Watter teleskoop basis en ringe ?

Post Reply
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Watter teleskoop basis en ringe ?

Post by Marc »

Dags?

Ek sit met 'n pannarie en het hulp nodig. As dit kom by teleskoop montering het ek nog altyd die geweersmit vertrou om die regte keuse vir my te maak. Die keer wil ek self betrokke wees. Die doel van die geweer is bankskiet en bakkie ry.

Ek wil graag hoor watter monterings basise en ringe word aanbeveel deur julle manne. Ek soek goeie kwaliteit toerusting asseblief. Gaan 'n 30mm buis Leupold met 50mm objektief op 'n .243 in Mod80 Musgrave aksie monteer. Glo die Mod80 is op santa barbara aksie baseer.

Ek dink daaraan om "rail" as basis te monteer en dan ringe daarop  ??? Blykbaar moet ek "high" ringe vat om vir die 50mm objektief lens te kompenseer  :-\

Enige raad sal baie waardeur word. Sal die manne wat so self roere opbou van hulle laat hoor asseblief.

Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Watter teleskoop basis en ringe ?

Post by cassie_calvinia »

ek moet ook nou die paadjie stap.
gaan 'n interesante gesprek wees.
ek persoonlik hou nie van die rail base nie. verkies die 2 los mounts wat vas boud. weet nie eers wat is hul naam.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter teleskoop basis en ringe ?

Post by Marc »

Arnold

Het sopas gesien wat ek ook graag sal wil bereik. Daai 260 Rem AI van jou met 56 NXS op, nogal met ekstra lae montering. Gaan ek dit kan dupliseer op die Mod80 aksie  ???

Namib

Sien daai 243 van jou ook 'n mooi "setup" vir die montering. Gee bietjie detail asseblief man  ???

Dankie
Marc

Hier is die "link" dit is post nr 253.

http://jaracal.com/index.php/topic,1587 ... l#msg65730
Last edited by Marc on Sat Mar 17, 2012 4:55 pm, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Watter teleskoop basis en ringe ?

Post by Arnold »

Sjoe, ek het nou heel toevallig die raak gelees.

Hier is beter fotos van my setup
[img width=560 height=326]http://dl.dropbox.com/u/37019857/Geweer ... 0Rem_1.jpg[/img][img height=326]http://dl.dropbox.com/u/37019857/Geweer ... 0Rem_2.jpg[/img]

Hoe hoog die monteringe moet wees hang van 'n paar goed af. Die beste is dit in die winkel op jou geweer te pas en die laagste te vat waarmee die teleskoop pas.
Ek het bv. Thor basise op my CZ550 en my 6-24x50 Sightron sit gemaklik in 30mm low rings. Met my 8-32x56 NXS op die CZ550 moet ek egter medium ringe gebruik omdat my loop se profiel aan die dik kant is.

Onthou die basisse sit ook hoogte by. Persoonlik soek ek die scope so laag as moontlik dat my cheekweld te erg beinvloed word nie.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Watter teleskoop basis en ringe ?

Post by VdWalt »

Arnold wrote:
Ek het bv. Thor basise op my CZ550 en my 6-24x50 Sightron sit gemaklik in 30mm low rings.
Sjoe iemand wat Thor basisse het!! Ek het Woensdag vir my Thor basisse en ringe en 'n
Burris 3-9x40 FullfieldII BP by VLT gekoop vir die 6.5. Nou wag ek nog vir die geweer om te sien
of alles saam werk!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Watter teleskoop basis en ringe ?

Post by Arnold »

Ek hou eintlik van hierdie Thor/lynx basisse omdat mens die windage op die basis kan stel. As mens so die scope stel en dan net 'n paar clicks vir die finetuning is daar baie minder stres op jou scope se internals en jou elevasie verstelling behoort nou makliker/beter te werk {veral by die goedkoper scopes sou ek dink}

VdWalt, ek het sulke basisse op my 223 Howa en op hom het ek 'n Burris FFII 4.5-14x42 wat ek dink 'n briljante stukkie scope is.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter teleskoop basis en ringe ?

Post by Marc »

Dankie vir die terug voer  ;)

Arnold ek hoor wat jy s? oor die windage stel op die basis, kan handig inkom.

Ek het sopas BADGER raak gery op die internet. Nou's ek innie moeilikheid  ;D  :'(  :'(  :'(
Hoe gemaak om by hulle die regte stel te bestel vir my roer  ???  Enige manier om hoogtes ensovoorts te skat sonder om die produk noodwendig te pas op roer ? Dis 'n Mk4 8.5-25x50 LR/T Leupold.

Enige hulp asseblief  ???
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Watter teleskoop basis en ringe ?

Post by Arnold »

Ek neem aan jy wil n weaver/picatinny rail opsit? het jy dit al? het jy al die scope?
Sonder die goed sal ek nie sommer so stel duur ringe koop nie tensy iemand anders presies dieselfde setup het en hy vir jou die ring hoogte gee.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter teleskoop basis en ringe ?

