Ek sit met 'n pannarie en het hulp nodig. As dit kom by teleskoop montering het ek nog altyd die geweersmit vertrou om die regte keuse vir my te maak. Die keer wil ek self betrokke wees. Die doel van die geweer is bankskiet en bakkie ry.
Ek wil graag hoor watter monterings basise en ringe word aanbeveel deur julle manne. Ek soek goeie kwaliteit toerusting asseblief. Gaan 'n 30mm buis Leupold met 50mm objektief op 'n .243 in Mod80 Musgrave aksie monteer. Glo die Mod80 is op santa barbara aksie baseer.
Ek dink daaraan om "rail" as basis te monteer en dan ringe daarop
Enige raad sal baie waardeur word. Sal die manne wat so self roere opbou van hulle laat hoor asseblief.
Groetnis
Marc


