wildsvleis wat ek tot op hede geproe het.

Laas jaar sin van Harrismith was nie so lekker nie.

Takbok kraai koning!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Post Reply