Wat is die beste of beeter scope vir R5 000

Biltongjagter

Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000

Post by Biltongjagter »

Daar skort iets baie ernstig in hierdie soort redenasie!
Teleskope is ook geensins n uitsondering in die geval waar jy die beste koeel aanbeveel vir n doodgewone biltongjagter nie maar dan n teleskoop in die onderste kwaliteitsvlak goedpraat nie. Dit maak mos nou geensins sin nie, teleskope is n integrale deel van jou wapenstelsel en hoe beter jy kan kry hoe groter is jou kans vir sukses!
Die enigste komponent in die 'integrale deel van jou wapenstelsel' wat die teikendier ooit aanraak, is die koe?l.
Vandaar dan dat uit-en-uit die beste koe?l om die taak af te handel, die belangrikste aspek in die hele wapenstelsel is.

Die teleskoop is natuurlik ook belangrik, maar talle jagters is suksesvol in die jagveld met teleskope wat hulle in staat stel om presies te sien waar op die teikendier hy die skoot moet plaas, sonder dat dit hom 'n fortuin gekos het.

Rudolph Optics - http://jaracal.com/index.php/topic,10167.0.html - wys hier dat Piet Breedt met een van hulle teleskope die ding reg kan doen.
Hulle kos minder as R 4 000!!!
So is daar verskeie ander soorte teleskope wat ook in hierdie klas val en steeds puik presteer wat sig betref - kyk maar rond!

En ek dink juis hierin kom die werklike waarheid uit, nl. die man agter die wapenstelsel en die koe?l voor op die bok, dit is werklik wat tel  ;)

Groete,
Koos.
Last edited by Biltongjagter on Mon Apr 09, 2012 8:30 pm, edited 1 time in total.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000

Post by Wouter Roets »

Koos

Rudolph Optics is juis een van die bargains huidiglik. Jy betaal R4000 vir n teleskoop wat in die R6000-R7000 vlak meeding. Ek help daagliks mense op die Forum en n hele paar van die probleme het te make met manne wat R2250 se teleskope gekoop het en dat dit nou die oorsaak van hulle probleme is. Ek staan by my stelling van koop die beste wat jy kan bekostig maar moet nie vergeet om jou huiswerk wel op die produk te doen nie.

Die R10000 koedoebul wat gekwes is deur n jagter agv n swak teleskoop los maar net so bitter pil as die R10000 koedoe wat gekwes is deur die swak koeel! ;) Jy kan se wat jy wil maar as jy nie die beste koeel in die wereld kan plaas daar waar dit saak maak nie help dit jou net mooi niks! Beter teleskope doen dit maar net met meer gereeldheid as die cheapies! Glo darem nie dit is te moeilik om dit onder die knie te kry nie! Die reel wat jy net wil toepas op koeels is ongelukkig op alles van pas.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
suid wes
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Thu Jan 06, 2011 10:57 pm

Re: Wat is die beste of beter scope vir R5 000

Post by suid wes »

AS EK DIT REG VERSTAAN SE JUL( BILTONGJAGTER EN KLIPKAT) DIT.        DIT GAAN MEER OOR OPINIE,

EK DINK DIE R15000 SCOPE GAAN TOT 0P 4OOM DALK NOG N VLIEG OP DIE BOK SE KOP SIEN EN DAN KAN JY KIES WA OOKAL IN DIE KOP WIL JY HOM SKIET,, WAAR DIE R5000 SCOPE GENOEG BEELD NOG GEE OM NET NET N KOP SKOOT TE KAN DOEN. N FIETS RY OORAL WAAR N MOTORFIETS RY, PLEK OF AFSTAND, VAT NET BAIE MEER MOEITE,

WAT IS DIE DOEL VAN N KAR  ?,, OM VAN PUNT A NA B TE BEWEEG SONDER MOEITE,NOU HOEKOM IS DA SO BAIE VERSKILLENDE MOTORS ?

