African Wildcat/ groukat/wildekat

User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: African Wildcat/ groukat/wildekat

Post by Foxcreek »

Ambessa

Kan jy of en van die gurus van die forum nie asb al my "bobos in die bin gooi nie" (delete daaigoed van die forum af wat hirbo gepost is en soos 'n ou spinnerak lyk asb).

Hier is die groukat van vooraf gesien(oom brits het my alreeds gehelp met die bo-aansig) en ek skat hom so 4-5 kg.



Image
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
Ambessa

Re: African Wildcat/ groukat/wildekat

Post by Ambessa »

Hallo Foxcreek
Foxcreek wrote:...die groukat van vooraf gesien(oom brits het my alreeds gehelp met die bo-aansig) en ek skat hom so 4-5 kg.
Dankie. Wat het van die bokant van die gesiggie geword  ;)?

Ambessa
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: African Wildcat/ groukat/wildekat

Post by Robert »

I like!!!

Waar het dit so lekker gereen? sien die swatrgrond is eintlik deur nat.

Hier by ons loop die katte en "van skalkwyk brakkies" met sandale. Hulle pote brand in die sand en klippe.

Robert ;D 8)
Oorwining deur opleiding
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: African Wildcat/ groukat/wildekat

Post by Louis102 »

Robert
Robert wrote: Hier by ons loop die katte en "van skalkwyk brakkies" met sandale. Hulle pote brand in die sand en klippe.
Dit is niks nie, hier by ons is die groukatte sommer grys gebrand, so warm en droog is dit!  ;D

Mooi Loop.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: African Wildcat/ groukat/wildekat

Post by Freek »

Skerp oom Leeu... ;D
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: African Wildcat/ groukat/wildekat

Post by Foxcreek »

Ambessa

Ek het maar so afgeneem want die ou was so bed@$%&derd in die hok toe hy my sien dat hy sy wange vlenters geskaaf het. Ek dag toe laat ek dit eerder uitsny netnou gooi 'n groene 'n "BOK BOLLIE SPUTSNEUS"!

Robert,

Dit is in die KZN middelande naby aan Giants Castle in die berge waar dit so baie re?n. Kyk by re?nmeter oor my opmerking.

Foxcreek.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
Ambessa

Re: African Wildcat/ groukat/wildekat

Post by Ambessa »

Hallo Louis102
Louis102 wrote:...hier by ons is die groukatte sommer grys gebrand, so warm en droog is dit!
;)

Ambessa
Ambessa

Re: African Wildcat/ groukat/wildekat

Post by Ambessa »

Hallo Foxcreek
Foxcreek wrote:...maar so afgeneem...  ...Ek dag toe laat ek dit eerder uitsny ...
So gedink. Mooi kop gehou.

Ambessa
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: African Wildcat/ groukat/wildekat

Post by Louis102 »

Louis eet "Humble Pie".  Foto's kan egter bedrieglik wees, want die linkerkantste een is regtig gryser as wat hy op die foto lyk.  Die regterkanste een het buitengewoon baie ligte rooi-bruinerigheid.  Ek vra om verskoning dat ek Oom Ambessa-hulle se wetenskaplikes beskrywings bevraagteken het, hulle het dalk 'n punt beet.  Die geheel indruk bly egter oorwegend grys by almal wat ek hierrond daaroor uitgevra het.  Seker omdat die bene en rug gewoonlik meer grys is en dit sodoende makliker opgemerk word.  Die ander kleure is meer geneig om aan die onderkant van die lyf voor te kom en agter die ore, waar dit minder opmerklik is.  Stem die slim manne saam?

Links is 'n wyfiekat van plus min 3kg en regs 'n mannetjies kat van plus min 5 kg.  S27 43.080 E 18 00.418 pensinhoud muise wild, lyk soos haas.  Jammer die katte moes hulle lewe gee, maar hopelik het hierdie boertjie iets geleer.

Image

Image
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ambessa

Re: African Wildcat/ groukat/wildekat

Post by Ambessa »

Hallo Louis102
Louis102 wrote:...wetenskaplikes beskrywings bevraagteken het, hulle het dalk 'n punt beet...  ...grys by almal wat ek hierrond daaroor uitgevra het.  Seker omdat die bene en rug gewoonlik meer grys is en dit sodoende makliker opgemerk word.  Die ander kleure is meer geneig om aan die onderkant van die lyf voor te kom en agter die ore, waar dit minder opmerklik is.
Ten spyte van alles wat al geskryf is oor haas enige denkbare onderwerp, is daar nog steeds meer om uit te vind.

Ambessa
Post Reply