Gewildste boksoort vir die pot!
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Gewildste boksoort vir die pot!
Ek stel baie belang om te sien wat dink die algemene biltongjagter is die beste wild vir die pot.Ek het nie n Eland ingesluit nie aangesien ek dink hy is te groot en te duur vir die gemiddelde jagter om hom te skiet vir sy gesin.As ek praat van vir die pot bedoel ek,kookvleis,maalvleis,wors,patties,biltong en droewors.
Dankie manne!
Dankie manne!
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5030
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Sako ek dink jy het die nommer een bok vir die pot vergeet op jou lys SPRINGBOK.
Last edited by Frederik on Tue May 01, 2012 8:01 am, edited 1 time in total.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
- Foxcreek
- Hero Member

- Posts: 577
- Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Stem ook vir 'n Springbokkie.
Last edited by Foxcreek on Tue May 01, 2012 8:00 am, edited 1 time in total.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Frederik,nou's hy reg.Frederik wrote: Sako ek dink jy het die nommer een bok vir die pot vergeet op jou lys SPRINGBOK.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5030
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Takbok???
Veral as hy lekker vet is.
Anders is dit springbok.
Veral as hy lekker vet is.
Anders is dit springbok.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
Danie Lombard .243
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
As dit by eet bok vleis kom is die gras wei (grazers) die beter tiepe (blouwilde en swartwildebeese uitgesluit) Ek reken gemsbok en springbok is die beter keuse as dit gaarmaak wildsvleis kom.
Skootplasing is by vere die grootste faktor as dit by die smaak van wildsvleis kom en hoe gou die bok dood neerval.
Skootplasing is by vere die grootste faktor as dit by die smaak van wildsvleis kom en hoe gou die bok dood neerval.
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Iets wat ek nog bitter graag wil skiet en proe,maar hier in die gauteng omgewing is daar maar min plase waar hulle beskikbaar is en as hulle te skiet is is hulle vrek duur.madako wrote: Takbok???
Veral as hy lekker vet is.
Anders is dit springbok.
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Danie wat is jou rede laat jy BWB uitsluit,geniet jy nie sy vleis as kookvleis ens nie?Danie Lombard .243 wrote: As dit by eet bok vleis kom is die gras wei (grazers) die beter tiepe (blouwilde en swartwildebeese uitgesluit) Ek reken gemsbok en springbok is die beter keuse as dit gaarmaak wildsvleis kom.
Skootplasing is by vere die grootste faktor as dit by die smaak van wildsvleis kom en hoe gou die bok dood neerval.
- henried
- Hero Member

- Posts: 2353
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
X 2madako wrote: Takbok???
Veral as hy lekker vet is.
Anders is dit springbok.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa
"Deo Valente "
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa
"Deo Valente "
-
Danie Lombard .243
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Blouwildebees se smaak is volgens my nie naasteby so lekker soos springbok en gemsbok nie. My opinie en smaak. Slegste van die lot vir my is die "sloped back" spesie bokke, blesbok, bontebok, tessebe, rooihartebees ens. Vreeslik sleg vir my en my vrou.
-
Danie Lombard .243
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Amper vergeet van die ribbok, die het ook baie lekker vleis.
Wat die kleiner bokkies betref loop steenbok heelvoor. Duiker is maar goor, het ook 'n donker rooi tot amper pers kleur vleis soos blesbok.
Gemsbok, springbok, eland en steenbok het 'n mooi ligkleur vleis soos bees en skaap.
Wat die kleiner bokkies betref loop steenbok heelvoor. Duiker is maar goor, het ook 'n donker rooi tot amper pers kleur vleis soos blesbok.
Gemsbok, springbok, eland en steenbok het 'n mooi ligkleur vleis soos bees en skaap.
-
immelmanw
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
My 5c.......
Rooiribbok of Rietbok vir kookvleis
Vir mince GEMSBOK
vir wors TAKBOK
Rooiribbok of Rietbok vir kookvleis
Vir mince GEMSBOK
vir wors TAKBOK
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Ouderdom van bok seker die belangrikste. Ek eet 5/6 maande oue lammers uit my boerdery nie my ou teelramme nie.
Tweede in die ry is om net "rustige" vleis te eet. Die beste is die een wat in die nag die skoot onverwags gekry het.
Gooi dan 'n paar skaapsterte by om die spulletjie so bietjie olierigheid by te gee. Ek hou nie van spek of ander skerp geure in wildsvleis nie. Die smaak is delikaat en moet met naeltjies en koljander net bietjie na vore gebring word.
Tweede in die ry is om net "rustige" vleis te eet. Die beste is die een wat in die nag die skoot onverwags gekry het.
Gooi dan 'n paar skaapsterte by om die spulletjie so bietjie olierigheid by te gee. Ek hou nie van spek of ander skerp geure in wildsvleis nie. Die smaak is delikaat en moet met naeltjies en koljander net bietjie na vore gebring word.
-
Zack Benade
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Willem
Jy KEN jou vleis.
Ek stem 100000% saam met jou.
Takbok is ook super vir mince.
Groete
Zack
Jy KEN jou vleis.
Ek stem 100000% saam met jou.
Takbok is ook super vir mince.
Groete
Zack
- vlakvark1
- Hero Member