EEN HET MEER STYL EN IS MEER GEMAKLIK AS ANDER,, WEER EENS OPINIE EN HOEVEEL GELD KAN EK SPANDEER,,''WAT GAAN MY VRIENDE SE''.

MY NEEF HET N NIKOSTIRLING( MOS BAIE SWAK SCOPE) EN HY SKIET DIE GONG NET SO VEEL KEER RAAK OP 300M SOOS AL DIE ANDER GEWERE MET TOP SCOPES OP,KEER NA KEER.

DIS BAIE MAKLIKER OM AFTEKRAAK OOR N GOEDKOOP GEWEER OF SCOPE      (  "JA DIS HOEKOM JY SOO SWAK SKIET " OMDAT ....... ) SLEGS OOR,,,
WANT DIS MOETE,, OM EERDER TE SE ''KOM EK KYK OF EK JOU KAN HELP MET WAT JY HET''. 
BEETER,,,,,BEETHIR,,,,,BEETERHIRDIRSTE
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000

Post by Marc »

HOEKOM SKREEU JY NOU  ???

Dis net opinies  8)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000

Post by Raven »

Klipkat +1

Laasjaar met 'n koedoe jag het my geweer van die bakkie se dak afgeval, ek het die sand uitgeblaas, geweer afgestof, 'n klein duik op my Swarov se buis gesien. Ek was baie kwaad oor die krap merk, maar het sommer daar 'n koeldrank blikkie 120m ver in 'n bos opgehang, en die skoot was senter - Ek kon met geruste hart verder jag.

"n Jagtrip beplan jy maande voor die tyd, en as so iets onverwags of selfs 'n klein stampie, jou hele naweek in die wiele ry.

Ek maak liewers geldjies bymekaar oor 'n lang tydperk en koop die Geweer, Scope, Koeels, Doppe, Primers, Scope Ringe ens wat ek in vertrou.

Hoekom haastig wees met 'n geweer wat jou jare se plesier moet gee.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000

Post by Vlakvark »

Raven +100
Almal kyk net na die scope en gee nie aandag aan die ringe en basisse nie 'n goeie scope op swak ringe help ook nie baie nie
Last edited by Vlakvark on Tue Apr 10, 2012 10:43 am, edited 1 time in total.
Image
Image
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000

Post by cassie_calvinia »

ek het 'n ruk terug gevra vir 'n jakkals jag scope. baie het gese meopta. ek wil net weet, hoe is die swarof Z3 teen die meopta? en leopold? hul almal rondom 10K. ek voel net, vir nag jag is sig die belangrikste, en jy moet mooi dink voor jy daar compromise.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000

Post by Kalahari »

Cassie

Ek het ouer habicht model en nuwer z6, baie tevrede en nog geen probleme gehad nie. Ken nie die ander modelle nie, so ek sal my nie kan uitspreek oor hulle nie, ek glo egter dat jy met die z3 ook nie pyn sal kry nie.
My z6 by Nam veldsiet van x bag afgeval, op growwe sement bench, krapmerk voor op scope, skiet net een skoot om te toets, gaatjie sit binne in die ander 4, was redelik harde hou gewees.
Baie kwaad vir myself, maar dankbaar scope is ok en werk 100%! As al die scopes min of meer in dieselfde prysklas is, sou ek se gaan vir die z3. Daar sal ander manne wees wat gaan verskil  ;), maar gelukkig is die keuse joune  8).

Kalahari
immelmanw

Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000

Post by immelmanw »

In my opinie kan jy nie Meopta en Swarovski in dieselfde gesprek noem nie (yip, nou gaan daar seker weer n moers.... argument wees)
Dit is nie nodig nie, dit is net my opinie!

Almal is welkom om te koop wat hulle wil, as jy n Kia ir R500000 wil koop, go for it, ek sal maar die Mercedes of Prado vir dieselfde geld koop.