Post by Marc »

Arnold

Sou graag rail wil opsit. As julle dink ek is op die verkeerde pad, HELP ASB REG  :police: Ek kan kritiek vat manne  ;) het al gele?r om op te let in die klas en skoolgeld hier gaan baie kos  ;D

Nog nie by my nie, wag vir die uitvoer permit vir die teleskoop. Volgende week is week vyf, hopelik kom hy dan  :-\

Ek wil begin begroot, want daar is heel party ander goed, bedding, KD, ens wat ook gedoen moet word. Ek wil graag raakskiet, so soek goeie kwaliteit bybehore. Gaan bietjie moeite doen met die roer.

Terloops gehoor die aluminium basis en ringe lol bietjie as hulle warm word na 'n paar vinnige rondtes, is dit waar  ???

Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Watter teleskoop basis en ringe ?

Post by Arnold »

Dit klink of jy wil he iemand moet dit vir jou se ... gooi ankers Marc.

Watse aksie is dit? Mauser gebasseer? (Santa Barbara)
Waar gaan jy 'n Picatinny rail kry om saam met die Badger ringe te gebruik?

Koop eerder eers vir jou Thor ringe en verander later indie jy voel dit is nodig.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter teleskoop basis en ringe ?

Post by Marc »

Ek sal kyk na Thor ook.

Wou alles by Badger kry, rail, ringe, skroewe, ens.

Dis 'n Musgrave Mod80 in .243, daar is SENTRAALWES op die aksie geskryf. Ek het ook 'n RSA aksie, maar hy sal eers opgebreuk word as sy loop sat is, want vir nou gooi hy nog 100% in sy standaard vorm ;)

Dankie
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Watter teleskoop basis en ringe ?

Post by Armand Steenkamp »

Sover ek dit het is die mod80 basies n RSA wat n magesynkas het
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter teleskoop basis en ringe ?

Post by Marc »

Armand

Jy is amper reg, die slotte verskil tog van mekaar. Die model 80 is blybaar basies 'n Santa Barbara as ek dit reg het  ??? Ek is gelukkig want my RSA het 'n fabrieks magesyn. As jy meen dat die afmetings van die twee aksies min of meer dieselfde is, stem ek saam met jou.

Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Watter teleskoop basis en ringe ?

Post by Arnold »

Ek kan ongelukkig nie komentaar lewer op die Mod80 nie.
Ek sou wel se dat jy so bietjie moet wag. Onthou om ringe te koop gaan baie vinniger wees as om lisensie te kry.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Watter teleskoop basis en ringe ?

Post by Piet Breedt »

Ek het baie laat in my skiet loopbaan eers tedoen gekry met n Picattini rail, en is bitter spyt dat ek dit nie 30 jaar terug ontdek het nie. Daar is in my o? nie n beter stelsel, gekoppel met goeie ringe soos Nightforce of Warne nie. Dit is egter baie belangrik dat jou geweer se monteer gate reg opgelein is op die aksie. Dit is verstommend om te sien hoe skeef party gewere se gate geboor is op die aksies. My Tikka en Howa sin is 100% opgelein.
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Watter teleskoop basis en ringe ?

Post by johan »

Piet,dankie vir jou antwoord ,verduidelik asb vir ons die voordele van n Picatini rail bo bv die Thor/Lynx sisteem.
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter teleskoop basis en ringe ?

Post by Marc »

Piet Breedt wrote: Ek het baie laat in my skiet loopbaan eers tedoen gekry met n Picattini rail, en is bitter spyt dat ek dit nie 30 jaar terug ontdek het nie. Daar is in my o? nie n beter stelsel, gekoppel met goeie ringe soos Nightforce of Warne nie. Dit is egter baie belangrik dat jou geweer se monteer gate reg opgelein is op die aksie. Dit is verstommend om te sien hoe skeef party gewere se gate geboor is op die aksies. My Tikka en Howa sin is 100% opgelein.
johan wrote: Piet,dankie vir jou antwoord ,verduidelik asb vir ons die voordele van n Picatini rail bo bv die Thor/Lynx sisteem.
Ek wag in spanning asseblief, dankie sov?r vir al die insette.

Daai scope is uiteindelik innie pos, na vyf weke se wag vir 'n permit  >:( Sal hom darem onder o? kan kry voor paasnaweek aanbreuk.

Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Watter teleskoop basis en ringe ?

Post by Arnold »

Vir 'n mauser sal ek maar gaan vir die Lynx/Thor tipe ringe. Piet moet asb sy ondervinding deel maar daai wat hy s? van skewe gate is wat my pla.
Self gebruik ek altwee stelsels en ja die picatinny is lekker, maar as hy skeef sit gaan jy meer huil as lag.
Post Reply