scope vir jakkals jag

sakkievanheerden
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm

Re: scope vir jakkals jag

Post by sakkievanheerden »

Cassie
Dawie verbeel hom hy sien mooi met daai Lynx,seker sy saterdagaand scope na hy in dorp was daai.Meopta is net in n ander klas as die Lynx en ek skiet darm ook nog sonder brille Dawie.Haha.
Cassie doen jouself die guns en vra vir Freddie hoe vind hy sy Meopta en dan vra jy vir Taffie wat dink hy van Meopta scopes en dan besluit jy.Bel vir Klipspringer en gesels met hom ook,ek het myne by hom gekoop.
Groete
Sakkie van Heerden
User avatar
Dawie D
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm

Re: scope vir jakkals jag

Post by Dawie D »

Sakkie

Jy kry seker kommissie op daai scopes ne ;) ;D
As ek jou sien gaan jy val
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: scope vir jakkals jag

Post by Spanner »

Martin1 wrote: Kan ek die manne vra wat hul dink van die nikko-sterling 4x16x50 gameking
Jy kan vra, maar ek gaan jou nie kan s? nie, dit is 'n "familie-forum" en ek mag nie vloek nie !

Nee, ernstig - ek ry 'n Isuzu, en hy werk vir my.  Dis nie 'n Rolls Royce nie, maar ek is tevrede met dit.  As die NS vir jou werk is ek bly vir jou part, dan hoef jy nie te verander nie.    Ek het al twee moes vervang op my .22 en een op 'n .30-06.  Hulle werk nie vir my nie.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
Fanie Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 506
Joined: Fri Jan 14, 2011 10:26 pm

Re: scope vir jakkals jag

Post by Fanie Nel »

Cassie as jy scope wil koop vir nagskiet koop die meopta daai teleskoop is fantasties. Ek met een  van die groot name geskiet en moet se die meopta is ligjare helderder. Jy sal nooit spyt wees nie, ek waarborg jou dit.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: scope vir jakkals jag

Post by cassie_calvinia »

enige meopta dealers in die weskaap?
HOU HOM DAAI DIKTE
sakkievanheerden
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm

Re: scope vir jakkals jag

Post by sakkievanheerden »

Cassie
Jan Nolte (klipspringer) van Optics International is in die Kaap.Hy adverteer in Hunters SA Tydskrif ook of Google Optics International.

Dawie
Wil jy ook n Meopte he dat jy vra.haha
Groete
Sakkie van Heerden
User avatar
Dawie D
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm

Re: scope vir jakkals jag

Post by Dawie D »

Nee dankie Sakkie, ek het my trots ;) ;D

Groete Dawie
As ek jou sien gaan jy val
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: scope vir jakkals jag

Post by klipspringer »

Hello Sakkie

Dankie, jy het my voorgespring daar. Hoe gaan dit met jou?

Nadat ek van specsavers gelees het moet ek vra hoe jy die Meopta ondervind ))).

Groete

Jan
Henk100
Full Member
Full Member
Posts: 108
Joined: Wed Mar 16, 2011 3:32 pm

Re: scope vir jakkals jag

Post by Henk100 »

Ek het 'n 8X56IR Lynx en 'n 6X40 Lynx op my gewere.
Die 8X56IR is redelik oud. Baie goeie en duidelike teleskoop, maar ek het al die volgende probleme met hom ondervind.
Eerste keer het daar stukkies rond gedryf wat soos verf gelyk het binne in die teleskoop. Ek het dit na Lynx gestuur en die persoon is Chris Taylor. Hulle het die teleskoop kosteloos reggemaak.
Die tweede keer was die teleskoop dof en ek het dit saam gevat toe ek forum toe is asook my broer se 4X40Lynx teleskoop wat se agterste lens los gekom het en Lynx het dit weer kosteloos reggemaak.
Die 8X56 werk baie beter in die nag as my 6X40. Alhoewel ek nooit met die verligde kruis skiet nie, werk die dik kruishare buite en dun kruishare goed vir my.
Ek glo as jy met 'n rooi lig skiet, sal die verligte kruis, wat in my geval is goed werk.
Groete
Henk
Martin1
Newbie
Newbie
Posts: 48
Joined: Thu Feb 09, 2012 12:57 pm

Re: scope vir jakkals jag

Post by Martin1 »