Groete
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000

Post by Pvdw »

Cassie die gesprek hetr begin rondom scopes van R5000.Om daai rede is Swarovski nie genoem nie. Ek het nie 'n Swarovski nie en kan nie een bekostig nie maar ek stem saam met Immelmanw, die Swarivski hoort/is in ;n totale ander klas as die scopes wat ons reeds hier bespreek het.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000

Post by tripodmvr »

Teleskoop is 'n kombinasie van optika en meganika.

Beter optika gee helderder beeld en met groter lense kan dit nog meer lig inlaat. As die' "sien" element na wense is kan dit beteken dat duurder = beter.

Met die meganika gaan dit oor verstelling en die konstandheid en eweredigheid daarvan. Die verstelbare teleskoop kom nou al 'n redelike lang pad en die meganismes is grotendeels al uigesorteer.

Foute by die' apparaat is dan die volgende :-

1. Swak belyning en pas van lense sal swak sig tot gevolg h? - vervaardigingsmetodes is gestandardiseer en loodregtheid en lensafstande word deur die buis verseker.
2. Lugdigtheid en die gebruik van edelgasse verseker interne integriteit en uithou van kontaminante.
3. Lensaanwendings (coating) verbeter ligdeurlating en helderheid - maak groot verskil aan koste.
4.) Meganiese komponent is mees vatbaar vir faling synde geringe beweging groot verskille op langer afstande beteken.

My ondervinding met goedkoop 3x9-40 op my 243 was dat wanneer dit ingestel was het dit goeie groepe geskiet op die dag. Vervoer egter die geweer en hy skiet sommer 7 na 8 dm ho?r op 100m. Swak meganika was hier dan die oorsaak. helderheid en fokus was hier ook 'n probleem veral vanaf 7-9 verstelling.

Vriend van my het baie se argument gebruik en Zeiss gekoop. Lewenslange waarborg en alles. Sy teleskoop is tans in Duitsland vir herstel weens kruishaar wat losgekom het. Weet nie hoeveel van die vervoerkostes hy moet dra nie.

Die oplossing vir teleskoopkeuse is dus nie aldag so maklik nie. Onder R5000 dink ek dat Burris, Bushnell, Nikon, Lynx ens wel bewese rekords het en dat daar soms soos selfs met motors 'n Vrydag of Maandag model gekry word. Die vraag is net hoe jou probleem nou opgelos word deur die verskaffer. Kry jy nuwe of word dit vinnig herstel?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000

Post by cassie_calvinia »

jammer peet
ek weet ek van onderwerp af. ek het maar net gewonder oor die brands in selfde prysklas verskil.
al wat ek hier sien, is spaar eerder bietjie langer, en koop klaar.
veral, as helderheid 1 van jou wapens is in die geval van nagjag. hoe se oom taf, jy mag maar kroek as dit by vlekkie kom.
nou het ek nog 'n vraag, maar sal maar eers search, of 'n ander topic begin.
mooi dag vir jul
HOU HOM DAAI DIKTE
Biltongjagter

Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000

Post by Biltongjagter »

http://jaracal.com/index.php/topic,10227.0.html

Koop liewer .........

Ja, laat iemand anders dit eerder s? as ek - nou-nou raak ek weer geskors  ;D

:laugh: :laugh: :laugh:

Groete,
Koos.
Last edited by Biltongjagter on Wed Apr 11, 2012 1:56 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000

Post by Pvdw »

jammer peet
ek weet ek van onderwerp af. ek het maar net gewonder oor die brands in selfde prysklas verskil.
Geen probleem Cassie, ons almal gesels mos lekker hier oor die scopes.

As jy nog steeds in die R5000 klas wil koop lees gou wat Stef hier skryf.

http://jaracal.com/index.php/topic,10155.0.html

Ek bly by my uitlating dat as jy R5000 gaan spandeer sal die Nikon Monarch met 50mm lens jou nie in die steek laat vir jakke in die nag nie!!

Peet
Work to live, don"t live to work
Post Reply