Jakkals vang in hok
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Jakkals vang in hok
Ek sien jakkals-spore in die buurman se grond wat die wildsdraad werk en besluit ek gaan twee hokke in sy kant stel. Dit is baie ruig aan sy sy kant en ek stel die hokke teen die draad in die voetpad. Ek het die naaste bosse gekies wat baie naby aan die draad is en so ook baie takke gekap en die gepak tussen die bos en hok. (moet deur die hok gaan)Die hok het twee valdeure en ek het die hok se trapplaat met grond bedek en niks verder in die hok gesit nie. Twee dae later is no 1 vas en weer twee dae later is no 2 vas. Dit was al twee jong jakkalse en ek besef dat hulle ander wyvelde moes gaan soek. 'n Maat van my het in Amalia dieselfde gedoen en ook 'n jakkals so gevang. Sy seun het die aand daar naby die hok gaan sit en het die aand nog vyf naby die hok dood geskiet.
Ek sal graag wil hoor wie nog so 'n gelukkie gehad het.
Ek sal graag wil hoor wie nog so 'n gelukkie gehad het.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Jakkals vang in hok
Ian
Gebeur gewoonlik net die tyd van die jaar, wanneer die jonges moet trek, nou die dag ook van iemand gehoor hier naby ons wat dit reggekry het, dit sal 99.5% jong jakkalse wees, jy sal nie sommer n groot/ou jakkals in n hok van nie......
Mooi loop
Francois

- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
- Dirkie
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Oct 25, 2011 7:50 am
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: Jakkals vang in hok
Beste Francois
Ons het nou die grond vir 9 jaar en dan moet ek noem dat nog net 4 jakkalse gevang is in die tyd. Die ander twee was gevang in rooikathokke met 'n dooie tarentaal in. Dit was ook twee jonges gewees. Nou die vraag, hoekom gaan die ouer jakkalse nie in nie?.
Mooi dag

- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4600
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Jakkals vang in hok
FM, dis hoe ek dit ook het. soos wat die jaar aangaan en die jakke jonger raak so neem die sukses af.
Ian, jy moet daai jak in die hok altyd so gou moontlik uit die hok kry, anders maak hy die ander wat kom kyk net attend op die hok. baie soos n slim geroepte jak met een soort klank
Ian, jy moet daai jak in die hok altyd so gou moontlik uit die hok kry, anders maak hy die ander wat kom kyk net attend op die hok. baie soos n slim geroepte jak met een soort klank
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
JK
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am
Re: Jakkals vang in hok
Sy naam is nie verniet jakkals nie
, hy weet hy moenie in die hok gaan nie. Soos francois se gewoonlik net die dommes/jonges wat gevang word.
Dalk die mens ruik wat daar bly wat hom afsit. Ek het al 3 in slagysters gevang bymekaar maar dit was na n reenbui wat seker al die mens reuke weg gevat het.
Dalk die mens ruik wat daar bly wat hom afsit. Ek het al 3 in slagysters gevang bymekaar maar dit was na n reenbui wat seker al die mens reuke weg gevat het.
Last edited by JK on Thu Feb 23, 2012 8:18 am, edited 1 time in total.
Johan Kriel
Okahandja
Okahandja
- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Jakkals vang in hok
Om ou jakkals in hok te vang, vat daai selfde hok en maak gat in draad en sit hok in die gat maak die val deure vas en los so vir klompie dae, jy sal spore sien as jak die gat begin gebruik. Maak nou deure los en jy sal hom vang. Jy kan 'n lokmiddel stategies plaas sodat hy wil anderkant toe gaan en sal hy dan die maklike roete gebruik.
Groete
Ben
Groete
Ben
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Jakkals vang in hok
Ian,
As jy 'n groot ou jakkals vang in 'n vanghok, los hom weer, ons het bietjie van die dom gene nodig in die veld.... Het dit gehoor by op Heinrich se kursus
Goeie idee van Ben, as 'n man regtig sukkel met ou roepsku jakke. Slagysters in die regte hande bly koning, as jy sukkel met roepsku jakke.
Raven

Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
- Kleinpiet
- Full Member

- Posts: 142
- Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm
Re: Jakkals vang in hok
Ek het al in 'n hok wat vir Rooikat gestel is 2 jakkelse gevang. 'n Reun van 3 jaar saam met 'n jong reun van 1 jaar oud. Het toe by die water daar naby geroep en nog 'n ou teef met ook 'n jong teef van 1 jaar oud geskiet wat dit intresant maak dit was Maart maand gewees.
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Jakkals vang in hok
ian ek het laasjaar n groot mannetjie in die hok gevang,niks aas en die hok en die hok het in die oopte gestaan sonder enige bosse.ek weet nie hoe oud hy was nie.boys het my gebel en toe ek da kom het hulle hom kla doodgemaak,iets wat net hulle kan doen sonder dat hy uitkom.klink my hier by ons is ek die 2de ou wat al 1 in die hok gevang het
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Jakkals vang in hok
Is hok gevangde jakkalse nie dalk depressie lyers wat se Prozack (spelling?) opgeraak het nie? Iemand s? my dit gebeur net op boere se plase waar daar maar sleg geskiet word, die jakkalse wil seker maak hulle word nie mis geskiet nie. Nou of dit waar is, weet ek nie?

Goeie dade oortref goeie woorde.
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Jakkals vang in hok
ekt laas op die grens gemis 102 
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
- Boertjie
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm
Re: Jakkals vang in hok
Louis
So dit is ook maar selfmoord neigings?
So dit is ook maar selfmoord neigings?
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: Jakkals vang in hok
Ons skiet hulle in die hok met die saailap anders mis ons hulle nogsteeds

Groetnis
MEERKAT
Groetnis
MEERKAT