Manne jammner ek vra mar weet een van jul nie iemand wat my kan saam nooi om jakke tegan skiet nie ek wil so graag. Een keer het n man op die forum met die naam PEET vir my gese ek moet rond kyk vir n plaas dan kan ons gan mar toe nooit weer terug gekom na my nie ekt hom probeer bel mar nie antwoord nie ek is in pretoria ASB ek sal dit wardeur
Groete martin
sakkievanheerden
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm

Re: scope vir jakkals jag

Post by sakkievanheerden »

Klipspringer
Hi Jan dit gaan goed hier dankie,en met jou?
Ek is baie gelukkig met my Meopta wat ek by jou gekoop het,hy is mooi helder in die aand (kan mooi sien met hom).
Groete
Sakkie van Heerden
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: scope vir jakkals jag

Post by klipspringer »

Hello Sakkie,

Bly dit gaan goed met jou, met my ook goed dankie. Ek is bly jy ondervind ook dat die Meopta helder gedurende die aand is; dit blyk of dit amper 'n handelsmerk van die teleskope geword het. Hou jy van die 4B kruishaar en het jy dit reeds vir afstandskatting gebruik?

Groete

Jan
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: scope vir jakkals jag

Post by Pvdw »

Manne jammner ek vra mar weet een van jul nie iemand wat my kan saam nooi om jakke tegan skiet nie ek wil so graag. Een keer het n man op die forum met die naam PEET vir my gese ek moet rond kyk vir n plaas dan kan ons gan mar toe nooit weer terug gekom na my nie ekt hom probeer bel mar nie antwoord nie ek is in pretoria ASB ek sal dit wardeur
Groete martin
Martin nou verstaan ek nie so mooi nie. Jy het my ge PM en binne 'n half uur het ek reply, jy reply toe weer en ek stuur 2 de boodskap. Volgende dag stuur ek 3 de boodskap en ek wg nou weer vir jou :-[ :-[ :'(

PEET
Work to live, don"t live to work
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: scope vir jakkals jag

Post by cassie_calvinia »

watse vergroting gebruik jul vir jakkals. my 8x lynx werk al klaar lekker. gebruik 'n mens ooit meer as 10? of moet 'n mens opgaan na 12 toe?
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: scope vir jakkals jag

Post by Pvdw »

Cassie ek het dieselfde vraag aan klompie manne gevra. Daar word we'll op 12X geskiet en selfs grootter maar die brood en botter bleik so rondom 8-10 te wees.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: scope vir jakkals jag

Post by cassie_calvinia »

peet
dis soos ek dit ook het. as jy gemiddeld op stoel sit, is 10x oorgenoeg. seker maar vir die ver skoot. ek het nou die dag 'n jak op 248m geskiet, het hom duidelik gesien met 8x.
mooi loop
HOU HOM DAAI DIKTE
sakkievanheerden
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm

Re: scope vir jakkals jag

Post by sakkievanheerden »

Klipspringer
Jan ek het nog nie so gesit en (speel) met die kruis om afstandskatings te doen ens nie,maar ek persoonlik hou daar van dat die kruis bietjie dukker word as ek inzoom of dan nou die vergrooting opstel veral in die aand.Ek hou van hom op so n 9 of 10 vergrooting.
Groete
Sakkie van Heerden
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: scope vir jakkals jag

Post by klipspringer »

Sakkie,

Ek hou ook vir nagskiet en aftandskatting baie van die kruishaar in die eerste vlak wat dikker word met groter vergroting. Veral met die 4B kruishaar in die eerste vlak, pas jy op enige vergroting net die jakkals tussen die relevante strepe in om afstand te bepaal. Vir die ouens wat nie hiervan hou nie is daar ook 'n Meopta model beskikbaar met kruishaar in die tweede vlak, wat nie dikker word soos die vergroting opgestel word nie.

Groete

Jan
User avatar
Dirkie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Oct 25, 2011 7:50 am

Re: scope vir jakkals jag

Post by Dirkie »

More manne,

ek wil graag hoor,sal die 3-9x50 werk vir in die nag skiet?

Groete Dirkie
Ou honde loop laat...
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: scope vir jakkals jag

Post by Arno Pienaar »

Dirkie.                        Ek persoonlik dink daardie scope van jou sal werk vir jakkals jag ek skiet met n 8*56 en hy werk 100% vir my en hy voldoen aan my skiet vereistes.                      Mooiloop
Arno Pienaar
Edenburg
Suid-Vrystaat
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: scope vir jakkals jag

Post by Beyers »

http://jaracal.com/index.php/topic,9505.0.html

Scope nog uitstekend wil 'n variable koop
Post Reply