- Posts: 1568
- Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Ek verkies koedoe maar als word biltong en droewors en die fillets gaan oor die kole 
vlakvark en bosvark Bvk
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Eland is vir my puik.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Ons skiet weer net duikers hier in die rooibostee (Clanwilliam distrik) Die biltong is heerlik en as jy hom met varkspek opkook smaak is die vleis heerlik - veral in 'n pastei of saam met soetpatatDanie Lombard .243 wrote:
Wat die kleiner bokkies betref loop steenbok heelvoor. Duiker is maar goor, het ook 'n donker rooi tot amper pers kleur vleis soos blesbok.
Mooiloop!
Hein
Last edited by Hein M. on Tue May 01, 2012 1:47 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
-
immelmanw
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Dankie Zack....elk het ook dam al skoolgeld betaal om altyd die grootste te wil skiet!Zack Benade wrote: Willem
Jy KEN jou vleis.
Ek stem 100000% saam met jou.
Takbok is ook super vir mince.
Groete
Zack
Ek se altyd, ek lyk nie so van chocolates nie......VLEIS!
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Nou hoe lyk jy nog nooit gesien nie hoe se hulle jy moet jou groente eet
.
Beretta
Beretta
-
immelmanw
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
GROOT.............BAIE GROOT!Beretta wrote: Nou hoe lyk jy nog nooit gesien nie hoe se hulle jy moet jou groente eet![]()
.
Beretta
- tobie
- Jr. Member

- Posts: 96
- Joined: Sun Nov 15, 2009 12:40 pm
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
willem ek stem ok maar saam daar.Ek het nog nie takbok probeer nie ,maar sien hulle begin hulle self nou vestig op die lusern.
Ek het gehoor hulle is baie agresief teen oor ribboke en ver wilder hulle van die plaas af.Is dit so?
Ek het gehoor hulle is baie agresief teen oor ribboke en ver wilder hulle van die plaas af.Is dit so?
Jy kan maar hardloop, maar ek sien jou!!!
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Definitief is n Rietbok no 1 in my boekkie en dan n Kalahari Gemsbok.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13663
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Net so!Piet Breedt wrote: Definitief is n Rietbok no 1 in my boekkie en dan n Kalahari Gemsbok.
Goed, beter, 6millimeter!
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6974
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Gewildste boksoort vir die pot!
Ek het 2 weke terug BWB op Pongola geskiet.
Ek voer die vleis vir almal en niemand kan glo dis BWB nie.
Dit is voorwaar die lekkerste wildsvleis wat ek tot op hede geproe het.
Laas jaar sin van Harrismith was nie so lekker nie.
Takbok kraai koning!
Ek voer die vleis vir almal en niemand kan glo dis BWB nie.
Dit is voorwaar die lekkerste wildsvleis wat ek tot op hede geproe het.
Laas jaar sin van Harrismith was nie so lekker nie.
Takbok kraai koning!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

