Goeie .22 scope - voorstelle asb

Post Reply
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 831
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Goeie .22 scope - voorstelle asb

Post by Lamtjop »

Hallo almal.
Ek is op soek na n goeie, bekostigbare(R1500 maks) teleskoop vir n .22. Die vergroting moet of 3-9x40 of 4-12x40(44) wees en  paralaks moet kan stel of op 50m gestel wees. Klieks moet ook verkieslik gekalibreer wees vir 50m. Ek dink daar is baie airgun scopes wat sal werk in die geval en ek het na n Gamo 4-12x44 gekyk en die was besonder helder. Al die windbuks-manne laat weet bietjie wat hou en wat vou.
Groete 
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: Goeie .22 scope - voorstelle asb

Post by Roger »

Die Gamo scopes is baie nice vir die prys. Veral vir .22
Ek self het n Nikko Stirling 3-9x42 Diamond. Fixed parallax met Plex recticle.

Hulle is so R1100.

Groete,
Roger!
Too many to mention ;-)
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: Goeie .22 scope - voorstelle asb

Post by Arno Pienaar »

Lamtjop ek dink jy kan kyk na de niko-stirling 3-12*40 hy werk lekker op n .22 ek het een op my .22 ek dink hy kos nou R1300.                Mooiloop
Arno Pienaar
Edenburg
Suid-Vrystaat
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Goeie .22 scope - voorstelle asb

Post by Beyers »

Ek het 'n Hawke 4-12x44  met mildot  vir my bestel. Sal laat weet hoe hy lyk.
Die Hawke air rifle met MR6 reticle werk uitstekend. Ek kry gaaitjie op gaaitjie geskiet op 15 m
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Goeie .22 scope - voorstelle asb

Post by LUAN »

Enige goedkoop 3-9 gaan werk op n .22. Daars bykans geen recoil en dis net n .22 Ek het sommer n cheap Hawke 3-9x40 gemount op n cheap norinco .22 en skiet so 20c groepe op 50m. As jy wil paralaks verstelbare scope he met groter mag kyk na Nikko gameking 4-16x50 met mildot. Jy kan hulle kry vir 850-1050 hang af of jy IR wil he of nie. En as jy rerig klein groepe wil skiet koop vir jou Lapua ammunisie maar dis duur. As jy happy is met 20c size 5 skoot groepe dan is meeste gewone standard velocities goed genoeg.
User avatar
Naas
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Mon Mar 07, 2011 4:54 pm

Re: Goeie .22 scope - voorstelle asb

Post by Naas »

Lamtjop.

Ek het n 3-9x50 lynx op my .22.werk soos n bom.

Ek het die volgende goed opgepaste 2 dehandse nikko
sterling scopes
wat net hier by die huis le.

1. 3-9x42 Nikko sterling dimond
2. 6x24x50 IR Nikko sterling Game king.

Altwee is in puik kondiesie.ek het hulle op my .270 gebruik.Die dimond was vir my bietjie te klyn
en toe gaan ek weer tegroot met die gameking.

Altwee is R 800.00 elk met die posgeld vir jou rekening.

Laatweet maar as jy belangstel.

Naas Potgieter
Naas Potgieter
Namibia ( Gobabis )
Box 810
0812972323
np@iway.na
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 831
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Goeie .22 scope - voorstelle asb

Post by Lamtjop »

Hallo almal.
Dankie vir die insette, nog opinies sal welkom wees. Ek soek n scope met paralaks verstelling en n goeie vergroting sodat ek my gaatjies op 50m teiken kan sien. Ek hou van mil dot of enige reticle met afmerkies sodat ek nie tussen 25m en 50m te stel nie.
Beyers, waar kan ek meer oor Hawke scopes uitvind.
Die MTC se SCB reticle is glo vir klein kalibers gekalibreer.
Die Gamo 4-12x44 is hier in ons Ko op vir onder n R1000, is dit n goeie deal?
Groetnis
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Goeie .22 scope - voorstelle asb

Post by LUAN »

Vat die diamond dis oorgenoeg vir .22 ;)
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Goeie .22 scope - voorstelle asb

Post by LUAN »

Bel die oom hy sal vir jou die Gamo scope met regte mounts organise vir die beste prys. 0839977718
Soos ek verstaan is gamo tans die beste scopes in die goedkoop klas as dit kom by klariteit en bou kwaliteit. Jy sal die gaaitjies selfs op 7-9xmag sien op 50m met n cheap scope.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Goeie .22 scope - voorstelle asb

Post by Beyers »

http://www.hawkeoptics.com/

Riaan Vermaak riaanvermaak at igen dot co dot za
Lamtjop wrote: Hallo almal.
Dankie vir die insette, nog opinies sal welkom wees. Ek soek n scope met paralaks verstelling en n goeie vergroting sodat ek my gaatjies op 50m teiken kan sien. Ek hou van mil dot of enige reticle met afmerkies sodat ek nie tussen 25m en 50m te stel nie.
Beyers, waar kan ek meer oor Hawke scopes uitvind.
Die MTC se SCB reticle is glo vir klein kalibers gekalibreer.
Die Gamo 4-12x44 is hier in ons Ko op vir onder n R1000, is dit n goeie deal?
Groetnis
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Goeie .22 scope - voorstelle asb

Post by wlm »

Lamtjop
. 6x24x50 IR Nikko sterling Game kingstop
Ek het so een op my BRNO en dis fantasties. Koop hom, die prys is reg.
As hy in die kol is op 25m dan is die eerste mildot-kol net reg vir 50m en die 2de mildot-kol reg vir 100m. Op 25m kan jy besluit of jy 'n lee .22-doppie op sy linker-of regtersy wil skiet.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Goeie .22 scope - voorstelle asb

