Die enigste komponent in die 'integrale deel van jou wapenstelsel' wat die teikendier ooit aanraak, is die koe?l.Teleskope is ook geensins n uitsondering in die geval waar jy die beste koeel aanbeveel vir n doodgewone biltongjagter nie maar dan n teleskoop in die onderste kwaliteitsvlak goedpraat nie. Dit maak mos nou geensins sin nie, teleskope is n integrale deel van jou wapenstelsel en hoe beter jy kan kry hoe groter is jou kans vir sukses!
Vandaar dan dat uit-en-uit die beste koe?l om die taak af te handel, die belangrikste aspek in die hele wapenstelsel is.
Die teleskoop is natuurlik ook belangrik, maar talle jagters is suksesvol in die jagveld met teleskope wat hulle in staat stel om presies te sien waar op die teikendier hy die skoot moet plaas, sonder dat dit hom 'n fortuin gekos het.
Rudolph Optics - http://jaracal.com/index.php/topic,10167.0.html - wys hier dat Piet Breedt met een van hulle teleskope die ding reg kan doen.
Hulle kos minder as R 4 000!!!
So is daar verskeie ander soorte teleskope wat ook in hierdie klas val en steeds puik presteer wat sig betref - kyk maar rond!
En ek dink juis hierin kom die werklike waarheid uit, nl. die man agter die wapenstelsel en die koe?l voor op die bok, dit is werklik wat tel
Groete,
Koos.




