Jakkals vang in hok

Post Reply
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Jakkals vang in hok

Post by Ian »

Ek sien jakkals-spore in die buurman se grond wat die wildsdraad werk en besluit ek gaan twee hokke in sy kant stel. Dit is baie ruig aan sy sy kant en ek stel die hokke teen die draad in die voetpad. Ek het die naaste bosse gekies wat baie naby aan die draad is en so ook baie takke gekap en die gepak tussen die bos en hok. (moet deur die hok gaan)Die hok het twee valdeure en ek het die hok se trapplaat met grond bedek en niks verder in die hok gesit nie. Twee dae later is no 1 vas en weer twee dae later is no 2 vas. Dit was al twee jong jakkalse en ek besef dat hulle ander wyvelde  moes gaan soek. 'n Maat van my het in Amalia dieselfde gedoen en ook 'n jakkals so gevang. Sy seun het die aand daar naby die hok gaan sit en het die aand nog vyf naby die hok dood geskiet.
Ek sal graag wil hoor wie nog so 'n gelukkie gehad het.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Jakkals vang in hok

Post by Francois Marais »

Ian

Gebeur gewoonlik net die tyd van die jaar, wanneer die jonges moet trek, nou die dag ook van iemand gehoor hier naby ons wat dit reggekry het, dit sal 99.5% jong jakkalse wees, jy sal nie sommer n groot/ou jakkals in n hok van nie......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jakkals vang in hok

Post by cassie_calvinia »

groot of klein, dis 2 minder...
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Dirkie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Oct 25, 2011 7:50 am

Re: Jakkals vang in hok

Post by Dirkie »

Geluk met die jakke in die hok.

Groete
Ou honde loop laat...
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Jakkals vang in hok

Post by Ian »

Beste Francois

Ons het nou die grond vir 9 jaar en dan moet ek noem dat nog net 4 jakkalse gevang is in die tyd. Die ander twee was gevang in rooikathokke met 'n dooie tarentaal in. Dit was ook twee jonges gewees. Nou die vraag, hoekom gaan die ouer jakkalse nie in nie?.

Mooi dag
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Jakkals vang in hok

Post by James Wilson »

FM, dis hoe ek dit ook het. soos wat die jaar aangaan en die jakke jonger raak so neem die sukses af.

Ian, jy moet daai jak in die hok altyd so gou moontlik uit die hok kry, anders maak hy die ander wat kom kyk net attend op die hok. baie soos n slim geroepte jak met een soort klank
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Jakkals vang in hok

Post by JK »

Sy naam is nie verniet jakkals nie :laugh:, hy weet hy moenie in die hok gaan nie.  Soos francois se gewoonlik net die dommes/jonges wat gevang word.

Dalk die mens ruik wat daar bly wat hom afsit.  Ek het al 3 in slagysters gevang bymekaar maar dit was na n reenbui wat seker al die mens reuke weg gevat het.
Last edited by JK on Thu Feb 23, 2012 8:18 am, edited 1 time in total.
Johan Kriel
Okahandja
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Jakkals vang in hok

Post by Yalair »

Om ou jakkals in hok te vang, vat daai selfde hok en maak gat in draad en sit hok in die gat maak die val deure vas en los so vir klompie dae, jy sal spore sien as jak die gat begin gebruik. Maak nou deure los en jy sal hom vang. Jy kan 'n lokmiddel stategies plaas sodat hy wil anderkant toe gaan en sal hy dan die maklike roete gebruik.

Groete
Ben
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Jakkals vang in hok

Post by Raven »

Ian,

As jy 'n groot ou jakkals vang in 'n vanghok, los hom weer, ons het bietjie van die dom gene nodig in die veld.... Het dit gehoor by op Heinrich se kursus  ;D

Goeie idee van Ben, as 'n man regtig sukkel met ou roepsku jakke. Slagysters in die regte hande bly koning, as jy sukkel met roepsku jakke.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Kleinpiet
Full Member
Full Member
Posts: 142
Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm

Re: Jakkals vang in hok

Post by Kleinpiet »

Ek het al in 'n hok wat vir Rooikat gestel is 2 jakkelse gevang. 'n Reun van 3 jaar saam met 'n jong reun van 1 jaar oud.  Het toe by die water daar naby geroep en nog 'n ou teef met ook 'n jong teef van 1 jaar oud geskiet wat dit intresant maak dit was  Maart maand gewees.
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Jakkals vang in hok

Post by johans »

ian ek het laasjaar n groot mannetjie in die hok gevang,niks aas en die hok en die hok het in die oopte gestaan sonder enige bosse.ek weet nie hoe oud hy was nie.boys het my gebel en toe ek da kom het hulle hom kla doodgemaak,iets wat net hulle kan doen sonder dat hy uitkom.klink my hier by ons is ek die 2de ou wat al 1 in die hok gevang het
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Jakkals vang in hok

Post by Louis102 »

Is hok gevangde jakkalse nie dalk depressie lyers wat se Prozack (spelling?) opgeraak het nie?  Iemand s? my dit gebeur net op boere se plase waar daar maar sleg geskiet word, die jakkalse wil seker maak hulle word nie mis geskiet nie.  Nou of dit waar is, weet ek nie?

;)
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Jakkals vang in hok

Post by VdWalt »

;D
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Jakkals vang in hok

Post by johans »

ekt laas op die grens gemis 102 ;)
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Jakkals vang in hok

Post by Boertjie »

Louis

So dit is ook maar selfmoord neigings?
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Jakkals vang in hok

Post by Louis102 »

;D
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Jakkals vang in hok

Post by MEERKAT »

Ons skiet hulle in die hok met die saailap anders mis ons hulle nogsteeds ;D ;D
Groetnis
MEERKAT
Post Reply