Post by wlm »

[img width=560 height=420]http://i1171.photobucket.com/albums/r54 ... G_2216.jpg[/img]
So lyk hy
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Goeie .22 scope - voorstelle asb

Post by wlm »

[img width=360 height=480]http://i1171.photobucket.com/albums/r54 ... G_2217.jpg[/img]
Die kolfie is tweedehands en is d.m.v. so 'n bietjie garage-wapensmit (die uwe self) verander dat die tweeling, 8-jaar oud, en ek almal lekker agter die teleskoop inpas.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Goeie .22 scope - voorstelle asb

Post by LUAN »

Onthou net daardie 6-24 is n groot scope en mag dalk net ongemaklik en onprakties word vir n .22 tensy jy uitsluitlik net van bench af wil skiet vir groepe en teikens. Weet darem nie of hy net 1 mildot gaan val van 50 na 100m tensy jy op n baie lae mag skiet. As jy n nikko wil he bel die ou vir die beste prys en goeie diens 0828097670. 
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 831
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Goeie .22 scope - voorstelle asb

Post by Lamtjop »

Naand almal.
Wlm daai scope het seker ekstra high mounts nodig? Ek het by Thor die high(15,5mm) bestel en tussen al die scopes l? dit nou tussen die Hawke  4-12x40 en die Gamo 4-12x44. Die 50mm scope gaan te groot wees op die geweer, ek stap nog heelwat met .22 in die veld rond so ek wil nie te groot gaan nie. Gelukkig kan ek Gamo teruggee as hy nie pas nie.
Groete
User avatar
Bosmeerkat
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Wed Aug 03, 2011 7:45 pm

Re: Goeie .22 scope - voorstelle asb

Post by Bosmeerkat »

Hi

Nikon maak 'n scope spesifiek vir .22.  Die Prostaff 3-9 x 40 rimfire.  Google maar op Nikonhunting.com.  Kry hom met BDC recticle vir Bullet drop compensation tot op 150m.
Soos die manne noem dat enige 3-9 is OK.  Bushnell maak ook lekker een met sirkel om kruishaar wat jou oog sentreer.  Altwee goed geprys onder R2000.

Jy sal nie parallaks verstelling op vergrotings onder 10 kry nie - almal vas en beter so.

Het self een en ook 'n Gamo op my PCP wat net so goed werk.

Groete

Martin
Groete

Martin

.177 CZ 200 PCP; .22 LR Mossberg; .22 Anschutz; .243 Tikka T3 Super Varminter Ackley Improbed; 6mm Musgrave; .338 Tikka T3 Hunter; 9mm CZ 75 Shadow; O/U 12 Boor - Beretta Silver Pigeon 1
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Goeie .22 scope - voorstelle asb

Post by wlm »

Ek hoor julle maar ek skiet lekker. ;D
Lamtjop, ek kan nie onthou wat die hoogte van die ringe is nie, het maar by S&O gesoek tot die hele spul lekker pas.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Goeie .22 scope - voorstelle asb

Post by LUAN »

Dan moet ek ook se ek het al n 2de handse nikko gameking 3-9x40 gehad met los kruishaar en n splinternuwe 4-16 gekoop wat ook n los kruishaar gehad het. Die replacement werk darm nog. Gaan maar liewer vir Gamo of Hawke as jy cheap wil wees anders koop n Smidt & Bender as jy geld se baas is ha ha
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 831
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Goeie .22 scope - voorstelle asb

Post by Lamtjop »

Bosmeerkat.
Ek het daai nikon gesien en soos jy s? hy het nie n verstelbare paralaks nie, maar sy paralaks is op 50m gefix. Hy is net so bietjie duurder as my budget.
Groete
User avatar
Bosmeerkat
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Wed Aug 03, 2011 7:45 pm

Re: Goeie .22 scope - voorstelle asb

Post by Bosmeerkat »

Kyk na Rudolph.com en praat met dolph.  Sien goeie reviews op website vir die scopes.  Japanees - lewenslange waarborg etc.  Dink sal goedkoper wees op die 3-9's
Groete

Martin

.177 CZ 200 PCP; .22 LR Mossberg; .22 Anschutz; .243 Tikka T3 Super Varminter Ackley Improbed; 6mm Musgrave; .338 Tikka T3 Hunter; 9mm CZ 75 Shadow; O/U 12 Boor - Beretta Silver Pigeon 1
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Goeie .22 scope - voorstelle asb

Post by klipspringer »

Lamtjop,

As die begroting dit toegelaat het sou ek uit die volgende kies:
Nikon Prostaff 3-9x40 Rimfire (BDC 150),
Nikon Prostaff Target EFR 3-9x40 Rimfire (Precision), of
Nikon P-22 2-7x32 Tactical (Nikoplex)

Om binne die begroting te pas ... omdat ek hulle nie ken nie gooi ek maar 'n klip in die bos met:
Tasco Varmint 2.5-10x42 (Mil-Dot), of
Tasco Varmint 6-24x42 (Mil-Dot) ?

Miskien ken iemand hier hulle.

Groete

Jan
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 831
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Goeie .22 scope - voorstelle asb

Post by Lamtjop »

Jan.
Kos die Nikon met Presicion reticle dieselfde as die een met die BDC 150 reticle?
Groete
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Goeie .22 scope - voorstelle asb

Post by klipspringer »

Hello Lamtjop

Die Precision kruishaar kom op die Nikon Prostaff Target EFR 3-9x40 met verstelbare objektief. Parallaks is verstelbaar vir afstande van 10 tree tot oneindig. Hierdie teleskoop is ongeveer R500 duurder as die model met die BDC 150 kruishaar sonder verstelbare objektief.

Groete

Jan
Post Reply